Groot hartseer vir Adam

Adam Barnard (Foto: Facebook)

Terwyl die Afrikaanse sanger Adam Barnard die afgelope paar maande teen neuropatie-sindroom veg, is hy Dinsdag deur ʼn groot tragedie getref.

Barnard se ma, Christie Barnard, is tydens ʼn trompopbotsing oorlede. Die nuus is in ʼn amptelike verklaring bekendgemaak. Volgens die verklaring het die botsing tussen Parys en Sasolburg gebeur. “Christie was op pad om Adam op te laai vir die dialise[behandeling] wat hy in Potchefstroom moet ontvang. Sy is op slag oorlede,” lui die verklaring. “Die ander slagoffer is Adam se goeie vriend van Parys, Ruben Human, se pa, Sarel Human.”

“Ons is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning en liefde. Ons hoop ons kan wees vir ons vriende wat hulle nodig het in hierdie tyd.”

Barnard was die afgelope paar maande in en uit die hospitaal nadat hy met neuropatie-sindroom, wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate, gediagnoseer is. Die enigste geneesmiddel is ʼn suksesvolle nieroorplanting. Die behandeling wat Barnard tans ondergaan sluit onder meer in fisioterapie, arbeidsterapie en hemodialisebehandelings om hom voor te berei vir ʼn nieroorplanting ná ʼn gepaste skenker opgespoor is.

Die musiekgroep Romanz beplan intussen om op 25 Julie vir die eerste keer sedert Februarie 2014 toe die groep ontbind het, saam op te tree ten bate van ʼn geldinsameling vir Barnard se stryd teen neuropatie.

Barnard het verlede maand op Moedersdag hulde gebring aan sy ma deur in ʼn boodskap op Facebook te skryf: “Spesiaal vir my moeder. Dankie, dankie, dankie. Sy is ʼn sterk vrou, maar nog ʼn sterker ma. Wees gebless ma’s!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Carol ·

Wat kan hartseerder wees as dit… so jammer vir die gesin. Mag God julle styf vasdruk en vertroos. Albei die gesinne.

Susan ·

So so jammer ou seun. Baie sterkte en medelye vir jou en familie……

Z ·

Ai tog dis baie hartseer………Jou moeder is nou ‘n engel in die hemel Adam. Sy sal nou oor jou waak en seker maak dat dinge gaan soos dit moet gaan. Baie sterkte vir die geliefdes en familie wat hierdeur geraak word. Bly op kyk boontoe. Dis die enigste antwoord.

Issie Moore ·

Baie sterkte aan jou en familie Adam. Wees verseker GOD het ‘n doel gehad om haar te neem om oor jou te waak. SY is nou jou Engel vir altyd. Sterkte met jou operasie ons hou jou in ons Gebed elke dag.

Liza ·

My innige meegevoel aan jou Barnard weet net waar jou moeder is, sy is veilig………ek dra jou ook op in my gebede dat jy sal gesond word, jy is ‘n besonderse jong man……Sterkte Adam….mag God jou in hierdie tyd dra.

Gert Rossouw ·

Baie sterkte aan elkeen van julle wat deur hierdie omstandighede in hartseer gedompel is. Ons bid julle toe die vertroosting van die Here

Marthie ·

Die lewe is nie altyd wat mens voor vra nie…. God bring troos! Bid jou sterkte toe…

Marietjie ·

Adam my hart gaan uit na jul…. terwyl ek dit lees loop die tranne. Maar weet moeder rus in vrede by JESUS…. God het n beter plan vir jou bly glo en vertrou op God Sterkte met al die reelings. En word gesond xxxx

Hannelie Wes-Kaap ·

Adam mag God jou vertroos in hierdie hartseertyd. Ek kan agter kom jy het ‘n ma 1000 gehad, sy was juis oppad na haar seun om hom by te staan.
Sterkte en ek bid ook spoedige beterskap vir jou toe.

Heila ·

Sjoh………dis bitter hartseer! Baie sterkte Adam en ook vir al haar geliefdes en vriende

Wilma Mostert ·

Baie Sterkte aan Familie. ..Christi was voorwaar ‘n Juweel. ..en Pragtig

Annette Stander ·

Agnee. Hoe tragies! Mag die Vader hulle omvou met sy liefde in hierdie hartseer tyd en ook volkome genesing vir Adam. Hy is so besonders en ek glo dit is omdat hy so ‘n besonderse moeder gehad het

treurgrond ·

Baie baie hartseer . Jammer Adam en familie. Dit is net baie hartseer. Ons almal dink aan julle. God hou asseblief U hand oor hulle.

