Groot kanonne ontplooi vir komitee oor grond

Argieffoto

Verskeie groot kanonne is deur politieke partye ontplooi op die grondwetlike hersieningskomitee, wat moet besluit oor die moontlike instelling van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika.

Dit is ʼn baie groot komitee, omdat dit lede van die Nasionale Vergadering én die Nasionale Raad van Provinsies insluit. Die gesamentlike voorsitters is twee ervare ANC-LP’s – Vincent Smith (Nasionale Vergadering) en Louis Nzimande (Nasionale Raad van Provinsies).

Smith is van Eldorado Park in Gauteng en is een van die mees gerespekteerde ANC-LP’s oor partygrense heen. Hy was voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste en was ook verlede jaar voorsitter van die ad hoc-komitee wat wanbestuur by die SAUK ontbloot het.

Nzimande is van KwaZulu-Natal. Hy staan bekend as een van die meer oopkop ANC-lede in die raad van provinsies. Hy het al op verskeie belangrike parlementêre komitees gedien, en is geneig om die lyn te volg soos deur sy party neergelê.

ʼn ANC-swaargewig op die komitee wat altyd presies doen wat die partyleiding vir hom sê, is die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, adv. Mathole Motshekga, wat berug geraak het om sy aanvalle op adv. Thuli Madonsela toe sy nog openbare beskermer was, en sy weiering om Madonsela se bevindings oor oudpres. Jacob Zuma se Nkandla-woning te aanvaar tydens die parlementêre ad hoc-komitee se ondersoek daarna sowat vier jaar gelede.

Uit die ANC-kant in die Nasionale Vergadering is daar, interessant genoeg, twee oudlede van die Nasionale Party op die komitee. Hulle is Nick Koornhof van Bellville, wat in 1987 as NP-LP vir Swellendam na die parlement gekom het, en Francois Beukman van Gordonsbaai, ʼn vertroueling van oudminister Marthinus van Schalkwyk, wat in 1999 vir die eerste keer tot die parlement verkies is onder die NP-vaandel.

Beukman is tans voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie.

Die ander twee ANC-LP’s uit die Nasionale Vergadering is minder bekend. Hulle is mnr. Luyiso Mpumlwana van Mthatha en me. Madipoane Mothapo van Mookgophong (Naboomspruit), wat albei op die portefeuljekomitee oor justisie dien.

Aan die opposisiekant word die DA verteenwoordig deur die voorsitter van sy federale dagbestuur, James Selfe van Kaapstad, die voorsitter van die party se federale regskommissie, adv. Glynnis Breytenbach van Pretoria, en die DA se Vrystaatse voorsitter, dr. Annelie Lotriet.

Die EFF-leier, Julius Malema, dien op die komitee met die onderleier, Floyd Shivambu, as instaanlid.

Die kleiner partye word verteenwoordig deur die veteraanlid van die ACDP, Steve Swart, en die dinamiese jong NFP-LP Sibusiso Mncwabe.

Uit die Nasionale Raad van Provinsies dien, benewens Nzimande, ook die ANC-lede Tasneem Motara (Gauteng), Tsapane Mampuru (Limpopo), Moses Mhlanga (Mpumalanga), Dikgang Stock (Noord-Kaap) en Dumisani Ximbi (Wes-Kaap), asook die DA-lid Leon Magwebu (Oos-Kaap).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lerato ·

Mens sou graag verteenwoordiging van die landbou gemeenskap wou sien

Uitsluit ·

Presies. Ek dink die proses gaan tot die totale ineenstorting van die land lei, as dit nie tot groot geweld tydens die eiendomgryp lei nie sal dit tot erge honger lei wat op sy beurt tot groot geweld sal lei, en die land in oorlog dempel. Ons moet of vlug oorsee of ons moet onderhandel vir eie regering.

Sarel Strydom ·

Nee wat ANC in Koalisie met EFF het klasr besluit net tyd sal leer. ANC & EFF se Verkiesingsleuse vir 2019.

Johan ·

Die feit dat julius daar is gaan groot groot probleme veroorsaak….dit is gewaarborg……want hy sy net wat hy wil……en sy uitspraake is altyd rasisties…..so hier kom groot moeilikheid…….hulle keot die leiers van die partye nie toelaat om op komitees te dien nie…..

Paul ·

Man, dit is nou reg. Ek sal graag wil sien hoe Julius ‘n impak het en hoe sy bydrae die uitslag sal bepaal. Ek dink hy moet baie in sy noppies met so ‘n moontlikheid wees.

Aasvoels ·

Dit is ‘n dud van die begin af – hulle gaan in elk geval doen wat hulle wil.

Reguit ·

‘n Spul boosaards om ‘n tafel. Die eindresultaat is reeds bepaal en sal deurgevoer word. Net gekke val vir hierdie poppespel. Daarom emigreer mense.

Vermeendes ·

Maak daai kommitee op net uit EFF en ANC lede sodat die emmer bloet nou maar eenmaal kan omval en klaar kry, maak vuur onder Cyril se pot.
Wit man, maak jou oëol oop, rugby en drank kan jou nie meer beskerm nie, hier kom n burgeroorlog nog in jou leeftyd.

Cherokee ·

Daar sal geen burgeroorlog wees nie. Kyk hoeveel wit name is lede van die ANC. Kyk hoeveel wit mense wat voorgee konserwatief te wees, praat van Ramaphosa en Malema as Cyril en Julius. Daar sal geen burgeroorlog wees nie. Weet jy wat het die mier vir die olifant gesê terwyl hulle oor die brug loop? “Ons laat hom bewe nè!”

RM ·

Hier kom ‘n burgeroorlog.
As jy dit nie kan voel in jou gees en jou liggaam nie, is dit klaar te laat vir jou.

Hulle kom om ons ‘n les te leer sonder genade.

Potlood ·

RM Die enigste wat hier nog gaan les leer / wat gaan val, is die wat onreg doen aan ander! Hulle is so blind van die ondermagte dat hulle nie eers kan sien as hulle, hulle eie arms af kou nie. Dis wat ek voel aan my gees!

jaco ·

Hoekom 3 wit en net 1 swart van die DA? Watse transformasie/regstellende aksie/raskwota-verteenwoordiging is dit? Dis dan alles goed waarvoor die DA gestem het.

White Rhino ·

Vermeendes jy is reg.
Siener het ook geskryf dat die geel slang om dieselfde tafel as die onheil sal sit.Dit is dan wanneer ons moeilikheid gaan begin.Niemand is te vertrou nie
Die vierkleur gaan uiteindelik met die bloed uit die emmer na vore kom en die man van Vereeniging wat die land uitverkoop het gaan in Vereeniging verneder word.de klerk

Callie ·

Een vraag aan Smit van ANC. As witte hoe staan jy daar in hul teenwoordigheid as jy nie een van hulle mense is soos jou president dit stel nie. Vertel ons net hoe werk dit asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.