Groot afname in poste tot dusver in 2017, sê StatsSA

Pali Lehohla, statistikus-generaal (28 September 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Suid-Afrika se formele nie-landboubedryf het in die tweede kwartaal van 2017 ʼn verlies van 34 000 poste aangemeld, aldus die kwartaallikse indiensnemingsopname wat Donderdag deur StatsSA vrygestel is.

“Die afname is in vervaardiging, konstruksie, gemeenskapsdiens en vervoer. Slegs mynbou en steengroewe het ʼn effense toename aangedui wat indiensneming betref,” het statistikus-generaal Pali Lehohla tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê. “In vergelyking met dieselfde kwartaal in 2016, het indiensneming jaar-op-jaar met 13 000 (0.1%) toegeneem.”

Lehohla het gesê dis belangrik om na die kwartaal te kyk en die jaar-op-jaar, om te begryp hoe beduidend die veranderings is.

Die kwartaallikse indiensnemingstatistiek is ʼn opname wat deur Statistieke Suid-Afrika gedoen word. Die opnames word by aanlegte, kantore en pakhuise gedoen, asook by nasionale en plaaslike entiteite.

Volgens Statistieke SA het die kwartaallikse afname van 40 000 in indiensnemingsgetalle hoofsaaklik plaasgevind in die finansiële bedryf, gemeenskapsdiens, vervaardiging en vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

En so leer die anc niks nie herhaal dieselfde foute weer en weer en gee niks om vir die mense …maar anc sal ons stem ….hoe dom !

Ander Annie ·

Mnr Lehohla, daar is nie geld on kritieke poste te vul. Wanbesteding, nepotisme en korrupsie versus die aanstelling van bekwame persone in kritieke poste wat direk effektiewe dienslewering raak.

marous ·

Ongelooflike toename in niks doen …en baie geld kry daarvoor.

Johann ·

ANC LEGACY!!!!! Maar met n president wat nie n CLUE het wat statistieke beteken nie, gewetenloos die land besteel en verwoes…wat maak syfers saak? Seker weer wit mense se skuld? KOLONiaisme? Wonder of PROFESSIONELE KORRUPSIE…MOORD…VERKRAGTING…DIEFSTAL….die NIWE SA werkskeppings mekka ingesluit word in die syfers? Nie dat ekn NOMMER glo uit STATS SA se onbekwame kantoor nie…

Leahim ·

Ek verstaan nie as die probleem met werkloosheid gaan styg hoekom die duisende pakistaniers en Zimbabwiërs werkpermitte gee om in SA te werk

John ·

Onder die tafel, my kind… Kyk onder die tafel. En wat sien jy daar? Nee, moenie dit hardop se nie… Dit kan gevaarlik wees…

Johannes Meintjes ·

Die vraag is ook, wat leer ons as uitgerangeerdes op die grond hieruit? Kon ons nie al lankal volhoubare, alternatiewe sosio-ekonomiese modelle vir ons verarmdes en veramendes tot stand gebring het nie. Baie vertel my dat die kibbutz oud modies en “kommunisties” is. Ek voer aan dat kommunale aandeelhoudings met landbou en nywerheidsvennote tans ideaal is vir ons mense. Dan vra ek die vraag aan al ons super-belangrike Afrikaner organisasies, instansies, politieke faksies en kerke, waarom het u as lamsakkige “leiers” sedert 1994 soveel verval en ongeregtigheid oor die hoof gesien?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.