Groot kettingbotsing op N4 glo weens rook

Foto: Witbank News/Twitter

Foto: Witbank News/Twitter

Minstens 25 mense is Sondagmiddag beseer in ʼn kettingbotsing op die N4 in Mpumalanga. Na wat berig word was 16 voertuie, waaronder ʼn vragmotor, betrokke in dié ongeluk.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die hele hoofweg was versper as gevolg van al die voertuie wat in die botsing betrokke was. “Hewige rook van ʼn nabygeleë veldbrand was glo een van die hoofredes vir die botsing.”

Volgens Meiring het die 25 mense ligte tot matige beserings opgedoen en is niemand ernstig beseer nie. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die botsing het glo naby die Alzu-vulstasie plaasgevind. Die hoofweg is vir verkeer gesluit. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Met alle respek, sou dit rook wees, dan het ons wéér, soos in talle van hierdie soort ongelukke voorheen, te doene met motoriste wat maar net nie ‘n les wil leer uit ander se pyn en lyding. Waarom nie maar ‘kosbare’ tyd verspeel deur STIL TE HOU !!!!
Die plakker agter op die abnormale voertuig het gelees:
“Rather be late than ‘the late’ . . .”
MOENIE DOM DINGE DOEN TERWYL JY BESTUUR. DINK ÉÉRS VÓÓR JY DOEN.
Selfs ek kan dit doen dan is dit tog nie só ingewikkeld.

Charmaine Berry ·

I lived in KZN for 8yrs and no it is not safe to stop along the road either as that is just as dangerous because there isn`t always place to stop. KZN must rather think about how dangerous the smoke is from so called controlled burning but you never see anyone around controlling the fire.

Peet Schabort ·

Charmaine, any road has a shoulder for emergencies. Bridges are difficult to stop on the side and that I agree with. Imagine driving on with a flat tyre or doing the impossible by pushing your vehicle when the engine fails. Then you are looking for real trouble especially on blind corners. Rather stop before the smoke than to find out that all of a sudden you literally go blind and then ?

Peet Schabort ·

But Charmaine, the best of all is that by looking at the photo one can see that between the two roads the grass has not been cut. I am pretty sure that farmers will cut that grass for free if they can have that grass. There surely must be farmers that can answer me on this as there must be something preventing them to do so.
That is why the “Arrive Alive”-slogan is such a big circus.

CHRISTA ·

In die oudae was daar altyd voorbrande langs hierdie paaie gedoen. Hoekom kan hierdie regering nie dieselfde doen nie of weet hulle nie hoe nie???

Peet Schabort ·

Dis onkostes Christa en dan kan hulle ook nie die geld in hul eie sakke steek.
Buitendien is daar ook nie meer werktuie in ‘n werkende toestand.
Kyk ook maar mooi vóór jy afgaan van die teeroppervlakte want daar kan ‘n verskil wees van selfs ‘n halwe meter tussen die twee oppervlaktes.
Maar voertuiglisensies moet jy betaal alhoewel niemand kan sê in wie se sak die geld beland. Weet iemand dalk ?

Ans ·

Daar is te veel kamma wette, gin wonder die mense weet nie wat die regte prosedure is nie. Die kommetees te veel maar niks word regtig gedoen nie. Dit belowe net en die arme nasie vreet alles vir soetkoek op. Ai Ai. Wat nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.