Die Konstitusionele Hof het Henri van Breda se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer van die hand gewys.
Van Breda, wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op sy ouers en broer, het hom tot die Konstitusionele Hof gewend nadat sy aansoeke in die hoogste hof van appèl in November en toe weer in Mei vanjaar van die hand gewys is.
Van Breda se appèlaansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof is in Augustus van die hand gewys. Regter Siraj Desai het toe gesê hy het lanklaas ʼn saak aangehoor waarin die bewyse teen die beskuldigde so sterk is soos in hierdie een. “Hierdie saak pas soos ʼn mosaïek, soos stukke van ʼn legkaart. Alles pas inmekaar.”
Sy regspan het in die appèlaansoeke aangevoer dat die hof ʼn fout gemaak het deur die “omstandigheidsgetuienis” wat deur die staat voorgelê is te aanvaar en die beskuldigde bo enige redelike twyfel skuldig bevind het.
Van Breda is in Junie verlede jaar tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis met ʼn bykomende 15 jaar vir die moord op sy pa, ma en ouer broer en poging tot moord op sy jonger sussie.
Hy het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Sy ouers, Martin en Theresa, en sy broer, Rudi, het op die toneel gesterf terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het. Marli het die aanval wonderbaarlik oorleef, maar ly sedertdien aan geheueverlies en kan glad nie die gebeure van dié tragiese aand onthou nie.
Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Laat hy gehang word….my tax geld moet vir potholes gaan.
Hoop dis nou einde van die regsproses vir die familie se onthalwe. Vinniger hy aanvaar en aanbeweeg hoe beter, het net homself te blameer dat hy in die tronk is.
Jammer die doodstraf was nie ‘n opsie nie. O ja nou onthou ek, hy het mos menseregte.
So veel van “entiteld” het ek lanklaas gesien. “You do the crime, you do the time.”
Hoe siek moet jy wees om te weet jy is skuldig en dan nog steeds wil apeleer Nee wat gooi die sleutels weg