Gautengers kan hulself staal vir nog ’n paar dae se sweet met die kwik wat vandag tot 34 °C in Johannesburg, 37 °C in Pretoria en 35 °C in Vereeniging sal styg.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal toestande in dié provinsie bedags baie warm wees waarna dit gedeeltelik bewolk in die namiddag sal word. ’n Hoë UVB-sonbrandindeks word verwag.
Dié provinsie beleef skroeiende temperature sedert die begin van die lente-somerseisoen. Volgens die weerdiens sal hoë temperature na verwagting die hele naweek tot en met Sondag voortduur. Sondag sal steeds warm wees met ’n voorspelling van gemiddeld 32 °C voordat temperature aan die begin van volgende week sal begin daal.
Gauteng is egter nie die enigste provinsie wat onder vandeesweek se hittegolf deurloop nie. Volgens die SAWD kan warm toestande tot en met Vrydag ook oor die westelike dele van die Vrystaat, westelike en sentrale dele van Noordwes, asook oostelike dele van die Noord-Kaap verwag word.
Verder is ’n waarskuwing uitgereik vir uiters hoë brandgevaartoestande oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, westelike dele van Noordwes, sentrale en westelike dele van die Vrystaat, asook die noordelike binneland van die Oos-Kaap.
Die weerdiens moedig inwoners aan om genoeg water te drink en beskermende klere in die buitelug te dra aangesien hitte van dié aard hittekrampe, uitputting, dehidrasie en in uiterste gevalle selfs beroerte kan veroorsaak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Die weerdiens se voorspellings is deesdae net so onbetroubaar soos die ander staats instansies. Ek wag nou nog vir die reen en kitsvloede wat voorspel was vir verlede nawek in Pretoria……………………………..Dit het 30 druppels verlede naweek in Pretoria gereen.
Enige iemand n idee hoekom gaan ons so gebuk onder hierdie verskriklike hittegolwe?
Jip die einde van di wereld sal met vuur vernietig word dit begin al
Diere kort ook skadu en water
Ferdi, jy praat waar!!!