Groot brand in JHB

Die brand by Kya Sands. Foto: ER24 / Twitter

Die brand by Kya Sands. Foto: ER24 / Twitter

Brandbestryders en paramedici van verskeie nooddienste is op die toneel by die Kya Sands informele nedersetting in Johannesburg waar ʼn brand omstreeks 13:30 uitgebreek het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê talle plakkershuise brand. “Brandbestryders is druk besig om die brand onder beheer te kry, en paramedici staan gereed om mediese behandeling toe te pas,” het Vermaak gesê. “Sover is een persoon vir rookinaseming behandel.”

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is daar berigte dat mense in plakkershuise vasgekeer is, maar is dit nog nie bevestig nie. “Ons ambulanse staan gereed om mense na hospitale te neem soos wat dit benodig word,” het Steinmann gesê.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.