Groot afname in traumagevalle danksy alkoholverbod

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het pres. Cyril Ramaphosa se besluit, om weer ʼn verbod te plaas op alkoholverkope, geloof as deel van Suid-Afrika se maatreëls teen Covid-19 en gesê die getal traumagevalle in die provinsie het reeds gedaal.

Ramaphosa het op 12 Julie gesê die verbod word weer met onmiddellike effek ingestel nadat daar ʼn toename was in traumagevalle toe die verbod opgehef is. Volgens die president kan hospitale se hulpbronne beter aangewend word om koronavirus-pasiënte te behandel.

Zikalala het gesê hulle het reeds ʼn verligting gesien in die druk op trauma-eenhede en noodgevalle in hospitale, en opnames by lykshuise van mense wat weens gewelddadige oorsake oorlede is, het gedaal. “Ons verwag ʼn verdere daling in die verband solank as wat die verbod voortduur,” het hy bygevoeg.

Volgens Zikalala het die getal trauma-voorvalle reeds met meer as 20% gedaal sedert die verbod weer ingestel is. “Ons het nog altyd volgehou dat alkohol ʼn rol speel in moorde, poging tot moord, aanranding, verkragting en huishoudelike geweld. Ons het ʼn afname in dié gevalle gesien sedert die polisie die verbod begin toepas het op die verkope en verspreiding van alkohol.”

Hy het bygevoeg twaalf gesondheidswerkers is reeds in die provinsie dood weens Covid-19. Teen Sondag is 43 215 gevalle in die provinsie aangemeld. Van die 5 033 Covid-19-verwante sterftes in die land, is 416 in KwaZulu-Natal aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Wat ookal…(probeer) jul mense opvoed eerder as om ons almal te “straf” met n drankverbod….asof ons kinders is…nous ek sommer weer lekker warm van woede….dalk moet hul karre ook verbied…stupids.

Martie Smartie ·

Dis nou rerig nie rocket science om te dink alkohol misbruik het meer misdaad tot gevolg nie. Die punt wat die uwe ANC regering mis, is dat hulle 90% van alkohol gebruikers se regte vertrap ter wille van 10% misbruikers. En mens wonder watter ras & geslag die 10% is ne, maar niemand mag dit hardop se nie want dan is jy in die poefie, maar ons weet ne

Martie Smartie ·

Julle opskrif is misleidend MM. Julle stel dit asof dit ‘n algemende feit is. Dis slegs in KZN. Kan die DA asb die syfers aanvra wat dui op die afname – ek glo dit nie.

Oros Soros ·

Is dit nie snaaks dat hierdie onbevoegde regering in wie se hospitale pasiënte met maaiers besmet word, vir dae in ontlasting lê, verkeerde babas vir moeders gegee word en honderde ander skrikwekkende gevalle, so vinnig is as dit by sekere statistiek kom? Genade, julle loop oor van bekwaamheid en effektiwiteit. Moenie ons intelligensie met die tipe van snert toets nie.

Scalla ·

Ek dink dit sal beter wees as hy eerder stilbly en niks loof nie.

Prikkie ·

Hierdie is op uiters onobjektiewe waarnemings gebaseer.

Waar is die behoorlike wetenskaplike studies wat dit bewys.

Ek dink dit is snert en o ja, ek rook of drink nie (alkohol) nie.

voor ek vergeet ... ·

Hoewel voorvalle van alkoholverwante geweld en dronkbestuur wel druk op ons hospitale plaas, glo ek vir geen oomblik die getalle nie. Die ANC se getalle het nog nooit met die waarheid tred gehou nie. Die waarheid is dat sy uitlating oor hoeveel traumagevalle werklik alkoholverwant is, nie op feitlike data gegrond is nie. Daar bestaan eenvoudig nie sulke data by hospitale nie. In die eerste plek, wanneer iemand by enige trauma of noodgevalle afdeling opgeneem word, word daar nie ’n roetine alkoholbloedtoets gedoen nie. Só ’n bloedtoets vereis die persoon se persoonlike toestemming, wie in baie gevalle nie by sy positiewe is nie en is boonop baie duur. Daar bestaan dus geen feitlike data gegewens oor hoeveel traumagevalle werklik alkoholverwant is nie.

Ek stem saam met Martie, die opskrif is misleidend.

Jack ·

Die stelsel kon in die dae voor covid ook nie hond haaraf maak nie so wat is nuus. Ek sal raai dat die alkohol verbod in die een of ander vorm na covid voortgesit gaan word al belas hulle die drank so dat dit nie bekostigbaar is nie. Maar nou ja n dop is altyd n bargain maak nie saak die prys nie. Hulle moet ook gaan kyk wie die oortreders is en n regstellende aksie loods. Om menseregte in te perk weens onbevoegde leierskap is nie die oplossing op die lange duur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.