Groot hartseer oor baba Mienke: ‘God het die laaste sê’

Verna en Mienke (Foto: Facebook)

Die dokters se woorde het die Mulder-gesin van Mbombela (Nelspruit) yskoud gelaat: Dié gesin moes Donderdag hoor klein Mienke, hul sewe maande oue baba wat laat-Augustus byna by ʼn dagsorg dood is, sal waarskynlik die res van haar lewe gestremd wees.

Selfs al eggo die dokters se woorde steeds in hul gedagtes en selfs al is dié seer erger as enigiets wat hulle al ooit in hul lewe moes verwerk, sal die egpaar áánhou bid en hoop vir volkome herstel, vertel Ryno en Verna Mulder, Mienke se ouers.

Mediese personeel het Donderdag aan die gesin gesê alle toetse dui daarop dat klein Mienke moontlik nie sal herstel nie, dat sy gestremd sal wees en waarskynlik ook nie sal kan loop of ooit weer ʼn “normale” lewe sal kan lei nie. Dit is waarskynlik omdat ʼn “belangrike deel” van haar brein erge skade opgedoen het in die oomblikke wat sy sonder suurstof was.

Maroela Media het vroeër berig klein Mienke is op 25 Augustus na die hospitaal gehaas toe sy glo aan melk verstik het. Volgens mediese personeel was sy ʼn geruime tyd sonder suurstof en sy is sedertdien in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal. Die gesin het vroeër gevra vir “net gebede” en vertel dat hulle vasklou aan hul geloof.

“Ons was gister ongelooflik emosioneel, ons het nie eens met die dokters gepraat nadat hulle die nuus aan ons oorgedra het nie,” het Ryno Vrydag vanuit die hospitaal gesê. “Dit was nie die nuus waarop ons gehoop het nie, so natuurlik is ons verpletterd. Ons harte is baie seer – maar dit gaan ons nie keer om steeds te glo nie.”

Ryno sê die gesin is in dié stadium te emosioneel om oor die toekoms te besluit. Hy sê die egpaar pak die lewe deesdae dag vir dag aan. Volgens hom kan die dokters ook nie ʼn prentjie skets oor hoe die toekoms gaan lyk en of sy moontlik sal kan herstel nie.

Verna en Mienke (Foto: Facebook)

“Selfs met die donkerste woorde van die mediese personeel sal ons bly glo. Ons sal bly bid vir volkome herstel. Die dokters kan nie vir ons sê hoe dinge in die toekoms sal lyk nie. Die enigste ding wat ons dus het, is ons geloof en die gebede van duisende mense wat ons ondersteun.”

Verna het Donderdag in ʼn Facebook-inskrywing op die Please Pray for Mienke-Facebook-blad oor die gesin se hartseer gepraat. Meer as 15 000 lede het in minder as een maand by dié groep aangesluit om die egpaar te ondersteun.

“In een sekonde het dit gevoel of ons wêreld uitmekaar val. [Daar is] duisende vrae. Hoekom? Waarom? Trane van hartseer en pyn loop onophoudelik. Ons ken nie altyd die antwoorde op al ons vrae nie, en almal sê alles gebeur met ʼn doel, maar dan wonder ek wat is die doel hiervan? Sy is net so klein en onskuldig en het nog ʼn hele lewe voor haar.

“Ek wil net weer jou laggies hoor as mamma jou kielie of vir jou gesiggies trek. Jy moet nog saam met jou twee sussies by die trappe of en af klim en fietsie ry en bal skop en alles doen wat kinders veronderstel is om te doen. Maar my pop, God het die laaste sê. Ons hou aan bid vir volkome herstel en dat die liewe Vader haar brein ten volle sal herstel. Geen kind verdien dit nie. Geen ouer verdien dit nie. Mienke my pop, mamma is so jammer. My hart is in stukke gebreek. Maar weet net my liefde vir jou is meer as ooit en ek sal jou handjie nooit los nie.”

Die Facebook-blad Please Pray for Mienke gee daagliks meer inligting oor Mienke se vordering. Vir meer inligting besoek Please Pray for Mienke op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Letitia ·

God is in beheer. Hou net aan bid en vertrou. Die dae van wonderwerke is NIE verby nie. Sterkte

Rika ·

Ek glo steeds met my hele hart dat Mienke Pop ten volle gaan herstel, ons dien n lewende God wat daagliks wonders doen. Ek is heeldag op FB net om n brokkie inligting oor Mienkelief te kry en dit het my gebreek toe ek die nuus lees. Maar ons as gelowiges sal nie opgee nie…

Gys ·

Hoekom het God nie die insident in die eerste plek voorkom nie?

