Groot geld op die spel in Twee Oseane-marathon

Foto: @2OceansMarathon/Twitter

Foto: @2OceansMarathon/Twitter

Daar is vanjaar groot geld op die spel vir die man of vrou wat die huidige rekords vir die Old Mutual Twee Oseane 56km-ultramarathon kan verbeter. Die rekords is onderskeidelik in 1988 en 1989 opgestel.

Frith van der Merwe hou die wêreldrekord vir vroue met ‘n tyd van 3 uur 8 minute en 13 sekondes. Sy het dit in 1989 opgestel. Thompson Magawana hou die wêreldrekord vir mans met ‘n tyd van 3 uur 3 minute en 44 sekondes. Hy het dit in 1988 opgestel.

Vanjaar se ultramarathon is op dieselfde roete as wat sedert 2004 gebruik word. Die hardlopers begin in Mainweg in Newlands en hardloop dan tot by Lakeside verby die Sandvlei-afdraai. Die halfpadmerk is op Noordhoekweg voor Chapmanspiek waarna hulle verby Houtbaai na Constantia-nek hardloop. Die hardlopers volg dan Rhodesweg en Unielaan en eindig by die Universiteit van Kaapstad.

Die nagenoeg 11 000 deelnemers aan die ultramarathon het om 6:30 weggespring en het tot 13:30 om die wedloop te voltooi. Die nagenoeg 16 000 deelnemers aan die halfmarathon het in twee groepe weggespring. Groepe A tot D het om 6:00 weggespring terwyl groep E 6:10 weggespring het. Hull het tot 9:20 om die marathon te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.