Groot dele van Pretoria sit sedert Maandagoggend sonder krag weens ʼn probleem by ʼn substasie in die ooste van die stad.
Die Tshwane-metro het gesê die kragonderbreking is weens ʼn onderbreking by die Njala-substasie.
Buurte in die ooste van Pretoria en dele van Centurion word deur die kragonderbreking geraak. Die kragonderbreking het ook verkeersontwrigting tot gevolg. Van die buurte in Pretoria-Oos en Centurion se krag het intussen weer aangekom.
In dié stadium is daar nog geen aanduiding van wanneer die kragtoevoer heeltemal herstel gaan wees nie.
Die Njala-substasie is al meer as 50 jaar oud en verskaf elektrisiteit aan die grootste gebiede in die ooste van Pretoria.
CR ons hoofstat(d) val uitmekaar. DOEN ASB iets. Verwyder u kaders uit ons lewensruimte!!!!