Groot groep wat Woolworths boikot in hegtenis geneem

Van die betogers Saterdag in Woolworths. Foto: Khusela Sangoni @KhuselaS / Twitter

Van die betogers Saterdag in Woolworths. Foto: Khusela Sangoni
@KhuselaS / Twitter

57 mense is Saterdag by die Woolworths-winkel in Killarney Mall, Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle daar betoog het as deel van ʼn veldtog om Woolworths te boikot.

Konst. Thabo Malatji, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die betogers het by die kettingwinkel ingegaan en begin om klante te steur. “Hulle is weens openbare versteuring in hegtenis geneem,” het Malatjie gesê.

Die betogers word verbind aan ʼn veldtog om Woolworths te boikot aangesien die groep voortgaan om handel te dryf met Israel ná die uitbreek van die oorlog in Gasa.

Tasneem Essop, wat gehelp het om die betoging te organiseer, het gesê van die mense wat in hegtenis geneem is, is minderjariges.

“Dit is verregaande en druis in teen ons waardes,” het Essop gesê.

Sy het gesê die groep het vreedsaam betoog. Hulle het in die winkel ingegaan en met hul plakkate op die grond gaan lê.

Essop het verduidelik dat die aktiviste nie binne-in die winkel in hegtenis geneem is nie, maar reeds buite die winkelsentrum was toe die polisie opgedaag het. Dit is in dié stadium nog nie bekend of die betogers nog in aanhouding is, of reeds op borgtog vrygelaat is nie.

Woolworths het in reaksie gesê die veiligheid van hul klante is sy “hoogste prioriteit”. “Ons het nie ʼn ander keuse as om plaaslike owerhede in kennis te stel as ons klante en werknemers se veiligheid in gedrang is nie,” het Woolworths in ʼn verklaring gesê.

“Die polisie het die betogers se aktiwiteite dopgehou en die nodige optrede geneem toe hulle van mening was dat die betogers die wet oortree het. Woolworths het niemand in hegtenis geneem of enige klagtes aanhangig gemaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ian ·

450 Poskantoor werkers le die hele land se ekonomie lam maar geen van hulle word gearresteer nie. n Maatskappy wat openlik rassisties is teenoor hul grootste ondersteuners laat vreedsame betogers arresteer. 1 + 1 is nie 2 nie.

Johann ·

Inderdaad vreemd dat Tasneem Essop dit vreemd vind dat minderjariges gearresteer is in die geval. Tasneem, dit was seker minderjariges wat betoog het hartjie.
Dit is algemeen dat kinders deur barbare gebruik word vir politieke gewin, baie dieselfde as wat kinder arbeid gebruik word in lande waar daar nie mense regte is nie, soos Indië en China byvoorbeeld.
Probeer gerus volgende keer in winkels wat met die lande handel dryf optogte te hou. en laat maar die kindertjie tuis, ons is nou oppad om te “ontwikkel” sien, twintig jaar al.
Woolworths is wel een van die hoof handelaars met meeste verontagsaming van redelike handels beleide, en ek steun dus die boikot teen hulle.

johan ·

Dit druis in teen Tasneem -hulle se waardes. Watter waardes? Dit pla julle nie om minderjariges te misbruik vir julle doel nie, en ook nie as julle lieflinge in Gaza kinders in die vuurlinie sit nie. Nee wat gee hulle gas. Woolworths, mag julle van krag tot krag gaan. En so ook Israel…

Babs ·

So word kinders geleer om opstandig te raak. Moes eerder agter hulle boeke gesit het om iets tussen hulle ore te kry. Volgende betoging seker weer teen dept van onderwys omdat hulle nie in die eksamens slaag. Hulle moenie eers by ‘n winkelsentrum toegelaat word.

Bobby ·

Ja Nee Woolies julle kan nie julle brootjie aan beide kante gebotter he nie. Dit is tyd om standpunt in te neem. Kapitaliste van die vorige regime soos Woolies gaan swaar kry noudat hulle ware kleure raakgesien word deur die gewone man op straat.

Smiley ·

Ongelukkig sien almal nou weer net die “kinders” raak en nie die mense wat opstaan vir reg en verkeerd nie. Dalk moet meer mense optree teen Woolies en hulle rasistiese aanstellings beleid. Bool ondersteners wat anti jag is maar tog te lekker wildsvleis in van hulle takke verkoop.
Lankal besig om hulle te boikot, wens net meer mense se oe wil oop gaan.

MartinLJ ·

Stem saam Smiley.
Woolies moes lankal op hul plek gesit geword het. Bv: Vergelyk hulle pryse, vir presies dieselfde items van ander winkels. Dis omdat meeste mense nie meer ruggraat het nie.

Grassie ·

Ek koop al vir donkie jare lank klere by Woolworths en het nog nooit ‘n probleem daarmee gehad nie. Alle groot besighede loop ewe veel deur met swart bemagtiging. Gaan kyk maar by al die ander groot klerewinkels of daar blankes in diens is. Woolies was net dom genoeg om openlik te sê dat hulle nie meer blankes in diens neem nie. Verder is dit goed dat hulle met Israel handel dryf, dan kry hulle ten minste hoë kwaliteit voorraad wat deur witmense geproduseer word.

Pieter ·

Nou ja dan, weer die aanslag op die Christene deur die “ander”. Wie is nou weer in beheer hier? die selfde wat reg oor die wêreld ons Christene vervolg en vertrap…. Ek kan nie dink dat mense hulle self kan verlaag met simpatieke kommentaar vir hulle nie?? waar is jou ruggraat AFRIKANER CHRISTEN? Moet ons dalk betoog teen die handel tusen Suid Afrika en ander midde-oostelike lande waar ons Christene vervolg word?? Die besluit is maklik.. JY is of vir dit of teen dit, maar JY kan nie tussen of vir alby wees nie. Ek ondersteun Israel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.