‘Groot bespiegeling’ ná sakeman se lyk in rivier gevind word

Die vermoorde sakeman Eric Lyell. Foto: Verskaf

Die polisie ondersoek glo die moontlikheid dat een van die talle jong mense wat die vermoorde sakeman Eric Lyell (68) deur universiteit gehelp het, by sy moord betrokke was.

Verbygangers het Lyell, ʼn gesiene en geliefde sakeman en afgetrede prokureur van Vereeniging, se liggaam Saterdagmiddag in die Vaalrivier sien dryf en die polisie ontbied. Hy is na die Sebokeng-hospitaal gebring, waar Lyell se dogter, dr. Clarissa Gerber (43), en skoonseun, dr. Niel Gerber, hom Sondag uitgeken het.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek begin, maar dit is intussen na ʼn moordsaak verander. Volgens mense na aan Lyell is hy glo aangerand en het hy ʼn steekwond in sy buik gehad.

Lyell se vennoot in die regspraktyk en talle sakeondernemings, Batie de Wet (59), sê Lyell is Saterdagaand as vermis aangemeld nadat hy Vrydag omstreeks 18:30 die laaste keer gesien is by die Checkers in River Walk, Vereeniging. Hy was op pad na ʼn braai toe.

Daar is groot bespiegeling oor Eric se moord.

“Daar is groot bespiegeling oor Eric se moord,” het De Wet Maandagoggend aan Maroela Media gesê. “ʼn Vroutjie wat jare lank vir hom gewerk het se seun het in Eric se huis gewoon terwyl hy hom deur universiteit gesit het. Hy het gewoonlik oral saam met Eric gegaan.”

De Wet vertel dié jong man het eers ná herhaalde pogings om hom in die hande te kry sy foon beantwoord. “Hy het beweer hy is op Worcester, maar toe hulle sy foon trace, het hulle agtergekom hy is eintlik op Zastron in die Vrystaat waar sy ouma woon. Dis vreemd dat hy nie huis toe kom nie.”

Lyell se horingoue Volkswagen Jetta is by Builders in Vereeniging gekry en sy selfoon is nagespeur tot in Sharpeville, ook in die Vaaldriehoek, vertel De Wet. Die ruit aan die bestuurderskant van die Jetta is gebreek. “Dit kan dalk ʼn motorkaping wees,” sê sy.

Lyell, ʼn welgestelde man met meer as een weeldemotor, maar ook ʼn terggees, het graag met sy geliefde Jetta, “wat seker 600 000 km op die klok gehad het”, rondgery net om almal te skok, vertel De Wet. “Wanneer ons vir hom gesê het dis tyd om ʼn nuwe kar te kry, sou hy spot hy het dan nuwe mags gekry.”

Daar was geen teken van ʼn inbraak by sy huis nie.

De Wet sê Lyell het nie kleur raakgesien nie en het heelparty minderbevoorregte jong mense gehelp en dikwels het hulle by hom in sy huis in Drie Riviere gewoon. Daar was geen teken van ʼn inbraak by sy huis nie, wat daarop kan dui dat hy gekaap is.

Lyell se oudste seun, George (45), het in sy pa se voetspoor gevolg en is ook ʼn prokureur. Die laatlam, John (33), is ʼn vlieënier in die buiteland, maar het Sondagaand in Vereeniging aangekom nadat hy die tyding van sy pa se dood gekry het.

Clarissa en Niel het vier kinders en George het sewe kinders, van wie drie stiefkinders is, maar “oom Eric het nie onderskeid getref nie”, sê Maureen de Wet, Batie de Wet se dogter.

Maureen de Wet vertel Lyell was soos ’n pa vir haar en haar suster, Heidi. Foto: Facebook

Maureen vertel Lyell was soos ʼn pa vir haar en haar suster, Heidi Barkley, nadat hul pa oorlede is toe sy op hoërskool was. “Hy was my mentor en het my aktes geleer,” sê Maureen, ook ʼn prokureur.

“Oom Eric was ʼn wonderlike mens en enig in sy soort,” onthou sy hom. “Hy het alles vir sy medemens gedoen. Hy was baie passievol en alles wat hy aangepak het, het in goud verander. Hy was verskriklik lief vir sy familie en baie erg oor sy familienaam. Sy kleinkinders was sy lewe.”

Maureen sê die hele gemeenskap is tot stilstand geruk deur Lyell se dood. “Ek kan nie vir jou sê hoeveel oproepe en besoeke ons gehad het nie. So baie mense het hom geken.

Hy was ʼn fenomenale sakeman en ʼn fenomenale prokureur.

“Hy was ʼn fenomenale sakeman en ʼn fenomenale prokureur met wie ʼn mens nie gemors het nie. Hy was hoogs intelligent en baie lief vir mense.”

De Wet sê sy en haar vennoot het baie eiendomsportefeuljes en het onder meer in plase belê.

Lyell was ʼn boerseun van Hoopstad se wêreld, maar was al een van sy broers wat ʼn ander loopbaan as die landbou gekies het.

Ao. Simon Mofokotsane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie ondersoek instel of die jong man wat in Lyell se huis gewoon en in sy tuin gewerk het met die sakeman se dood verbind kan word. Volgens hom het Lyell die jong man Vrydagmiddag na die taxistaanplek geneem.

Volgens Mofokotsane was daar geen beserings aan die oorledene se liggaam toe hy gevind is nie.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Lyell se begrafnis is Donderdagoggend om 11:00 uit die NG Kerk Drie Riviere-Oos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Willie ·

Wat n verlies vir die samelewing! Sterkte aan die familie en vriende!

anni ·

Al wanneer hierdi MOORDE eendag sal stop, is as DOODSTRAF terug kom.

