’n Vrou is dood en 48 mense beseer in ʼn busongeluk op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal.
Volgens Netcare 911 het die busbestuurder luidens berigte Donderdagmiddag beheer oor die bus verloor voor dit omgeslaan het. Toe paramedici opdaag, het talle mense reeds uit die bus geklim.
“ʼn Volwasse vrou het in die ongeluk gesterf, nog een is ernstig beseer en 47 passasiers se beserings wissel van gering tot matig.”
Alle pasiënte is op die toneel behandel en daarna deur verskeie ambulansdienste vir behandeling na omliggende hospitale gebring.
Was die bestuuder uitgerus???
Was hy nugter en by sy volle positkewe
???
Wanneer het deur ondersoek gegaan???
Dankie.
Wonder.
Jammer ek het nie anrwoorf pp jou vrae nie. Ek was nie naby die ongeluk gewees nie. Sorry ou Grootte