Groot getal in busongeluk beseer

’n Vrou is dood en 48 mense beseer in die busongeluk Donderdagmiddag na by Mooirivier. Foto: Netcare 911

’n Vrou is dood en 48 mense beseer in ʼn busongeluk op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal.

Volgens Netcare 911 het die busbestuurder luidens berigte Donderdagmiddag beheer oor die bus verloor voor dit omgeslaan het. Toe paramedici opdaag, het talle mense reeds uit die bus geklim.

“ʼn Volwasse vrou het in die ongeluk gesterf, nog een is ernstig beseer en 47 passasiers se beserings wissel van gering tot matig.”

Alle pasiënte is op die toneel behandel en daarna deur verskeie ambulansdienste vir behandeling na omliggende hospitale gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder ·

Was die bestuuder uitgerus???
Was hy nugter en by sy volle positkewe
???
Wanneer het deur ondersoek gegaan???
Dankie.

zoom zoom ·

Wonder.
Jammer ek het nie anrwoorf pp jou vrae nie. Ek was nie naby die ongeluk gewees nie. Sorry ou Grootte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.