Die polisie het in ʼn intelligensiegedrewe operasie beslag gelê op ʼn groot dwelmvonds in Wingate Park, ʼn stil woonbuurt in die ooste van Pretoria.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die hof het ʼn soek-en-beslagleggingslasbrief toegestaan, waarna die eenheid vandeesweek op die eiendom toegeslaan het.
Hulle het beslag gelê op metamfetamien-kristalle, beter bekend as tik, asook heroïen met ʼn geskatte waarde van meer as R1,5 miljoen. Volgens Mulamu het die Valke ook beslag gelê op meer as R10 000 se kontant.
Die vermeende dwelmhandelaar, ʼn 52-jarige man, is in hegtenis geneem en staan tereg op ʼn aanklag van die onwettige handel en besit van dwelms. Hy verskyn na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof.
Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Stille water diepe grond, né!
Vernietig die goed, want môre oor môre verkoop hulle die gemors aan ons onskuldige kinders! Dié gemors het ons nie nodig in ons land nie!
dis dalk daardie stil buurtes wat die meeste van sulke gemors aanhou
Is hy nie dalk ook ‘n onwettige Immigrant nie?
Jip die gekonfiskeerde goedere kry nou net ‘n nuwe distribusie netwerk