Groot dele van SA moet hom staal vir hitte

Argieffoto

Gautengers kan hulself staal vir nog ’n paar dae se sweet met die kwik wat vandag tot 34 °C in Johannesburg, 37 °C in Pretoria en 35 °C in Vereeniging sal styg.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal toestande in dié provinsie bedags baie warm wees waarna dit gedeeltelik bewolk in die namiddag sal word. ’n Hoë UVB-sonbrandindeks word verwag.

Dié provinsie beleef skroeiende temperature sedert die begin van die lente-somerseisoen. Volgens die weerdiens sal hoë temperature na verwagting die hele naweek tot en met Sondag voortduur. Sondag sal steeds warm wees met ’n voorspelling van gemiddeld 32 °C voordat temperature aan die begin van volgende week sal begin daal.

Gauteng is egter nie die enigste provinsie wat onder vandeesweek se hittegolf deurloop nie. Volgens die SAWD kan warm toestande tot en met Vrydag ook oor die westelike dele van die Vrystaat, westelike en sentrale dele van Noordwes, asook oostelike dele van die Noord-Kaap verwag word.

Verder is ’n waarskuwing uitgereik vir uiters hoë brandgevaartoestande oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, westelike dele van Noordwes, sentrale en westelike dele van die Vrystaat, asook die noordelike binneland van die Oos-Kaap.

Die weerdiens moedig inwoners aan om genoeg water te drink en beskermende klere in die buitelug te dra aangesien hitte van dié aard hittekrampe, uitputting, dehidrasie en in uiterste gevalle selfs beroerte kan veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

WIEBO ·

Die weerdiens se voorspellings is deesdae net so onbetroubaar soos die ander staats instansies. Ek wag nou nog vir die reen en kitsvloede wat voorspel was vir verlede nawek in Pretoria……………………………..Dit het 30 druppels verlede naweek in Pretoria gereen.

Cherokee ·

Ons het 100mm reën gehad in Durban. Druppels was sowat 100mm uitmekaar.

davmar ·

Enige iemand n idee hoekom gaan ons so gebuk onder hierdie verskriklike hittegolwe?

Pieter Spire ·

Ek dink die tipe van hitte is normaal vir die tyd van die jaar, maar daar is bewyse dat die aarde wel warmer word. Ons kinders en hulle kinders gaan regtig weet wat dit is om warm te kry. Amerika ondersteun nie die Teorie van “Globale Verwarming” nie, al is hulle een van die grootste sonde bokke wat bydrae tot die verskynsel.

pieta ·

Ons moet almal boet vir jou sondes, davmar. belei, gaan op jou knieg en roep vir Angus

Net My Eiertjie ·

@Pieter Spire – Die term Global Verwarming is besig om te verdwyn aangesien dit nie 100% korrek was nie. Dit word tans verwys na Klimaatsverandering (Climate Change) wat nie net warmer somers, maar kouer winter, en sommer alle deurmekaar weersomstandighede insluit.

Stuiwer ·

Want dis somer! En dis heerlik! Laas jaar Desember was presies dieselfde. Kort net bietjie reën ook.

ferdi ·

Jip die einde van di wereld sal met vuur vernietig word dit begin al

Poot ·

@ferdi
Ag asseblief ferdi. Ons wag al van bybelse tyd af vir die einde van die wêreld. Lank voor dit gebeur is daar die wederkoms, die wegraping en dan die laaste dae van die wêreld. Sorg dat jou lewe volgens die Woord is en jy hoef nie oor die goed te worry nie.

Hennie ·

Pieta jou kommentaar oor “gaan op jou knieë en roep vir Angus Toetaal on van pas

Nettie ·

Is 32 grade nou veronderstel om warm te wees? Hier in die Breede Vallei begin ons eers warm kry as die kwik so by die 40 grade gaan draai. En dan begin ons wyn drink om van die hitte te vergeet.

Poot ·

@Nettie
Man Nettie…..daar in die Breede Vallei is julle ‘n klomp “ysters”. Julle borsel ook seker tande met draadborsels en soetwyn.

Herman P ·

Moet se die SA weerdiens is baie “uit” deesdae.
Accuweather is baie meer in die kol.

HoeSo ·

Jy weet AccuWeather het nie sy eie weerdata nie en kry dit by die SA Weerdiens?

Marius ·

Onthou net om genoeg “sun tan lotion” aan jou skaduwee ook te smeer, anders brand jou skaduwee voor jou dood….

AMS ·

Hoekom moet ons ons staal vir die hitte? Meeste van ons bly van ons geboorte in die land, teen die tyd moet ons mos al gewoond wees aan die hitte en weet wat om te doen met onsself en ons diere tydens die hitte. Dis so al of die mense aangaan of dit nog nooit so warm was in die land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.