Lorinda de Jager ·

Help hier. Dan leef Batie de Wet en dan weer nie? Het ek iets misgelees?

Oujongvrou ·

Watter reuse verlies vir die samelewing. Daar kan nou baie wyd gesoek word na leidrade. Daai baie plase is een voorbeeld. En almal weet dat daai hondjie wat jy voer jou straks kan byt ook. As ons mense nie landuit gaan nie word hulle vermoor.

Onseker ·

Batie de Wet is Lyell se venoot.
Batie de Wet is ook Maureen de Wet se pa.
Maar Maureen de Wet se pa is oorlede toe sy en haar sussie op skool was.
Verstaan ek dit reg of is ek nou erg blond?

Lorinda de Jager ·

Nee, ek en jy verstaan altwee nie, want vroeer in berig het Batie iets bevestig en later in die berig is Batie dood. Kan maroela media nie maar bekwame proeflesers aanstel nie asseblief?

JSO ·

Batie is Eric se vennoot (ja mens kry vroulike prokureurs!) en Maureen se MOEDER. Maureen se pa is lankal oorlede. Got it?

Lindtjies ·

Onseker, ek het in ‘n vorige artikel gelees dat Batie ‘n dame is. Dus is sy Maureen de Wet se ma.

Gaitsigubib ·

Mens moet versigtig wees wie en wat jy in jou huis inbring. Self bepaal ek my hulp by my kinders en die res skenk ek aan mense wat nie weet wie ek is nie.

Maryn ·

Volgens naby-mense is die oorledene aangerand en ‘n steekwond in sy buik!
Mofotkotsane sê daar was geen beserings aan sy liggaam nie?

Botterblom ·

Die berig is defnitief nie geproeflees nie… of inderhaas opgesit. Dalk moet julle dit net met meer duidelikheid oorkskryf, sodat ons, die lesers, verstaan wat nou eintlik vir wat en wie nou eintlik vir wie moet wees….

Theresa ·

Vir my ook vreemde sap se geen beserings ni. Maar daar n steekwond aan sy buik en aanduidings dat hy aangerand is. Sjoe lyk my di Polisie kan ni meer onderskei ni.

Jerry ·

Baie tragies dat so n fenomenale besigheidsman en prokureur so aan sy einde gekom het! Terwyl daar bespiegel word mag ek seker maar die aanname maak dat wie ookal vir sy dood verantwoordelik was, was of jaloers, wraakgierig of geldgierig of dat dit n kombinasie van ten minste twee van die drie is!

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Dankie vir julle kommentaar. Dit blyk dat daar ‘n verwarring is. Batie de Wet is inderdaad ‘n vrou – soos aangedui in die sewende paragraaf.

Ek hoop dit klaar enige verwarring op.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Batie is die MA ·

Die vennoot, Batie de Wet is Maureen se MA.
Sien die paragraaf oor waar Lyell altyd spot oor sy Jetta. “Sê sy”
Kan mens nogal deurmekaarmaak….

Amelia ·

En wat leer ons hieruit? Moet nie enigeen help nie. Hou jou by dit wat bekend is aan jou, as jul sal verstaan. Nog nooit gehoor van jou eie wat gehelp word en dan vermoor word deur jou eie nie. Maar help oor die brug en jy kan maar weet jy staan ‘n 60% kans om deur die oor die brug vermoor te word.

Amelia ·

Hoekom sou iemand sy stokoue Jetta wou gehad het…………dalk vir die nuwe mags?
Sjoe maar die polisie kan darm rondtrap ne.

Lorinda de Jager ·

Nee, ek en jy verstaan altwee nie, want vroeer in berig het Batie iets bevestig en later in die berig is Batie dood. Kan maroela media nie maar bekwame proeflesers aanstel nie asseblief?

Alida ·

Seker die een wat die meeste van hom ontvang het. Gewetenloos.

Anita Claasen ·

Ek verstaan nie – in 1 paragraaf staan hy het steekwlnde aan sy buik en later in die artikel staan daar is geen beserings aan die liggaam nie?

Morné van Rooyen ·

Dagsê Anita,
Die inligting oor die wond het ons van sy naasbestaandes gekry. Die polisie het blykbaar nie daarvan geweet toe ons hulle vra nie, maar later het hulle wel gesê hulle vermoed Eric Lyell is vermoor.
Groetnis,
Morné, nms. Maroela Media

Fanis ·

Snert man. As jy wil help, help waar nodig is nie waar jy veilig voel nie. Of is my Bybel verkeerd? 10 uit 10 vir die man se lwenswyse. Tragies dat hy so moes heengaan., maar ek is oortuig hy sou nie anders gedoen het met sy hulp nie.

Saartjie ·

Verseker so…… die makste hond byt die seerste…… volg maar gerus hierdie berig

At Dippenaar ·

Die familie sê hy is aangerand en daar was ‘n steekwond in die buik terwyl die SAPS sê daar is geen beserings. Tog is ‘n moorddossier oopgemaak.

Nou hoe nou?

Hannelie ·

Oom Eric ons sal jou mis…. Jy was ‘n awesome mens…. Sterkte George, en jou familie…. Sterkte Batie weet jy en oom Eric was close… Wat ‘n groot verlies vir die samelewing…. Dis vir my wreed hoe iemand net kan besluit om iemand anders te ontneem van ‘n pa, oupa en geliefde…. Julle is in ons gebede… Voormalige werknemer te Steyn Lyell & Marais…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.