Groot deurbraak na OR Tambo-rooftog

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Dinsdagaand aangekondig ʼn groot deurbraak is gemaak in die ondersoek na die rooftog wat op 7 Maart by die OR Tambo internasionale lughawe in Johannesburg plaasgevind het.

Phahlane het tydens ʼn mediakonferensie gesê danksy harde werk van die SAPD en die Valke het die polisie vier mense ingeneem vir ondervraging in verband met die rooftog nadat inligting oor die voorval ingesamel is.

“Twee van die mense het vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn in verband met die rooftog. Die ander twee word nog ondervra. Dit is uiters jammer dat een van hulle een van ons eie polisielede is. Dit bevestig ons vermoede dat die moontlikheid van ʼn sameswering of inligting van binne, nie uitgesluit kan word nie,” het Phahlane gesê.

Maroela Media het vroeër berig verskeie gewapende mans, waarvan sommige polisie-uniforms aangehad het, het verlede Dinsdagaand op die lughawe toegeslaan en toegang gekry tot ʼn beperkte deel van die lughawe.

Hulle het vuurwapens uitgehaal, die veiligheidspersoneel bymekaar gebring en hulle gedwing om op die vloer te lê, volgens die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa). Die groep het daarna toegang gekry tot die agterkant van die lughawe, waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant uit ʼn verseëlde houer verwyder het. Niemand is geskiet nie en geen beserings is aangemeld nie. Na bewering is R24 miljoen tydens die rooftog gesteel.

Phahlane het gesê die opslae wat die rooftog veroorsaak het, was geregverdig, aangesien die OR Tamo-lughawe ʼn nasionale sleutelpunt is. “Ons as polisie het onderneem om seker te maak die skuldiges in die saak word opgespoor en ry aan die pen. Indien daar bevind word dat enige van ons lede ʼn rol in hierdie voorval gespeel het, sal beslissend opgetree word,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon die polisie se ondersoek na die rooftog duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag.

Lees alle vorige berigte oor OR Tambo Internasionale Lughawe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

w ·

Ai eerlike polisie manne en vroue. So jammer dat daar korruptes en skelms saam jul werk. My hart bloei vi die goeies in uniform. Maak van dai rowers n voorbeeld. Muni poer poer ni asb.

Adri ·

Hoekom kan hulle nie soveel sukses behaal in hulle ondersoeke na plaasmoorde nie?

Johan ·

Ek stem 150% saam met jou Adri, die PLAASMOORDE is die een ding wat prioriteit MOET hê

Max ·

Daar is baie opregte polisiebeamptes. Ongelukkig is n ketting net so sterk soos die swakste skakel. Hierdie swak skakels is ongelukkig die meeste tot op die hoogste vlak !

Pik ·

Plaasmoorde word gesien as n daaglikse werk as hulle DIE skelms vang is daar nooit van die geld te vinde nie so jaag liewer iets waar hulle almal weereens kan baat vind

Marie Visser ·

Dankbaar daar is vordering en dat die betrokke SAPD lede aan die kaak gestel gaan word. Hoop al die skuldiges en medepligtiges word gevang. Dankie aan die hardwerkende SAPD lede en die Valke wat dié saak ondersoek en vinnig besig is om tot die kern van die saak te nader.

jaco ·

plaasmoorde is n manier om wit boere van plase af te kry. kortom, plaasmoorde is eintlik “regeringsbeleid”

thelsa ·

Dit is onmoontlik dat daar net EEN polisieman was wat betrokke kon wees. Talle binne die SAPS moes saamwerk om uniforms, voertuie, en al die gepaardgaande identifikasiedokumente te bekom. Dit is ONMOONTLIK vir EEN persoon om dit in isolasie te kon doen. Talle moes saamwerk en staan nou seker bakhand vir hulle deel vaqn die buit as beloning. Hoe siek !!!!

Pablo ·

Is dit nou Lt.Kol. of Lt.Genl. Khmotso Phahlane, soos in die berig of soos in die foto byskrif?

John ·

Daar moes baie ‘helpers’ gewees het. Moontlik het die rowers gese dit is ‘n oefenlopie deur die veiligheidsdienste en sodoende die personeel geflous wat daarop dui dat opgeleide en skerp veiligheidspersoneel betrokke was en nie net ‘n verskrikte polisieman nie. Die buit is weg en die’ wat weet landuit.

Deon ·

Is dit nou Lt.kol Khomotso Phahlane of Lt. genl Khomotso Phahlane?

Landi Slatter ·

Dagsê Deon

Dankie vir jou navraag. Dit is inderdaad Lt. Genl. Baie dankie dat jy ons daarop gewys het. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Johan. H. ·

Krediet waar dit verdien word, SAPS julle ysters,,, Van daaie saps lid moet n baie goeie voorbeeld gemaak word,,,dis dalk nie sy eerste misdaad nie..
Drink vannaand ene ekstra saps, julle verdien dit,

George Hayes ·

Dit is so jammer dat mense altyd almal onder dieselfde kam skeer, ek ken soveel goeie swart mense en soveel goeie polisimanne en vrou maar die polisie kry n swak naam juis deur die wat nie daar is om n diens te lewer nie maar om die uniform te misbruik, die wat net daar is vir die salaris maak nie saak of hy dit verdien of nie, I.v.m die lughawe personeel lyk dit of daar baie binne informasie en medepligtigheid was, laat die skuldiges ordentlik aan die pen ry, of hy nou aan Sal of wie ook al behoort,, maak n voorbeeld van hulle sodat dit die ander wat in die lyn staan kan afskrik, dit is jammer om dit te sê maar die land word bestuur deur onbevoegde mense wat deur onigelige kie see rs daar gehou word,

Alida ·

Die twee misdade moet nie vergelyk word nie. Hierdie is een en plaasmoorde ‘n ander. Die SAPD moet nie onderskat word nie. Daar is baie eerlike hardwerkendes tussen hulle. In enige werksplek of oral oor is daar skelms tussen die goeies. Asb hou op om die SAPD af te kraak. Hulle ondersoek alle sake na die beste van hul vermoe.

Lourens Kritzinger ·

Nooit,hy dink…inside job?? Rerig waar,hulle kan nie eers hooi in n hooi mied kry nie! So….

marous ·

Dan word daar gevra hoekom mense die Polisie wantrou. Hoe gaan jy bepaal of dit polisie of potensiele moordenaars is as hulle jou voorkeer of aan jou deur klop? Moet asseblief nie se , vra vir ID nie ….

Francie ·

Ai, al die moeite! Ons prez se nuwe vliegtuig gaan mos spesiaal ingerig word om groot bedae geld (kontant nogal) te vervoer. Hoekom nie sommer twee vlieë met een klap bykom nie?
Hy sal verseker nie kapsie maak as geld buiteland toe moet gaan nie, en nouja, vir ‘n geringe kommissie sal hy seker te vinde wees om iets terug te bring ook.

Millie ·

So, as miljoena rande gesteel word sal die land op sy kop gekeer word om hulle te vang maar plaasmoordenaars kry nie naasteby soveel aandag nie! Wat ‘n siek wêreld waarin ons lewe

Andre Fourie ·

Ek sien nerens dat die groot gevreesde vraag gevra word nie: Hoekom word R24m in kontant land UIT gestuur? Hoekom ? Na wie toe ? Om te wat mee? Wat maak jy daaar met S.A.rand? Hier is ‘n groot kat dood !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.