Wes-Kaapse Natuurbewaringspersoneel is op groot skaal besig met ʼn krokodiljag in die Breërivier nadat ʼn omvattende getal jong krokodille vanuit ʼn krokodilplaas naby Bonnievale in die Boland ontsnap het.
In ʼn amptelike verklaring het die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, by inwoners van die provinsie gepleit om nie nader te stap aan ʼn krokodil as hulle een gewaar nie. Hulle word eerder aangeraai om dadelik die owerhede in kennis te stel as hulle een van die reptiele teenkom.
Die Breërivier was tot dusver ʼn gewilde swemplek (vir mense), maar teen gisteraand is slegs 20 van die algaande hongerder Nylkrokodille aangekeer, al het Wes-Kaapse natuurbewaarders, boere, plaaswerkers en die polisie die hele Woensdag vervaard jag gemaak op die krokodille.
Die krokodille is elk tussen 1,2 m en 1,5 m lank. Luidens Bredell se woordvoerder, James-Brent Styan, is hulle “medium-gevaarlik” vir mense omdat hulle gereeld kos kry (of gekry het), op ʼn plaas grootgeword het en gewoond is om gevoer te word eerder as om vir hul kos te jag.
Styan het egter terselfdertyd gewaarsku: “Hulle bly wilde en instinktiewe diere wat ʼn gevaar vir mense inhou.”
Bredell het inwoners van Bonnievale en omgewing gemaan om op die uitkyk te wees vir krokodille, eerder nie in die Breërivier te swem nie en eintlik in die algemeen weg te bly van die rivier se oewer.
“Die fokusgebied is tans die gedeelte vanaf sowat vyf kilometer stroomop in die rigting van Robertson van waar die krokodille vermoedelik die rivier binnegegaan het tot sowat vyf kilometer stroomaf in die rigting van Swellendam,” het Bredell gesê.
Hy het voorts verduidelik dat natuurbewaarders verskeie strikke met vleis in – wat hy as “baie menswaardig” bestempel het – gestel het om die reptiele aan te keer.
Natuurbewaarders gaan ook elke nag probeer om die krokodille te vang, aldus Bredell.
Om die krokodille te voer beteken nie hulle sal nie ander prooi vang nie.Hulle bly opportunists en maak van verrassingstegnieke gebruik.So Pasop as jy korrels op die water sien.
Planthond raak nie mak nie. Die voerder gaan die voer word
Baie bly ek woon nie in die Bonnievale omgewing nie. Voorspoed met die vang van die krokodille. Hoeveel soek hulle?
Vraag is gaan die waarheid vertel word. Plekke soos daai moet voorsiening maak vir uiterse veiligheid
Freeeeeedom!!! :D
Passop vir dikkekrokke!
Krokodille is n euwel en nes slange moet hulle ten alle koste uitgeroei word. Hoeveel riviere en damme in SA is besmet met hulle?
Waar van praat jy !? Hulle is deel van die ekosisteem om balaans te bring, alby van hulle. Iemand moet asb terug gaan skool toe
Ek dink die eienaar/s van die krokodilplaas moet verantwoordelik gehou word want die publiek se lewens word nou in gevaar gestel.
Why is no one explaining just how they escaped?