Groot hartseer tref voormalige plakkerskampatleet

Irene van Niekerk

Irene van Niekerk, die plakkerskampatleet van Krugersdorp wie se verhaal talle mense wêreldwyd aangeraak het, en haar familie is in rou gedompel ná die afsterwe van haar ma, ook Irene (55), wat ʼn kampvegter vir arm mense was.

“Irene vat dit baie erg. Hulle was baie na aan mekaar,” het ʼn verslae Hugo van Niekerk (54), Irene snr. se man, Dinsdag aan Maroela Media gesê nadat sy vrou Vrydag oorlede is.

“Irene [snr.] het komplikasies ontwikkel nadat sy sowat vier maande gelede ʼn obstruksie in haar derms ontwikkel het. Sy het vir lank pyn gehad en verskeie dokters gaan sien wat maar net vir haar medikasie gegee het wat nie gewerk het nie.”

Paul het begin Junie sy voet neergesit nadat sy vrou nie beter geraak het nie en daarop aangedring dat sy Leratong-hospitaal toe gaan, waar sy in die waakeenheid opgeneem is.

Irene van Niekerk snr. Foto: Via Facebook

“Haar binnegoed het basies geskeur en haar liggaam vergiftig soos as ʼn mens se blindederm bars. Sy het in ʼn stadium beter geraak, maar sedert verlede Saterdag het sy agteruitgegaan en die infeksie het tot orgaanversaking gelei. Sy was sedert haar opname omtrent die heeltyd in waakeenheid.”

Paul en Irene snr. was die opsigters van die Kroningspark-woonwapark wat in 2014 deur die Mogale City-munisipaliteit toegemaak is. Hulle het hulself daarna in Munsieville gaan vestig waar die gesin sedertdien gebly het.

Paul het ʼn paar jaar terug ʼn beroerte gehad en die gesin se enigste inkomste is sy Sassa-toelaag. Selfs al het hulle self swaargekry, het Irene snr. ʼn passie vir arm mense gehad en as ambassadeur vir arm mense opgetree.

Gemeenskapslede beskryf haar as ʼn hardwerkende vrou wat altyd tyd gehad het vir iemand in nood. Hulle het ook liefdevol na haar verwys as “die ma van Munsieville”.

Irene word op 15 Augustus om 13:00 vanuit ʼn kerk in Newlands in Johannesburg begrawe, waarna sy in die Wespark-begraafplaas ter ruste gelê gaan word. Die kerk moet nog bevestig word.

Buiten Paul en Irene jnr., laat sy ses kinders, tussen 17 tot 36 jaar oud, twee broers en ʼn suster agter. Sy het ook kleinkinders.

  • Irene jnr., nou 19, het in 2013 as ʼn 15-jarige bekendheid verwerf nadat sy as ʼn atleet uit ʼn plakkerskamp meer as 27 goue medaljes ingepalm het en nie enige skoene besit het nie. Sy het dié medaljes vir langafstandhardloop ontvang, ondanks die feit dat albei haar voete erg vermink is tydens ʼn fratsongeluk toe sy klein was. Sy het op sewejarige ouderdom die meeste van haar tone verloor toe kookwater op haar voete geval het.

Hier volg ʼn video wat destyds oor haar verhaal gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Rina Pretorius ·

So hartseer, my innige simpatie aan die familie. Irene jnr jy is ‘n pragtige jong meisie. Sterkte daar vir julle

Deidre ·

Mag God vir jou, Irene en jou broers en susters en jou pa die berusting en vertroosting gee wat julle by niemand anders kan kry, in hierdie hartseer tyd met die afsterwe van jou moeder. Gaan voort in die lewe met jou geloof in God en jou loopbaan in atletiek, GOD sal jou altyd daarin lei.

Jones ·

Net weereens besef ek hoe ongelooflik bevooreg ek is
Ek het nie baie nie
Maar ek was nog nie in haar posisie nie.
Eks so jammer vir jou verlies Irene.
Mag jy n goeie lewenspad voorentoe he
Mag die Here jou seën in alle maniere moontlik

Annie ·

Jou kommentaar is só raak, Jones. Soms is min, genoeg. Ons het altyd iets om voor dankbaar te wees. ♥️
Aan die familie: Ek vertrou dat die Here julle sal dra in hierdie absolute beproewende tyd. Alle sterkte toegebid.

