Grondwethof weier Henri van Breda se appèlaansoek

Henri van Breda. Foto: AP Photo/Nasief Manie

Die Konstitusionele Hof het Henri van Breda se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer van die hand gewys.

Van Breda, wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op sy ouers en broer, het hom tot die Konstitusionele Hof gewend nadat sy aansoeke in die hoogste hof van appèl in November en toe weer in Mei vanjaar van die hand gewys is.

Van Breda se appèlaansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof is in Augustus van die hand gewys. Regter Siraj Desai het toe gesê hy het lanklaas ʼn saak aangehoor waarin die bewyse teen die beskuldigde so sterk is soos in hierdie een. “Hierdie saak pas soos ʼn mosaïek, soos stukke van ʼn legkaart. Alles pas inmekaar.”

Sy regspan het in die appèlaansoeke aangevoer dat die hof ʼn fout gemaak het deur die “omstandigheidsgetuienis” wat deur die staat voorgelê is te aanvaar en die beskuldigde bo enige redelike twyfel skuldig bevind het.

Van Breda is in Junie verlede jaar tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis met ʼn bykomende 15 jaar vir die moord op sy pa, ma en ouer broer en poging tot moord op sy jonger sussie.

Hy het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Sy ouers, Martin en Theresa, en sy broer, Rudi, het op die toneel gesterf terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het. Marli het die aanval wonderbaarlik oorleef, maar ly sedertdien aan geheueverlies en kan glad nie die gebeure van dié tragiese aand onthou nie.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johan Swart ·

Laat hy gehang word….my tax geld moet vir potholes gaan.

Deloris ·

Wat n vermetelheid om nog te probeer aansoek doen vir parool…. Sit van Breda sit

Heidi ·

Hoop dis nou einde van die regsproses vir die familie se onthalwe. Vinniger hy aanvaar en aanbeweeg hoe beter, het net homself te blameer dat hy in die tronk is.

Rubber ·

Jammer die doodstraf was nie ‘n opsie nie. O ja nou onthou ek, hy het mos menseregte.

Sê net ·

So veel van “entiteld” het ek lanklaas gesien. “You do the crime, you do the time.”

Wie weet ·

Hoe siek moet jy wees om te weet jy is skuldig en dan nog steeds wil apeleer Nee wat gooi die sleutels weg

WIEBO ·

Storie al so oud…… wat het van die Dros verkragter geword? Weet iemand dalk?

se maar net ·

miskien is dit beter as die suster nie onthou nie we kan lewe met iets so hartseer en tragies

Niklaas ·

Dit wil vir my voorkom dat iemand besonder baie baat vind by regsprosesse van hierdie aard wat duidelik tot niks gaan lei nie. Ek wens die jongman wil nou besef dat sy (oorlewende) familie se geld hom nie sal kan red uit die gepaste straf wat die land se howe vir hom opgelê het nie. Dit sal gaaf wees as daardie wete by hom sal begin insink, want hier word nou baie tyd en geld vermors.

Gert J ·

Niklaas, ja jong ek dink nie dis hy nie en ook nie sy ooms nie, die advokate weet die famielie het baie geld so elke nou en dan praat die regspan vir Henry en sy famielie n gat in die kop met nuwe hoop, so dan kry hulle mos weer geld. hulle melk daai ryk famielie

Ekke ·

Gee hom ‘n harder tyd in die tronk. Nog nie van sy ARROGANSIE ontslae geraak nie!!!!

Geitjie ·

Bring die doodstraf terug, maar nee, hulle het mos ook regte…. Ek wonder watse regte.

Johann ·

Sou nie omgee om sy selmaat te wees vir n dag of twee nie.

Abe ·

Johann,
Wat n eienaardige begeerte. Hoekom sou jy graag sy selmaat wou wees?

Mariaan ·

Sies man..jy verdien om NOOIT weer geluk te vind nie..ook nie vryheid nie…om jou familie so wreed te vermoor…ek se weer..SIES MAN! Hoop hull roer jou in die tronk boetie!

Natascha ·

Bring die doodstraf terug en maak n voorbeeld van een of twee, dan sal die tronke dalk minder vol wees, en minder moorde sal gepleeg word.

Natascha ·

Juandri, dit maak nou nie saak wat jou vel kleur is nie, moord bly moord, en geen persoon wat n ander se lewe geneem het, is geregtig om amnestie te kry nie, punt.

Opistophthalmus ·

Natascha: Bring die doodstaf terug? Dit is nie weg nie – Van Breda het dit toegepas op sy familie en so pas elke persoon wat moord pleeg die doodstaf toe.

ZET ·

Mariaan hy sal hom nie steur aan jou SIES MAN! Hy was mos die enigste lid van sy
gesin wat geweier het om Afrikaans te praat, dit is benede hom. Hy wou met mag en krag
terug Australie toe.

Gaitsigubib ·

Wel as hy sal vinnig Cape flats Afrikaans moet aanleer as hy sy vonnis gaan uitdien in ‘n Kaapse tronk. Hy kan maar kyk of hy gaan regkom met sy oxford engels.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my die klein swerkater verstaan nie die hele saak teen hom nie. Dis tyd dat dit behoorlik aan hom verduidelik word (oor-en-teer hom), sodat hy tog agter die kap van die byl kan kom soos die uitdrukking se!!!

Basjan ·

Arme ou Henri ????. Nou is hy sy erfporsie kwyt!
Dit is waarvoor hy so in die howe baklei het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.