Groot beloning vir inligting oor Kempton Park-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Beloning van R250 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van ʼn groep rowers wat elektroniese goedere ter waarde van R15 miljoen gesteel het in Kempton Park.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het gesê tussen vier en ses rowers het Sondag by ʼn pakhuis ingebreek. “Selfone, iPhones, iPads en ander elektroniese toerusting ter waarde van R15 miljoen is gesteel,” het Malila gesê.

Volgens Malila is werkers op die perseel vasgebind en is niemand tydens die voorval beseer nie.

Die rowers het met ʼn wit Volkswagen Crafter-paneelwa en ʼn wit Isuzu-vragmotor gevlug. “Die registrasienommers op albei voertuie is nagegaan en daar is gevind dit is vals,” het Malila gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

In ruil vir R15M se gedoere betaal ons jou R250K, geen skelm sal daarvoor val nie…..Die diefstal klink ook baie soos ‘n “inside job” want niemand is in die voorval beseer.

alet ·

Alles is deesdae inside hulle kan se wat hulle wil die deeler is net so goed soos die steeler sit in alles n chip in dan kan hulle dit opspoor. Dit sal ook nie help want hulle word opgelei in die soort werke selfs die kar wat gesteel word hulle weet waar alles is skelm goed.Ons blankes moet ook maar probeer

Jennifer Hartnick ·

So,Alet,Blankes roof nie.Volgens jou moet hulle nou ook maar probeer.Ek het in die apartheidsera groot geword en weet presies wat my ouers moes deurmaak .Ek het daardie dinge vergeet en vergewe!!Ek was ook die slagoffer van ‘n rooftog.Dus,hou asseblief op om altyd ras aan ‘n negatiewe berig te koppel!!!!Hierdie soort gebeure is vir ons almal onaanvaarbaar!!!!

Jennifer Hartnick ·

So,Alet,Blankes roof nie.Volgens jou moet hulle nou ook maar probeer.Ek het in die apartheidsera groot geword en weet presies wat my ouers moes deurmaak .Ek het daardie dinge vergeet en vergewe!!Ek was ook die slagoffer van ‘n rooftog.Dus,hou asseblief op om altyd ras aan ‘n negatiewe berig te koppel!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.