[Foto’s] Groot haelstorm tref Bloemfontein

‘n Groot haelstorm het Bloemfontein Donderdag laatmiddag getref. Die haelstorm het die noordelike dele van Bloemfontein onder ‘n spierwit, yslaag bedek. Die haelstorm het kort voor 18:00 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

peanut ·

Dis erg.
Ek bid vie elkeen wat verlies gelei het dat daar uitkoms sal wees.
Veral vir die boere wat dalk landerye of diere daar buite het, baie sterkte en mag jul verliese beperk wees.

Johann Marx ·

18 jaar lank ‘n dakbouer…..18 jaar terug het ons sagte reën vir dae gehad….en sagte sonskyn daarna. 18 jaar later gebeur alles in die oortreffende trap…as dit nie ‘n verskriklike droogte is nie, is dit verwoestende storms en hael….en die son skyn nie meer nie, hy brand jou aan flarde. Al die “tekens” van die seisoene is ook met omtrent ‘n maand “uit”…..Junie se koue kom in Julie, Augustus se winde waai in September, September se “laaste koue” kom in Oktober…..boere se lente-reën val in Desember….gaan kyk maar.

Vytjie ·

Ek nou die dag erens gelees dat ons verjaardae tekens hersien word want die stere het effe geskuif en stem nie meer ooreen met datum en dag wat jy verjaar nie… so ja als skuif

Natuur ·

Dis hoekom dit Moeder Natuur is en nie Vader Natuur want die Tannie maak net soos sy wil en almal is magteloos.

Rina Pretorius ·

iets positief uit die hele ding, elke haelkorrel word water en ons het die water so nodig, dankie Vader vir dit. Ek hoop daar was geen groot skade nie.

poenie duvenage ·

EN as daar baie weerlig was is daar baie stikstof very gestel

Rugga007 ·

Ek bly in die episentrum waar die storm op sy ergste was. Omtrent 50mm in 10min geval,plek plek het die hael n halwe meter gelê, die skade in die omgewing is groot, maar ons staan dankbaar teenoor die HERE vir die uitkoms. Mense die Vrystaat is woestyn droog.

C ·

Sjoe maar dit lyk erg, maar ek is so dankbaar die Here is besig om vir ons ‘n uitweg voor te bereid vir hierdie geweldige droogte. My innige simpatie aan almal wat skade gelei het. Ek dank u Hemelse Vader vir elke druppeltjie reen wat u sover vir ons gestuur het. Ons het dit so nodig, selfs al moet dit nou in die vorm van hael wees.

Marianne ·

Terwyl die weer in die verte begin dreun loop my kleinman op die stoep uit, you sy handjies en bid.
Nadat die reen geval het se hy: “mamma ek het Jesus gevra om die bokke bymekaar te bring en baie baie reen te gee…..” Hy kyk na my en se: “mamma Jesus het gese dis okay, Hy gaan oral reen gee, ons moenie worry nie.”
DANK U VADER – MY KIND SE ONSKULDIGE GEBED IS VERHOOR.

Lala ·

Nog n goeie ding…liquor city het darem nou weer genoeg ys in voorraad? :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.