Ja ·

Dit sal fantasties wees as Mienke herstel. Maar dit sal geen godgegewe wonderwerk wees nie.

Elma ·

Sterkte vir julle gesin en wonderwerke gebeur nog. Bid vir julle

Charize Marais ·

Dis so hartseer. Ons dogtertjie is 2 dae voor haar eerste verjaarsdag aan longontsteking oorlede. 27ste Julie 4min voor 12 die aand. Haar hart het 2 keer gaan staan en n paar dae later is ons gese dat sy CP het. Hulle kon nie se hoe erg dit sou wees nie maar sy sou ook nie meer “normaal” wees nie. Dit het gelyk of sy beter word en toe skielik is sy breindood verklaar. Haar organe het ingegee maar haar hart het steeds geklop. Hulle moes haar op masjiene hou tot haar hart self ophou klop het. Dit was n bitter seer tyd en mens sal dit nooit vergeet nie. Mens sal nooit verstaan hoekom nie. So klein en onskuldig. Moet nooit hoop verloor nie. Sy is n pragtige, sterk dogtertjie. So spesiaal. Sterkte

Bokkie ·

My seuntjie het op 5 maande ook opgehou asemhaal agv van brochitus op die longe en die dr se woorde dieselfde gewees dat hy nooit normaal sou voorkom nie,Hy het ook suurstof na sy brein verloor.Hy het Woensdag 4 geword en is dood normaal,ons het net aangehou bid en vas geklou in geloof,bly op julle kniee vir hierdie klein mensie en ons weet ons Pappa daar bo weet van beter,julle gaan terug kyk na hierdie oomblik en julle sal ook kan getuig eendag as sy ouer is.Liewe Jesus hou hierdie lyfie styf vas in sy arms.Sterkte julle

Lee-Anne ·

Amen. Ons moet sterk staan in ons geloof ek weet in my hart dat Klein Mienke sal ten volle herstel. My Abba Vader doen nie halwe werk nie. Sy Seun het vir ons gestef aan die kruis. Ek spreek die Bloed van Jashua oor kKlein Mienke se liggaam en bid vir genesing. Ek bid vir n wonder werk wat die Medesie sal verstom want my Vader is die Alfa en Omega die begin en die einde. Die skepper God van die heelal. Niks is onmoonlik nie. Dit alles bid ek in Jashua se Naam.
Amen

MissDemeanor ·

Bokkie ek is baie bly jou seuntjie het oorleef en herstel. Hy het duidelik meer suurstof gehad as wat die dokters gedink het en kinders se breine groei nog en kan beter herstel as grootmense se breine.

susan du Toit ·

By God is niks onmoontlik nie ons Glo nog daar
gaan ‘n wonderwerk gebeur. Ryno jy is altyd
die sterk een by die kantoor bly op jou kniee
ons bid saam gee nie moed in nie Liefde

Leonette ·

Toe ek jou post vanoggend op Facebook sien het ek in trane uitgebars. Ek ken julle nie eens nie, maar die slegte nuus het my so ontstel. Ek het saam met die ander lede so gehoop dat die dokters vir julle goeie nuus sal gee. Maar soos ek daar ook gesê het, ek sal nie ophou hoop, bid en glo dat jou poplap volkome sal herstel nie. Baie sterkte vir julle.

Pierre ·

Baie sterkte aan julle as gesin, mag God julle deur hieride tyd dra.

Ek bid net ·

Ek bid en bid net vir julle en klein Mienke, mag die Vader se Hand oor julle wees. Sterkte vat dit dag vir dag en stimuleer haar elke oomblik, elke dag, stel ‘n familie/vriende span op en maak beurte, dit sal haar baie help om die beste te bereik wat sy kan bereik, dalk nog heel normaal, maar ek verstaan groot besering, maar stimulasie het ‘n ongelooflike goeie uitwerking op die brein en natuurlik voeg Geloof by!!!!!

DEON ·

Mienke ons bid vir jou en jou familie. Hou vas aan God se woord. Vir die mens is dit ontmoontlik,maar by God is alles moontlik.

Bettie ·

Verna en Ryno, as God haar vir julle kon terug gee dat sy lewe, gaan ons BLY GLO dat hy haar volkome gasn herstel!!! Ek bid saam met julle.

