Die polisie in Thabazimbi, Limpopo, het Saterdag ʼn groot deurbraak gemaak ná Bertie Cilliers (54), Vrydag op sy plaas in Thabazimbi, Limpopo doodgeskiet is.
Maroela Media het vroeër berig Cilliers se seun het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op sy pa in die kombuis aangetref by Spitskop-kleinhoewe. Cilliers is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere geskiet is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Saterdagoggend inligting ontvang dat die verdagte in die saak in Rustenburg in Noordwes opgemerk is. “Ons het vinnig saam met die Rustenburg-blitspatrollie reageer, en toe die man sien hy word afgetrek, het hy vinnig weggejaag.” ʼn Hoëspoedjaagtog het op die Sun City-pad gevolg.
“Toe die man uiteindelik besef hy kan nie wegkom nie, het hy stilgehou en glo homself in die kop geskiet met vermoedelik dieselfde vuurwapen wat tydens die aanval op Cilliers gebruik is,” het Ngoepe bygevoeg.
Die 25-jarige verdagte is Cilliers se skoonseun. Hy is ernstig gewond en na die hospitaal geneem vir behandeling onder polisiebewaking.
“Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die voertuig, waarmee die verdagte gery het, dieselfde wit Volkswagen Jetta is wat gister naby die moordtoneel opgemerk is,” het Ngoepe verduidelik. “Die polisie het beslag gelê op die 7.65 Astra-vuurwapen.”
Die verdagte sal in die Thabazimbi-landdroshof verskyn sodra hy aangesterk het. “Die polisie-ondersoek duur voort.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Bertie was ‘n myn bestuurder nie ‘n boer?
Waarvoor die familie moord aai?
Ons sal sekker nooit verstaan wat alles deur so ‘n mens se brein gaan nie?
Veral nou met die naderende feesgety en ons Chritus se dood herdenk.
Sterkste aan almal wat daardeur geraak word.
‘n Paar lesers het hul naam nou lelik likkewaan gemaak deur sommer te aanvaar die moordenaar is swart. Kry eers die feite voor jy oordeel.
Daar is ni genoeg woorde om te se hoe jammer ni. Ouma Anna Arina en Eric baie baie sterkte en ons hoop julle sal baie gou berusting vind xxx
Hou julle bekke van my pa se moord af!!!!!!!!! Julle weet niks. As julle als weet en die waarheid het probeer weer!!!!