ʼn Sterk, maar diep aardbewing het Japan se Ogasawara-eilande getref, maar die owerhede het gesê daar is nie ʼn risiko vir ʼn tsunami nie.
Volgens Japan se meteorologiese agentskap het die aardbewing Saterdag om 20:24 plaasgevind op ʼn diepte van 590 km. Die USGS het gesê die aardbewing het ʼn magnitude van 7.8 gehad teen ʼn diepte van 678 km.
Die openbare uitsaaier NHK het gesê daar is nie dadelik berigte van beserings of skade ontvang nie.
Die meteorologiese agentskap het nie ʼn tsunami-waarskuwing uitgereik nie.
Die Ogasawara-eilande is ongeveeer 1 000 km suid van Tokio.
Aardbewings?
Ons het Nkandla-bewings.
Baie erger . . .