Marina Pretorius ·

Baie Sterk aan die Familie….Net n vraag? Kan haar nier nie vir hom geskenk word nie.

rb ·

Marina, sy is opslag dood, dus is daar geen bloed toevoer na die organe

sant ·

Ek glo as sy ‘n geskikte skenker was, sou sy dit lankal gedoen het. Ons bid dat familie die troos van die Heilige Gees sal ervaar soos net Hy alleen kan troos. Ek glo jou ma laat ‘n groot leemte in jou lewe, (en die res van die familie). Daardie pad is ‘n baie gevaarlike pad.

Sjoe! ·

Sjoe, baie sterkte ou seun, ons bly bid vir jou vir alles. Ek hoop daar daag n massa op by jul konsert en dat dit n positiewe nuwe begin vir jou is.

Liesa ·

Dis verskriklik verby. Met hoeveel kan ons liggame leef. Ons bid dat God jul sal styf toedraai in sy hand en beskerm om die seer te verwerp.
Sal sy ma se nier gepas wees nie. ?

SO HARTSEER ·

Sterkte vir Adam en familie.
Mag die Here jul vashou in die moeilike tyd!

Ons bid saam vir ‘n geskikte nier! Amen. Dankie Jesus Christus.

sue webster ·

Baie hartseer Adam sterkte vir joy die familie en vriende. Mag Jesus julle vertroosting wees. Mens het net nie die regte woorde nie.

Gert B ·

Met groot hartseer groet ons tanie Christie vandag ons harte is baie seer maar weet die hemel is n engel ryker , dankie vir die tyd wat ek en my gesin gehad om dit saam met tanie en oom louis kon geniet het ons gaan tanie ontseten baie mis. ons sal mooi na adam oom Louis en die res van die barnard gesin omsien rus in vrede

Werner Strübing ·

Ek is so jammer van die groot verlies te hoor. Louis, Adam en familie, ons bid vir julle.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is stomgeslaan. Eers die probleme met sy eie gesondheid en nou die dood van sy ma. Ek weet ook dat niemand dit kan verklaar nie. So jammer vir die familie.

Lisa ·

So hartseer. Bid vir God se liefde en vrede om hul te omvou. Wonder net oor die feite: nefropatie= siekte van die niere of neuropatie= siekte van die senuwees, gewoonlik in ledemate.

Morne Human ·

Met groot hartseer het ons n Pa,Oupa,Broer, Oom en Goeie Vriend verloor, Baie sterkte aan die Human Familie en vriende van Oom Sarel, Aan die familie daar is nie woorde wat die seer kan weg vat nie maar weet die goeie mens wat oom Sarel was sal altyd by ons wees. Sterkte aan die Human en Barnard families wat n geliefde verloor het, ons vra dat die Here julle sal vashou in die moeilike tyd. Rus in Vrede

Johan ·

Nog ‘n plek vir die doodstraf; waar ‘n kop aan kop botsing plaasvind en die skuldige dit oorleef. Want as jy oor daardie witlyn steek is dit doelbewuste verontagsaming van ‘n potensiële gevaarsituasie wat 9 uit 10 keer tot die dood van iemand ly.

Johan ·

Doodstraf nodig waar skuldige persoon witlyn oorsteek en ongeluk oorleef.

Engela de Klerk ·

UITERS tragies! Kon hulle nie steeds sy Ma se nier oes vir oorplanting nie? Ek dink ek het gelees Sy het haarself voorberei om aan hom ‘n nier te skenk.

rb ·

Engela sy is opslag dood, dus is daar geen bloed toevoer na die organe. Orgaan skenking kan slegs geskied, indien die persoon brein dood verklaar.

Zandre Human ·

Dis baie sleg Adam my hart gaan uit vir jou en jou familie ek bid vir julle en sterkte daar…

Ria ·

Sterkte in hierdie hartseer tyd en met jou siekte. Geen woorde sal vertroosting bring nie maar ons sal vir julle bid vir berusting en kalmte in jou gemoed.

Caroll-Ann ·

Ek is so jammer om dit te hoor. Ek het saam met jou ma gewerk en sy is n wonderlike mens gewees. Sterkte en ons bid vir julle in hierdie tyd.

Willie Jansen ·

Adam ons bid vir jou. God sal wel iemand op jou pad stuur om jou by te staan. Innige meegevoel. Jy sal gesond word. Hou vas aan God.

Ansie Geldenhuys ·

Innige simpatie aan die 2 gesinne en hul naasbestaandes. Ons dra kennis van hul seer = het die drif nognie self deurstap voltooi nie – so ‘n intense hartseer beleef ons ook met die voortydige afsterwe van ons geliewe kleinseun en aktiewe krieketspeler.

Hoop Adam kry met groot genade van Bo berusting en baie sterkte met sy siekte. Bid vir ‘n tydige oplossing.

Esme ·

om jou moeder te verloor is n gr

oot verlies net God kan ons krag gee om voort te gaan Ons gebede met diw familie

Magda ·

Staan sterk Adam. Jy en jou gesin in ons gebede. Voorspoed met jou gesondheid. God hou ‘n wakende oog oor jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.