Groot hoeveelhede babamelk vernietig

bababottelDie departement van gesondheid in Noordwes ondersoek waarom ʼn kwart van 20 000 kaste babamelk vernietig moes word.

“Meer as 7 000 moeders wat MIV-positief is, moes die formulemelk ontvang het,” het Tebogo Lekgethwane, woordvoerder vir die departement, Vrydag gesê.

Die Mail & Guardian het berig dat die departement die babamelk ter waarde van R7 miljoen in Mei 2011 aangekoop het, maar versuim het om die melk oor ʼn periode van drie jaar te versprei. Die departement moes gevolglik bykans R2 miljoen spandeer om die vervalde melk in Januarie te vernietig.

Lekgethwane sê die departement moes tot 31 Maart 2012 vir die MIV-babas sorg totdat ʼn nuwe beleid, wat uitsluitlik borsvoeding aanmoedig, ingefaseer is. “Die departement het steeds formulemelk aan die ma’s, wat MIV-positief is, en die melkpoeier benodig het, verskaf,” het hy gesê. Die melk is aan die moeders uitgedeel, maar die departement het glo steeds oortollige hoeveelhede gehad. “Dit was ʼn groot uitdaging in Oktober toe die vervaldatum bereik is. Dit is normaal vir ons om enigiets te vernietig wat verval het.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cylvia ·

Agge nee dit is skokkend. Wil jy vir my sê dat hulle nie eers die oortollige melk vir ‘n kinderhuis of hospitaal kon skenk nie. Maar nee laat dit eerder verval en dan spandeer ons nog geld om dit te vernietig. Lekker man lekker. Geld uitgee is mos al wat hulle kan doen.

Anne-Marie ·

Ek kan nie glo dat hul nie daardie baba formule wat so duur is nie BETYDS kon skenk ander organisasies nie voor dit die verval datum bereik het en hul gemerk het daar is soveel oorskot nie – daar is soveel behoeftige mense wat dit kon gebruik het – dis baie hartseer om sulke goed te lees. Rerig dis nou swak bestuur.

alet ·

Ons moet ons eie melk gekoop het hulle kry dit verniet geen wonder die land is in sy mxxx nie

alet ·

Ons moet ons eie melk gekoop het hulle kry dit verniet geen wonder die land is in sy mxxx

Praetor ·

Miskien n vraag om jul dames hier te vra : Ek as pa sal immers wil weet uit watter speen die melk vir my tjkend…..afkomstig is.
En waar is die “melkbank” nogals, of kom “drop” die manne / vroue dit iewers in lee Coke bottels daar ?
Huh eh. Ek slaat die een oor….dki.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.