Groot deurbraak ná polisieman se moord

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Spesiale taakspan van die polisie in Limpopo het Dinsdag ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn offisier in die SAPD wat Sondag voor sy huis doodgeskiet is.

Lt.kol. Phineas Marubini Mamatsiari (55) is voor sy huis in die Dzwerani-nedersetting buite Thohoyandou doodgeskiet en sy voertuig gekaap toe hy ná werk tuisgekom het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte wat in verband met Mamatsiari se moord in hegtenis geneem is, kan ook verbind word met rooftogte by vier klinieke in die Waterval-omgewing.

Die verdagte sal Donderdag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeampte is deur twee verdagtes aangeval en doodgeskiet. Die polisie het kort ná die voorval ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

“Terwyl die soektog aan die gang was, het die polisie nog inligting ontvang omtrent dieselfde verdagtes wat glo die veiligheidswagte van die Mpheni-, Waterval- en Mbhokota-kliniek asook die Bungeni-gesondheidsentrum beroof het van vier vuurwapens. Die verdagtes is teen 00:45 by die Universiteit van Venda gewaar,” het Ngoepe vroeër gesê.

Daar het ʼn skietgeveg tussen die verdagtes en die polisie ontstaan en ʼn konstabel is in die proses ernstig gewond.

Ngoepe het Woensdag gesê die gewonde konstabel sterk aan in die hospitaal. “Sy naam mag nie genoem word nie omdat hy ʼn getuie is,” het hy gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op die polisiemotor wat tydens die voorval gekaap is asook ʼn vuurwapen. Die items is Maandag in ʼn bos langs Phunda Mariaweg gevind.

Volgens Ngoepe is die polisie steeds op soek na die tweede verdagte. Enigiemand met inligting oor hom kan kapt. Wilson Mashamaite by 071 675 9928 bel.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Goeie werk ! Wens net dit wil so gedoen word met plaas aanvalle ook ! Of verwag ek nou te veel ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.