Twaalf verdagtes, waaronder drie polisiebeamptes, is in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.
“Die verdagtes is onderskeidelik Dinsdag en Woensdag in twee provinsies in hegtenis geneem,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.
Die verdagtes is in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van geldwassery en swendelary, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en korrupsie.
“Die groep is al sedert 2013 deel van ʼn ondersoek en was na bewering betrokke by onwettige renosterstropery en onwettige handeldryf in renosterhorings in Klerksdorp, Rustenburg, Pretoria en Johannesburg,” het Mulaudzi bygevoeg. “Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op 13 onwettige vuurwapens, drie klein skale, een elektriese ystersaag, vier renosterhorings, opgekerfde renosterhoring, R1.1 miljoen kontant en agt luukse voertuie.”
Volgens Mulaudzi beloop die waarde van die gekonfiskeerde goedere, insluitend die kontant, ongeveer R6 miljoen.
‘Operasie Ringleier’ is uitgevoer onder leiding van die Valke in samewerking met die departement van omgewingsake en toerisme, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se forensiesewetenskaplaboratorium en die Nasionale Vervolgingsgesag.
Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die groep geloof vir hul werk om die beweerde sindikaat oop te vlek.
Dit is ‘n pragtige foto !!!! Ek hoop hulle sluit die barbare toe en gooi die sleutels vir altyd weg. Ek hoop my kommentaar word nou geplaas.
SY HUL NEUSE AF!!!! MISKIEN SAL DIT HELP
Ek komplimenteer Maroela met die pragtige foto maar my kommentaar word nie geplaas nie. Wat help dit dan om enigsins ‘n mening te lug.
Goeie nuus! Sluit hul op, hulle hoort agter tralies.
Well done!
MOOI SO
Ek is so dankbaar vir almal wat so hard werk om hierdie stropers vas te trek. Baie dankie vir julle puik werk.
As my somme reg is beteken dit dat 25% van skelms poliesie manne is ????