Groot hupstoot vir SA danksy Isuzu Motors-belegging

Rob Davies, minister van handel en nywerheid (Foto: Departement van handel en nywerheid via ANA)

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het ʼn groot hupstoot gekry danksy Isuzu Motors wat die Struandale-aanleg in Port Elizabeth aangeskaf het.

Die departement van handel en nywerheid het Sondag in ʼn verklaring gesê die aanleg sal beleggersvertroue in die land verstewig.

Isuzu het verlede jaar aangekondig dat hy die ligtevoertuig-bedrywighede in Port Elizabeth sal aanskaf en die balans van sy aandeelhouding in Isuzu Trucks South Afrika.

Die Japannese vervaardiger het die Struandale-aanleg, wat aan General Motors behoort het, gekoop. General Motors het in Mei 2017 aangekondig dat hy sy belegging in Suid-Afrika onttrek. Dié besluit was “deel van die maatskappy se breër internasionale strategiese herstruktureringsposisie om uit sekere markte te onttrek”.

Isuzu Motors, gekonsolideer in een onderneming wat nou as Isuzu Motors South Africa bekend staan, is van Januarie af in werking en sal Isuzu-bakkies en -vragmotors bou.

Minister Rob Davies het Vrydag tydens die opening van die aanleg gesê die belegging sal verdere werksverliese voorkom. “Altesaam 1 000 poste by die fasiliteit sal gered word en daar is 3 000 poste in die direkte verskaffingsketting en nog ʼn paar duisend by die verskaffingsmaatskappye. Die poste sal ook in die toekoms verseker wees,” het Davies bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jaco ·

En as Ramaphoza se radikale ekonomiese transformasie oor ‘n jaar of gouer inskop, word dié besigheid genasionaliseer en verdwyn die hupstoot vir die ekonomie ook dadelik.

Johan. H. ·

As julle het die projekkie moet duik,,, BBBBEEE dit, Te oulik,,,

Piet Pompies ·

Ons was gedurende Sept 2017 in Port Elizabeth omgewing waar die fabriek is. Daar heers baie opgewondenheid onder die sake gemeenskap oor toekomstige beleggings in die gebied vir die toekoms. Isuzu was een daarvan en dit het waar geword, Dunlop het alreeds verander en groter geword. Vervaardiging skep kapitaal, veral buitelandse kapitaal wat goed is vir ons land. Geluk aan Isuzu en die vertroue in ons land.

Marlene ·

Ek stem saam met jou, weet jy wat kan ek nie verstaan nie as dinge sleg gaan met ons land dan kla die mense as dinge begin beter lyk met ons land se ekonomie dan kla die mense ook of dis een of ander iets. ek dink dis great vir ons land. Ek persoonlik dink dinge is besig om te verander kyk net hoe het die rand versterk nadat zuma bedank het en Ramapoza oorgevat het, hy is op sy sterkste sedart 2014, maar kla sal die mense kla……..,

Jaco ·

@ Marlene
Dis altyd goed om positief te wees anders kan n mens nie vooruit beweeg nie, maar soms verstaan ek ook Suid Afrikaners se negatiewieteit heel te goed toe ek n bietjie gaan naalees, dit was interessant om te sien dat in 1980 was Suid Afrika se werkloosheids koers op slegs 9.2%, en het jy 81c vir n dollar betaal, baie huise het selfs oop erwe sonder alarmstelsels gehad, kan jy dit glo!! Suid Afrika het n oorvloed water en elektrisiteit gehad sonder ENIGE onderbreukings, ons het ook nie geweet wat n slaggat/pothole was nie…..Vergelyk dit nou met die statistieke vandag en maak dit vir die ouer generasie n bietjie moeiliker om positief te wees. Maar hopenlik is ons eendag dalk weer daar…..

Johan. H. ·

Die ou plekkie moet natuurlik ook asb ge BBBEEEE word hoor, Maar ek glo lankal niks wat n politikus se nie, Is die nie n Chinese maatskappy nie,,, Gee ons die ware feite!!!

Piet Pompies ·

Dit gaan oor buitelandse belegging, VW-Duitland, Mercedes-Duitsland, Toyota-Japan ens.
Al hierdie lande en vele meer ondersteun en sit baie geld in SA se ekonomie, dit skep werk, dit bring buitelandse kapitaal in met die uitvoer van voertuie.

Sak ·

Johan.H , Die ware feit is dat hierdie nie regtig n hupstoot vir die ekonomie is nie , dit is bloot n redingspoging om helfte van die ekonomiese bedrywighede van die voormalige GMSA te verseker.

Lientjie ·

Sak onthou toe GM uit die land onttrek het, was Isuzu lankal nie meer deel van GM nie. Vir baie lank al het Isuzu 70% aandele in die aanleg gehad, en nou 100% . Ek werk al geruime tyd vir ‘n GM handelaar, en ja van verlede jaar Mei tot en met November 2017 was dit nie ‘n maklike pad vir ons nie. Ek glo nie die publiek daar buite het geweet wat ons deur gaan nie, maar it was van dag een af vir ons gese dat Isuzu alles gaan oorneem. Dit was og nooit ‘n geheim gewees nie. Williams Hunt het al die Opel regte in SA gekry vir die verkoop en verspreiding van Opel. Wiliams Hunt het besluit wie sy produk gaan verkoop of nie en wil hy isuzu op sy vloer he. Ek is bevoorreg om vir ;n handelaar nou te werk wat al 2 mag verkoop en daarom mag ons nog Chev diens. Opel het al Chev se kontrake oorgeneem vir parte, dienste ( Serv Planne , maintenance planne en waarborge)

Gemaskerde Sopbeen ·

As hierdie maatskappy regtig wil, en hulle vingers uit hulle ore trek, kan hulle ons plaaslike “over-rated & over-priced” Toyotas ‘n go gee….Ek’s lankal lus vir iets anders….

Francois le Cochon ·

Nou gaan ons in SA ook die Isuzu SUV kry. Met die Chev Blazer was Isuzu nie toegelaat om die SUV in SA te verkoop nie. BBEEE is nie ‘n probleem vir klein besighede wat minder as R1 miljoen p/j verdien nie. Vul net ‘n beedigde BBEEE kwytskeldings vorm in.

Chris Ws ·

Die regering moet GM net nooit weer in die land toelaat nie.Ons het GM produkte nie nodig nie.Ek verheug dat Isuzu die aanleg 100% besit!Ek het ‘n onderdeel vir my 11 jaar oue Isuzu gesoek en uit radeloosheid GM hoofkantoor ge-epos met my probleem.Hulle bel my net om te se my voertuig is ouer as 10 jaar so die’ onderdeel sal hulle van Japan af moet bestel.Punt.My skoonseun wat ‘n “master technician” by Kia is het die probleem herstel vir ‘n paar sent en na 5 jaar is als nog reg.GM WOU my nie help nie.Sterkte vorentoe Isuzu!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.