Groot afname in jong kiesers

Argieffoto (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency/ANA)

Daar is vanjaar ’n drastiese afname in die aantal jong kiesers op die kieserslys vir die verkiesing, met die aantal kiesers van 18 en 19 jaar oud wat 47% laer is as in 2014, en die aantal tussen die ouderdomme 20 en 29 jaar wat met 9% afgeneem het.

Dié verrassende syfers is gister deur die parlementêre moniteringsgroep (PMG) bekend gemaak. Die PMG is ’n hoog aangeskrewe nie-regeringsorganisasie wat deur buitelandse bronne gefinansier word.

Soos die PMG dit uitwys, beteken dit dat die OVK se veldtog om jong kiesers te registreer ’n reusagtige mislukking was, en dat die OVK die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake willens en wetens mislei het oor die sukses van die duur veldtog.

Die politieke analis Ebrahim Fakir het in reaksie gesê die syfers is ’n verdere aanduiding van die wêreldwye neiging dat jong kiesers hulself eerder op ander maniere polities uitleef as in die formele politiek.

Fakir meen nie dit beteken spesifiek die jeug is polities agnosties, ongeïnteresseerd, oningelig of apaties nie.

Die OVK se hoof van verkiesingskwessies, Granville Abrahams, het gesê die OVK het planne om met nuwe tegnologie meer jong kiesers in die toekoms te lok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andreas ·

Aha, ten minste lyk dit my beweeg die aanwas in die land in die regte rigting. Iemand doen iets reg, of dalk nié reg nie, dalk moet daar net meer geoefen word.

Andreas ·

Na ek die artikel gelees het, het ek nou al opstote begin doen.

Dries Moolman ·

Nou hoe dan nou? Net ‘n maand terug lees ek ‘n berig dat daar ‘n toename in nuwe (jonger) kiesers is? Maar dis ook maar goed so, minder wat vir die EFF sal stem dan.

Jerry ·

Met die ANC aan bewind gebeur alle verrassings doelbewus. Wat n onaangename verrassing moet dit nie vir die arme eff en blf wees nie!

Andreas ·

Dis omdat daar nie meer 2 jaar verpligte weermag is nie, die jong manne is onfiks.

PieterJohannes ·

Nou skep ek moed. Hoe minder jong radikales wat kan stem, hoe beter.

Kettie ·

Ek is bevrees hulle praat van blanke kiesers… Al verskeie kere gehoor dat hulle voel hulle stemme gaan nie ‘n verskil maak nie

Stormrider ·

Die jeug is wanhopig. Hulle dink dalk dit gaan geen verskil maak aan hulle toekoms nie.

Ouer van n en jarige ·

Daar was te min registrasie tyd gegun,my kind het gewerk en was uitstedig en die ander een het steeds gewag vir n ID dokument voor sy oom regiistreer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.