Die aardbewing, op die mid-Atlantiese Rif, was die sterkste in die hierdie gebied die afgelope eeu. Die naaste nedersetting aan die aardbewing is Edinburgh of the Seven Seas op St Helena, sowat 500 kilometer daarvandaan.
Hoewel die aardbewing sterk genoeg was om ’n tsunami te veroorsaak, is die seebodem in die omgewing nie bevorderlik vir die ontstaan van tsunami’s nie. Op die plek waar die aardbewing ontstaan het, beweeg die Suid-Amerikaanse en die Afrika-plate jaarliks 33 millimeter weg van mekaar.
Dit is die tweede groot aardbewing vanjaar op die Mid-Atlantiese Rif. Op 13 Februarie het ’n aardbewing van 7,1 tussen Groenland, Ysland en Ierland plaasgevind. Toe is ook geen tsunami-waarskuwing uitgereik nie.
Die jongste bielie was die negende aardbewing van 7 of meer vanjaar. Nog geen aardbewing vanjaar was 8 of sterker nie, met die grootstes in Nepal en naby Japan wat 7,8 gemeet het.
Bron: USGS
Lyk my die Suid-Amerikaanse- en Afrika-plate handhaaf ook ‘n soort van apartheid deur van mekaar weg te dryf.
Weereens ‘n bewys van ook in die natuur dat soort soort soek.
Dalk is dit weens iemand(e) wat daar ook lyf gewys het ?