Antheny ·

Die God wat ek dien, is ‘n Lewende God, wat alles weet en by Hom is niks onmoontlik nie. Ons verstaan nie altyd God se plan nie. God doen dinge op Sy manier en Sy tyd. God se plan is nie altyd wat ons wil he dit moet wees nie, daarom moet ons nooit ophou glo en bid nie. God se plan kan ons breek as ons nie knielend bly voor Hom nie, of Sy plan kan ons soos arende ver oor die storms vlieg. Baie van ons is selfsugtig, want ons vra altyd: ” hoekom- of waarom “ek””, maar met wie anders wou ons gehad het moet dit mee gebeur….. Ek was doof in my linker oor en half doof in my regter oor. My ouers het dit eers uit gevind toe ek 10 jaar oud was. ‘n Pastoor het vir my gebid en God het my laat hoor. Vandag gebruik ek geen gehoor aparate nie. In 1996 was ek in ‘n tref en trap ongeluk. Twee weke na die ongeluk , het ek begin epileptiese aanvalle kry. In 2004 het dieselfde pastoor weer vir my gebid en sedert daardie dag, het ek nog nooit weer ‘n aanval gekry nie. Dit was ook die laaste keer wat ek ‘n aanval gehad het. God is Liefde en God is Genadig. Bly aan Sy sy en hou Sy hand want Hy sal nooit jou hand los nie en asb moet NOOIT OPHOU GLO. Sterkte, God seen julle.

Santie ·

Ek het onlangs na die program “‘n Lewe Met…” gekyk. Ouers wat deelgeneem het aan die gesprek van soortgelyke omstandighede, het vertel dat hulle onmiddelik met oefeninge vir die brein en liggaam begin het, en hulle kind het baie beter daarvan af gekom as wat voorspel is. Bid en spreek lewe. Sterkte

MissDemeanor ·

Sonder twyfel het die oefeninge meer gehelp as die gebede. As mens heeltyd op jou kniee is en wag vir genade, en niks doen nie dan gebeur niks nie. Ek hoop Mienke herstel. Regtig ek hoop so. Dis verskriklik wat gebeur het. Ek hoop haar ouers kyk na opsies vir fisioterapie, arbeidsterapie, medisyne soos modafinal en ander middels wat bloed/suurstof toevoer na die brein verhoog.

Indigo ·

Hi Mienke is 7 maande nie “maand oue baba ” soos in die heel eerste paragraaf genoem word nie. Ons hou aan bid en hoop en vertrou dat God jou sal genees klein lief kind.

Dalene de Vente ·

Dagsê Indigo

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Charlene beukes ·

GOD het reeds n wonderwerk gedoen om haar weer lewe te gee hou aan glo en vertrou HY is nog nie klaar nie. Die hoekom en waarom het ook n doel want hy het n instrement nodig om die wereld te wys HY is n lewende GOD mense glo mos net wat hulle sien

Wendy ·

Ons bid kliphard saam met julle en ons glo dat daai klein lyfie volkome sal herstel en nog die wêreld vol sal hardloop! By God is niks onmoontlik nie. xxx

Ansie ·

Moenie ophou bid nie. My seun was in 1999 na sy nek in ‘n motorongeluk gebreek was verlam en na baie gebede en smeking kon hy na 2 maande weer loop .

Peanut ·

Sterkte aan jul almal. Here hou asseblief U hand van genesing oor Mienke gee haar asseblief die krag en genade om terug te veg en dat sy volkome sal herstel. Ek vra dit in U heilige naam Amen.

michele opperman ·

God is in beheer en is ALMAGTIG! Ons bid/vertrou saam met julle op volkome restorasie/herstel

Marisa ·

Ons as Williams gesin bid vir Mienke en vir haar familie…Gebede word geantwoord en ons hoop Mienke herstel ten volle…

Anneleen de kock ·

Goeie dag,

My hart gaan uit na julle toe. ek het so gehuil toe ek jou storie lees. dit het my terug gevat na 1991, sy was ook net sewe maande oud toe die ongeluk gebeur het. My dogter Annatjie het n nek besering opgedoen ook by n dagsorg, sy is verlam van haar nek onder toe, dit gaan nie maklik wees vorentoe nie. dis n moeilike pad wat voorle. maar moet nooit ophou glo en vertrou op God nie. hy dra ons nou al 26 jaar met haar haar en sy is net n vreugde vir ons. sterkte en groete Anne

