Groot belegging in SA vervaardigingsbedryf

TMH Africa onthul sy spoorvoertuig-vervaardigingsaanleg in Gauteng as deel van ‘n belegging in Suid-Afrika. (Foto: ANA)

TMH Africa, ʼn filiaal van die Russiese spoorvoertuig-vervaardigingsreus Transmashholdings (TMH), het Dinsdag aangekondig hy betree die Suid-Afrikaanse ekonomie met die plan om die eens florerende vervaardigingsbedryf te laat herleef.

TMH Africa het Dinsdag sy vervaardigingsaanleg van 45 000 m² in Boksburg in Ekurhuleni bekend gestel as deel van sy belegging van R500 miljoen oor die volgende drie tot vyf jaar in Afrika. Die belegging sluit in die verbetering van werkers se vaardighede en die opgradering van die fasiliteit wat in November verlede jaar by DCD Rolling Stock aangekoop is.

Jerome Boyet, uitvoerende hoof van TMH Africa, het gesê die besluit om in Suid-Afrika te belê was gedeeltelik weens ʼn versoek van pres. Cyril Ramaphosa vir meer plaaslike beleggings. Boyet het gesê Suid-Afrika het ook die potensiaal om ʼn leier in die vervaardiging van spoorvoertuie in Afrika te word.

“Ons sal moontlikhede najaag vir die montering, onderhoud en vernuwing van spoorvoertuie in Suid-Afrika en op die vasteland. Ons gaan fokus op die kontraktuele vervaardiging en dienste vir lokomotiewe en treinwaens, gegrond op die TMH Group se sterkpunte.”

David Makhura, Gautengse premier, het TMH Africa bedank vir die behoud van werkgeleenthede by die aanleg, nadat DCD gesluit het. Hy het die regering daartoe verbind om saam met die maatskappy te werk om die vaardighede te produseer wat die bedryf benodig.

“Die Gautengse provinsiale regering bly verbind tot ekonomiese transformasie. Ek is bly dat TMH Africa die regte besluit geneem en gekies het om te belê in dié sektor wat in Afrika net kan groei. Heelwat fabrieke het in die 90’s in Gauteng gesluit weens veranderings in die internasionale vervaardigingsbedryf,” het Makhura gesê.

“Ons is verheug oor die belegging omdat baie Suid-Afrikaners spoorvervoer gebruik, nie omdat hulle wil nie, maar omdat dit goedkoper is. Dit is hoekom spoorlyne in die Nasionale Ontwikkelingsplan die ruggraat vorm van die openbare vervoerstelsel.”

Sam Bhembe, direkteur van Mijisa Investments – wat ʼn 30%-aandeel in TMH Africa besit – het gesê Suid-Afrika moet sy regmatige plek in Afrika inneem as ʼn vervaardiger van lokomotiewe. Hy het gesê die aanleg gaan innovering en doeltreffendheid na die plaaslike vervaardigingsbedryf bring.

“Die grootste beperking vir Suid-Afrika was dat ons net twee groot kliënte vir lokomotiewe gehad het: Transnet en Prasa. Dié aanleg is bestem om lokomotiewe uit te voer. Jy moet dus ʼn mededingende voordeel hê vir die markte wat jy buite Suid-Afrika wil bedien,” het Bhembe gesê.

Hy het gesê die maatskappy sal onder meer ervare ingenieurs by die aanleg ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Welkom ·

Ek is seker hulle sal weldra wonderlik welkom voel wanneer die ‘uiters produktiewe’ hool hulle leer van “we demand”, “we strike”, “go-slow”, “we want a raise”, ensovoorts.

Roelfie ·

En eers ‘n “bribe” moet gee voordat daar iets gaan begin.

Dries du Toit ·

My fabriek maak ook toe a.g.v BEE. Ek moet die fabriek sloop en verkoop vir scrap om brood op die tafel te kry. Miljoene rand se voorraad word opgesny vir scrap vir n paar duisend rand. Was een tyd n florende besigheid

Mari ·

Jammer vir jou verlies….
Mag die Here U seen in U pad vorentoe

Pieter du plessis ·

Wag tot die staking kom en die vervaardiging word onderbreek, vra vir BMW Rosslyn wat gebeur as werkers n fabriek gyselaar begin hou hierdie is nie Rusland nie.

Koebaai ·

Die land is ‘n gemors. Het my vervaardigings besigheid toe gemaak, meer as 100 afgelê, gaan nou emigreer.

Neels ·

Mnr 10% is eerste in die ry dit wil se as hulle dit sou deur voer. Kyk maar eers miskien gaan dit sois met die staal aanleg in Witbank waar hulle n gevestigde instelling geplunder het en toe weggehardloop het

fred ·

“EKONOMIESE TRANSFORMASIE” die BEE’ers staan alweer in tou om te vat…..leer hulle vaardighede en n maand later staak hulle vir meer geld soos by Medupi….dit sal nog n “SGO” wees maar nou met Putin

Gert van Wierdapark ·

Boyet moet weet dat hy nou in ‘n ander kultuur inkoop! Die Rus gaan in die toekoms ver-seker minder rus vir sy siel ervaar as in Moeder Rusland. Gelukkig is Sam 30% daar vir onder-steun-ing.

Eben ·

Die Russe en SA sal vinnig uitvind hulle verhouding in dieselfde bed, werk nie. Die een gaan die ander se slaaptyd bederf.

Manie van Worcester ·

Is dit nog n jack rampokker grap. Wonder hoeveel kry sy seun namens hom

Diefie ·

O genade, een van die dae is, spot ‘n Suid Afrikaaner en wen ‘n Datsum in ons mooi Suid Afrika, soos almal van oral na ons land toe stroom.

George in Bloem ·

Wees maar verseker,hulle sou ietsie moes betaal vir die “vooreg”so daar loop ‘n paar kaders rond met hul sakke lekker dikgestop vol geld na hierdie “deal”. Korrupte spul. Ongelukkig SAL die realiteit van Suid Afrika,waar die oorgrote deel van die werksmag alles wil he in ruil vir basies bokkerol,hulle wel een of ander tyd tref. Vroeer eerder as later.

George in Bloem ·

Wees maar verseker,hulle sou ietsie moes betaal vir die “vooreg”so daar loop ‘n paar kaders rond met hul sakke lekker dikgestop vol geld na hierdie “deal”. Korrupte spul. Ongelukkig SAL die realiteit van Suid Afrika,waar die oorgrote deel van die werksmag alles wil he in ruil vir basies bokkerol,hulle wel een of ander tyd tref. Vroeer eerder as later….En Mnr Boyet moet sy feite agtermekaar kry wanneer hy se Suid Afrika “kan ‘n leier in Afrika word met die vervaardiging en uitvoer van lokomotiewe ens” want Suid Afrika was dit al reeds meer as 25 jaar gelede,voordat die ANC plaag die land getref het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.