Groot beloning vir inligting oor vermoorde paartjie

Rosalie Bloch en Aubrey Jackson. Foto: Facebook.

ʼn Beloning van R60 000 is Donderdag uitgeloof aan enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van verdagtes in die moord op ʼn Kaapse paartjie kan lei.

Maroela Media het vroeër berig Aubrey Jackson (94) en Rosalie Bloch (84) is op 8 Mei verlede jaar in hul huis in Rosebank, Kaapstad, dood aangetref. Die paartjie se seun is die onderwysbeleidskenner Graeme Bloch wat getroud is met struggleveteraan Cheryl Carolus.

ʼn Familielid het omstreeks 09:00 op die paartjie, wat 30 jaar lank lewensmaats was, se liggame afgekom. Hulle was albei vasgebind.

ʼn Saak van moord en huisroof is destyds ná die moorde aanhangig gemaak.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die beloning aan Maroela Media bevestig.

Volgens Van Wyk is niemand nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die moorde by die ondersoekbeampte, speursers. Kevin Kok, by 064 352 5493 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

KG ·

Ek glo as jy sulke bejaarde mense kan vermoor is jy ongelooflik vrot van binne!!!

Cherokee ·

Interessante brokkie inligting wat vertel met wie hul seun getroud is.

Cherokee ·

Wiki, jy het ‘ook’ gedink dit is useless info? Jy en wie nog? Ek en Nina vind dit. soos sy sê, ‘n vrot gedagte maar iets vir die libs om oor na te dink.

humor ·

Reeds 7 – 8 Mei verledejaar vermoor en niemand nog in hegtenis geneem nie. Die hoop bleik maar skraal te wees. Maar die arm van die gereg kan tog ook lank wees. Ons hoop maar van die beste.

Hartseer ·

My meegevoel met die familie van die vermoorde paartjie. Maak nie saak wie jy is nie, of met wie jy getroud is nie. Niemand verdien om vermoor te word nie.

Yankee ·

Pragtige ou mensies!! My hart breek. Wat kan ek nog se. Moed hou.

Roosmaryn ·

Rosalie Bloch was haar hele lewe lank deel van die BLACK SASH. Sy het die einste aand teruggekom van ‘n vergadering van die BLACK SASH .. vreemd dat sy op die ou end so aan haar dood moes kom ne?

Angel ·

Deepest sympathy to the family. Perhaps the police should look if there are any similarities with the murders all over Gauteng in the old age homes. Two are in jail awaiting trial whilst the third is out on bail.

George ·

Verlede jaar in Mei vermoor en ‘n beloning word ‘n jaar later aangebied! WAT ‘n GRAP!!!

Susna ·

Ek het al baie gewonder wat van die voorval geword het. Ek het nog die berig soos dit in die media verskyn het. Rosalie was a popular anti apartheid activist who was seen just 10 days ago at a Black Sash event.Rosalie will always be remembered for the shelter and hospitality she extended to those on the run in our dark days. Their son Graham Bloch is the well known education expert comrade.

HPV ·

Hul dood is tragies en ek simpatiseer met die familie.
Meer tragies is dat die sogenaamde demokrasie wat met hulle hulp tot stand gekom het hulle versaak het. 19000 per jaar en ons tel voort…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.