Groot beloning vir inligting oor Metrorail-brandstigters

Treinwaens in ligte laaie by die Kaapstad-stasie (Foto: Verskaf)

Die Wes-Kaapse regering bied ʼn beloning van R100 000 aan vir enigiemand wat die polisie met inligting kan voorsien wat tot die suksesvolle vervolging sal lei vir diegene wat verantwoordelik is vir die verwoesting van treine op die Kaapstadse spoorwegstelsel deur brandstigting.

Die beloning word aangebied deur die departement van gemeenskapsveiligheid, het Wes-Kaapse premier Helen Zille en LUR vir gemeenskapsveiligheid Dan Plato Sondag in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Skade weens brandstigting die afgelope vier maande beloop ongeveer R50 miljoen en minstens R210 miljoen die afgelope vyf jaar. Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) vereis 88 treine om ʼn doeltreffende diens te verseker. Weens brandstigting, kabeldiefstal en vandalisme, het die stad tans minder as 40 treine beskikbaar.

“Die R100 000-beloning is ʼn waarskuwing aan hierdie brandstigters – jy word dopgehou, jy sal gevang word en ons sal jou nie toelaat om hierdie provinsie te ontspoor nie,” het Plato gesê.

Alhoewel Metrorail die verantwoordelikheid van die nasionale regering is, het die provinsiale departement van openbare werke en die departement van vervoer ʼn ooreenkoms met Prasa en Stad Kaapstad aangegaan. As deel van dié ooreenkoms het die provinsie R16 miljoen bygedra om Metrorail se veiligheidsmaatreëls op te skerp. Daar is ook 100 bykomende veiligheidswagte wat tans opleiding ondergaan en binnekort ontplooi sal word.

“Ons moedig alle passasiers aan om misdade by die polisie aan te meld en om met alle wetstoepassers saam te werk. Diegene wat verantwoordelik is vir dié misdade, is iemand se kind, iemand se broer of suster of iemand se buurman. Hierdie persone moet nou hul stilswye verbreek en die polisie bystaan,” het Plato bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

Vat ‘n vingerafdruk op een van die vuurhoutjies, dis waar mens begin.

BOmmie ·

lmga .. waar le die besondere vuurhoutjie ? En wanneer laas het jy gehoor dat iemand nog vingerafdrukke in SA neem of kan neem? Lekker gelag nou vir jou ..

Pieter Nel ·

Kom ek gee n klein bietjie inligting. Ek gaan nie veel se nie want ek mag dalk geteiken word. TAXI base in agter die brandstigting om meer passasiers te verseker. Gaan soek maar daar, my inligting is korrek.

Ek glo jou ·

Ek ry daagliks kinders skool toe en terug. Ek is al voor vinger gewys en sleg gesê…en van die pad afgedruk. Want party van my kliënte se ras ry gereeld taxi. Ek vat dit in my stri de enignoreer dit. Sons bietjie moeilik om wetgehoirsaam te wees en taci’s se klante af te vat terselfde tyd.

Peter Holmes ·

Ek dink ook taxi base sit daar agter. Onthou n paar jaar gelede het hulle ook Golden Arrow se busse gebrand en die drywers vermoor.

Neewat ·

Wat gaan julle aan hulle doen? Soos die protesters wat by WITS die hele plek aan die brand gesteek het en alles beskadig het en standbeelde omgegooi het? Hulle is vrygelaat en weer toelaat tot die universiteit en daarna is die universiteit GEDWING om vir hulle om VERSKONING te vra . vandat BRANDSTIGTING nie meer ‘n CRIME is nie, gaan dit lekker in SA .. lekker soek, julle gaan niks kry nie . mens moet die OORSAAK stop, help nie jy probeer die skuldiges na die tyd vaskeer terwyl die polisie staan en kyk het hoe hulle die wereld aan die brand steek nie ..

AmY ·

Daai brandstigters se ma’s is seker ‘baie trots op hulle.’

Wonder ·

Sekuriteit moet opgeskerp word EN daar moet GEVOLGE vir hul dade wees sodat hulle twee keer sal dink voor hulle weer so iets doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.