Groot dwelmlaboratorium in PTA oopgevlek

Metamfetamien. Argieffoto.

Metamfetamien. Argieffoto.

Vier mense is Vrydagoggend in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem nadat die Tshwane-metropolisie en ander rolspelers op ʼn groot dwelmlaboratorium toegeslaan het.

Hoofsupt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het aan Maroela Media gesê hulle het op ʼn wenk reageer dat dwelms op ʼn kleinhoewe in die Onderstepoort-omgewing vervaardig word.

“ʼn Klopjag is in die vroeë oggendure by drie huise op die kleinhoewe uitgevoer,” het Mahamba gesê. “Die dwelm metamfetamien, asook toerusting en chemikalieë om dit te vervaardig, is in een van die huise gevind en gekonfiskeer.” Die polisie het beslag gelê op dwelms en toerusting om dit te vervaardig met ʼn geraamde waarde van ongeveer R3 miljoen.

Drie mans en ʼn vrou is op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem. Die verdagtes is tussen 25 en 32 jaar oud. Hulle is tans in aanhouding by die polisiestasie in Pretoria-Noord.

Hulle moet binnekort in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Mahamba het gesê dit is een van die grootste dwelmlaboratoriums wat tot dusver in die stad oopgevlek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annatjie ·

Watter deel van die gebruik van delms verstaan die die mensdom nie. Dit verwoes net mooi alles. Of is dit die gierigheid om vining geld te maak wat die meeste punte tel in die handel daarvan?

Amanda Conradie ·

Puik werk aan elke lid wat deel was van die bust. Dankie dat julle ñ paar mense se lewens kon red.

Francois ·

Ek het net mooi GEEN simpatie met een wat dwelms gebruik, smokkel of vervaardig nie. Dit verwoes alles en almal om hulle. Nou die dag was ek uitgeskel omdat ‘n ma met jong kinders dwelms smokkel en gevang was. Vir my was daar gese die arme kinders – yeah right! Wat van ANDER mense se kinders wat verewig in die hel van dwelms vasgevang is, as gevolg van DIE ma?

louisa ·

Baie trots op SAPD lede van Pretoria Noord. Dit was goeie werk.

wendy ·

Wens ons kan al di drug dealers uit wis,ek gaan deer hell met my kids wat op drugs is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.