Katrina van Namibia ·

Liefste Irene en familie sterkte en vertrou op God.ek wil jou so graag eendag ontmoet en uitnooi na onse squatercamp in Namibia dat jy jongmense kan ontmoet en motiveer.Alle Sterkte

Jakes ·

Sterkte daar met julle familie……en is regtig nie iemand wat finansieel sterk is wat die mense en Irene self kan help met haar hardloop toekoms oorsee nie??

Valerie ·

Ek het iets oor liefde gelees wat my diep laat dink het. Dat wanneer jy langs iemand aan tafel sit en kyk wat in haar/sy bord kos is: nie om te kyk of die peroson meer as jy het nie, maar om te kyk of sy/hy genoeg het.
Mag ons so lewe.

hannes marais ·

dai witmense bly nie in plakkerskampe nie…ek dink die depaste woord is refugee camp of vlugteling kampe…want hulle is vlugtelinge in hul eie land…….swartes bly in plakkerskampe

Vry hand ·

Nee ..ek dink jy het dit heelltemal verkeerd.. gaan ry bietjie krugersdorp se kant toe..gaan kyk hoeveel wit mense bly in plakkers kampe..dis hartseer en dan is daar kindertjies ook by..hoe sal jy weet wat is die mense se omstandighede. .al wt ek kan se..my hart gaan uit vir enige mens wat in n plakkers kamp bly…en mag die HERE irene op sy hande neem..sy gaan hardloop met GOD. ..LUISTER NA HAAR OP VIDEO

Straatman ·

@ Hannes Marais

Ek verstaan u. Maar die meerderheid het destyds JA gestem! Hoekom sien hulle nie dat dit n groot fout, n baie groot fout, was?

Die Boere/Afrikaner het geen eie land meer!!!

Hoekom staan die Boere/Afrikaner nou nie saam en eis n eie land en n eie staat?

Elke volk op aarde het die reg op n eie land en staat!!!!! OOK DIE BOERE/AFRIKANER VOLK HET DIE REG!

Annerie ·

Ek het nou trane gestort oor die Girl. Dit is fantasties dat sy so positief bly na alles wat gebeur het met haar en haar familie. Ek haal my hoed af vir jou Girla, Jy is n voorbeeld vir ons almal, al verloor mens als jy hou jou kop hoog en gaan voort. Ek glo God kyk na sy kinders en Jy sal nog ver kom.
Kan iemand my net laat weet of sy al skoene gekry het en of sy enigsins iets nodig het, ek sal graag wil help. Ek het nie baie nie maar sal beslis kyk wat ek kan doen. Strongs Girla!!!!!!!

Straatman ·

Liefste Irene en familie. Ek wens julle sterkte na die baie groot verlies. Ek het my verloofde verlore. Sy was ook eers 50 jar oud en ek weet hoe dit voel om iemand, wat jy lief het, te verloor!

Elisabeth ·

Ek sal so graag wil help. Wil sy studeer? Wil sy au pair? Mens kan mos n fondsinsameling hou. Innige simpatie gaan haar nie help nie. Wat van geleenthede.

latie ·

ja ek stem saam moes die inligting gee sodat almal kan haar help om verbeter toekoms

Magda ·

Baie hartseer. Irene staan sterk ek weet waar deur jou gesin gaan. Ek bid vir jou gesin want dit is ‘n leemte wat nooit gevul kan word nie.

Rina Kotze ·

Ai dis hartseer!

My Innige simpatie met Irene jr, haar pa en res van die familie.
Mag die Here julle troos en versterk.

Mike Olwagen ·

Help nie net ons se ons is jammer of hartseer nie. Gaan help daar by die “blanke plakkerskamp” net buite die Krugersdorp Wildtuin op Sunette Bridges se grond. Al gaan lewer mens net bietjie “ou” klere af of enigties dergliks van nut vir die mense. Dis beter hulp as kommentaar op ‘n blog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.