God is good!!! ·

Mienke ons gaan nou as gesin stil raak en vir jou bid. Maak nie saak wat ons omstandighede is nie en watter seer of aanvalle ookal oor ons pad kom nie, God is en bly groter as dit alles en Sy wil eerste en in alles is liefde en Hy gee healing, Jesus se woorde was altyd eerste ‘heal the sick and then say the Kingdom of God is near’ ons moet soos in James as die elders (gelowiges) saam staan en bid vir healing en vas hou by wie God is, nie wat ons in die gesig staar of wat ookal gebeur het nie, God is God en Hy is lewe. Dankie vir die voorbeeld dat julle vas bly staan in julle geloof,hierdeur word saad gesaai en mag die Heilige Gees dit laat groei en multiply en die eer alle eer terug gaan na Hom alleen, want Hy alleen is the Lord of Heaven’s Armies, the King of all Kings, the Lord of all Lords!!!

Anneleen de kock ·

Goeie dag,

My hart gaan uit na julle toe. Ek het so aan my dogter gedink wat ook op sewe maand by n dagsorg n nek besering opgedoen het. sy is verlam van haar nek af onder toe, maar is vir ons en ander n groot aansporing want sy lag altyd en is altyd gelukkig. God het ons al die jare gedra en ek glo hy sal julle deur alles vat. Groete

MissDemeanor ·

Sterkte vir julle pad voorentoe met jul dogter. ‘n paar dekades gelede was die lewe baie moeilik vir gestremde mense, dis nogsteeds nie maklik nie. Maar ek dink nou word daar meer geleenthede beskikbaar vir mense met gestremthede en openbare plekke word meer toeganklik. Ek hoop dat jul dogter se lewe so naby aan normaal as moontlik lan wees. Leer haar asb dat sy tot alles instaat is en dat sy nooit moet voel asof sy tekort skiet nie. Sy en ander gestremde mense is waardevolle lede van ons samelewing.

Sherize ·

Ons bid vir jou mooiste Mienke. Verna en Ryno, my gebede is met julle, Sterkte aan julle en aan julle gesin.

Gesiggie ·

Dit breek my hart… so n pragtigge engel kind.. Verna en Ryno onthou.. die Dokters kan haar behandel, maar slegs God kan haar genees.. en vandag Glo ek ek uit my Hart dat met al die Gebede sal en gaan God aan Mienke n nuwe lewe gee, waar sy gaan stap, hardloop en saam haar twee sussies trappe klim en fiets ry…Bly Glo.. En in Jesus naam Dankie Jesus vir die Wonderwerk in Mienke se lewe.. AMEN. Hoop om gou die Klein Engel kind se wonderwerk te lees…. Alles wat mooi is vir jul.

Ja ·

Snaaks ….sonder dokters wat behandel vaar God se genesing nie so goed nie.

Geurt Bloem ·

God sal help en al die mense se gebede vir julle dogtertjie, hoor Hy. Glo net in God, sy seun Jesus Christus en die Gees van waarheid, die Heilige Gees!!

Mads ·

Ek is so verskriklik hartseer vir julle. Stap die pad saam met ons Grootste Geneesheer want niemand kan voorspel wat Hy beplan nie. Ons God is ‘n God van wonderwerke wat enigiets of iemand verkeerd kan bewys. Hou moed, glo en staan sterk in jul geloof. Mienke jy is pragtig ‘n regte engeltjiekind en jou groot Pappa is met jou en mamma en pappa. Baie sterkte ek weet ons gaan nog weer lees van hierdie wonderkind wat wonderbaarlik genees het xxx

Ook n ma ·

Ekt ook kinders, 2 van hulle en jongste is maar 4.5 maande. Ek kan my nie in dink hoe die ouers en familie moet voel nie. Ek sal my kop verloor as enigiets met my kinders moet gebeur.

Baie sterkte aan klein Mienke se mamma en pappa. Ons glo bid en vertrou dat sy volkome sal herstel! Xxx

Andre ·

Moet nooit ophou hoop en vertrou nie. Die byna onmoontlike is altyd moontlik. Dokters het al baie wonderwerke beleef wat heel teenstrydig met hul diagnose was.
Om dit 1 dag op n slag te hanteer is basies die enigste manier.
Baie sterkte vir julle.

