‘Groot hartseer’ oor Mbani, die geliefde swartrenoster

Mbani, die Nasionale Dieretuin in Pretoria se swartrenoster. Foto: Verskaf

Mbani, die Nasionale Dieretuin in Pretoria se geliefde swartrenoster, is vanoggend (Maandag) onverwags dood.

“Dit is met groot hartseer dat die Nasionale Dieretuin ons geliefde Mbani groet,” het die dieretuin in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê.

Luidens die verklaring het ’n akute geval van koliek Mbani vanoggend getref. Die dieretuin se veeartse was vanoggend by hom en het alles in hul vermoë gedoen om hom by te staan tot sy laaste asemteug.

Mbani was 26 jaar oud. Hy is in 1993 in die dieretuin se Mokopane-sentrum gebore en sedert 1998 ’n inwoner van die Nasionale Dieretuin.

Maroela Media het vroeër berig die swartrenosterspesie is nou nader aan uitsterf as ooit tevore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.