Groot afwagting vir Trevor Noah se debuut

Skermskoot uit Comedy Central se lokprent vir Trevor Noah se debuut

Skermskoot uit Comedy Central se lokprent vir Trevor Noah se debuut

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah maak Maandagaand, 28 September, sy debuut op Comedy Central se The Daily Show, wat op verskeie netwerke in Amerika uitgesaai sal word.

Noah het reeds sy eerste paar gaste vir dié gewilde geselsprogram aangekondig. Die komediant Kevin Hart kuier Maandagaand op die stel; Dinsdag se gas is Whitney Wolfe (medestigter van die afspraak-app Tinder); Republikeinse presidensiële kandidaat Chris Christie is Woensdagaand Noah se gas; en die musikant Ryan Adams kuier Donderdagaand op die stel.

Die vorige aanbieder, Jon Stewart, het in Februarie aangekondig dat hy The Daily Show gaan verlaat en Noah is ʼn maand later as sy opvolger aangekondig.

Variety berig Viacom gaan Noah se première oor al sy netwerke uitsaai, insluitend MTV en VH1.

Maroela Media het Donderdag berig Noah is as die Suid-Afrikaner van die jaar aangewys.

Lees ook: Salon, Time, The Guardian, Rolling Stone

https://youtu.be/EagQVJuM-K0
https://youtu.be/Pyvc8mje74I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.