Anthea ·

Ek was omtrent 4 of 5 toe my niggie my op haar rug dra en om die huis hardloop soos ons as kinders speel. Ek val toe uit haar arms van haar rug, op ‘n steen drein op my agterkop en breek my skedel. Die skok en swelsel veroorsaak epileptiese aanvalle en ek was vir omtrent meer as 6 maande by rooikruis kinderhospitaal onder masjiene. Ek moes ook nooit loop nie en sou ook glad nie normal wees nie agv breinskade. Vandag is ek 35 jaar oud, loop, spring, hardloop, redeneer, van die slimste kinders op skool, verder studeer, 6 promosies agter die rug en ‘n bestuurder by my werk. Glo en vertrou op God. Hy sal haar beskerm, versterk en wonderwerke verrig. Dit breek my hart om te hoor van haar. Sal haar en julle in gebede hou.

Helien ·

Anthea dit is so waar ons moet net glo in God se genade. Niks is te groot of te klein vir Hom nie.

HK ·

Julle is wonderlike ouers vir wonderlike kinders! Moet nooit ophou glo nie, hou moed! God is Almagtig, die begin en die einde, die Groot Geneesheer. Is daar iets prakties waarmee ons kan help?

Glo ·

My baba dogtertjie het op 9 maande salmonella breinvliesontsteking gekry. Na haar hartjie ook 2 keer gaan staan het en na eindelose aanvalle was sy toe heel verlam aan haar linkerkant van kop tot toon. Scans het aangedui dat daar brein skade was. Ek het nie na die dokter daarna geluister nie, uit die vertrek gestap en geweier om dit te glo, en het geweet my baba sal okay wees want die Here het vir ons so gese. Vandag is sy al 3, vol lewe en geen meer teken van brein skade of verlaming nie. God is groot, GLO en vertrou net in Hom. Alle sterkte mamma en pappa..ek glo in wonderwerke, my dogtertjie was een en julle pragtige Mienke sal ook wees.

LG Erasmus ·

Ek lees Mienke se storie en ook die ander stories van hartseer en my hart skeur vir julle almal. Maar ek sien ook dat daar steeds ‘n lewende christelike geloof onder ons mense is en dit maak my hart weer warm. Slegs ons Hemelse vader ken die antwoorde op al ons beproewinge en Hy het die oplossing vir elkeen van ons se probleme. Hy is ‘n God van liefde, alhoewel ons somtyds twyfel daaroor want dit lyk nie vir ons so nie, maar wees net geduldig en sonder dat jy dit dadelik agterkom verbeter ons lewens en omstandighede stelselmatig. Glo sonder voorbehoud in God, aanbid en prys Hom sonder ophou en hoop en vertrou dat julle gebede gehoorsaam sal word maar onthou Sy wil geskied en dinge gebeur op Sy tyd. Daarom vra ek vir jou wat hier lees om saam te bid en nie net vir Mienke nie maar vir almal wat hierdie liefde, genade en vertroosting van ons Vader God nodig het en wees verseker my gebede vir julle is ook besig om te werk. Sterkte en hou moed.

Johan ·

Ek is verstom oor soveel mense wat getuies oor hul eie ervarings lewer op Mienke se fb blad…dit bewys daar is hoop, moenie opgee God is in beheer. Sterkte

Cherokee ·

my liefde vir jou is meer as ooit en ek sal jou handjie nooit los nie……………… mag GOD jou seën

VM ·

Kleine Mienke… Godsgeskenk! My seun het die sig in sy regteroog verloor na ‘n krieketongeluk. Hy was 13. Hy is vandag 18 en het steeds geen sig in die ogie. Sy oog ‘lewe’ steeds en hy weier volstrek om sy oog met ‘n prostese te vervang. Want… wat as die Here eendag ‘n wonderwerk gaan verrig en hy moet verduidelik hy het sy oog vervang want hy glo nie in die Here se wonderwerke nie? Amen my kind. Ons God is groot!

ELIZE ·

Kindertjies word aan ons geleen , hul kom ook om ons te leer, hul lyfies klein,maar tog sterk, wonderbaarlik hoe hul kan veg, en wat hul kan deurstaan. Uiteinde sal dit wat moet, wees! Dus maak net die nou saak, en is daar altyd hoop vir more. God is in beheer! Ek bid vir die Klein poplap vir volkome herstel vir krag en wysheid vir haar ouers om sterk te kan staan!

Hartseer ·

Baie sterkte en onthou by God is alles moontlik en is Hy steeds die groot geneesheer. Sterkte en gebede steeds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.