Groot kommer ná meer as miljoen patrone gesteel word

Luidens berigte is ʼn vraghouer met meer as 1,5 miljoen patrone by die Mobeni-nywerheidspark naby Durban gebuit. (Argieffoto: pixabay)

Groot kommer bestaan nadat meer as ʼn miljoen patrone glo tydens die afgelope week se onrus in KwaZulu-Natal gesteel is.

Luidens berigte is ʼn vraghouer met meer as 1,5 miljoen patrone by die Mobeni-nywerheidspark naby Durban gebuit.

News24 het vroeër berig die voorval het Woensdagaand gebeur en dat die ammunisie, wat gewoonlik uit Brasilië na Kaapstad verskeep sou word, na Durban gestuur is. Dit is onduidelik waarom dit na Durban verskeep is.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê daar is bewerings dat iemand die toestemming vertraag het vir die vragmotor wat die ammunisie na Gauteng moes vervoer.

“Die DA is van mening dat dit onmoontlik sou wees vir die voorval om te gebeur sonder die doelbewuste samewerking van etlike polisiebeamptes wat betrokke sou wees by die beskerming van die ammunisie. Die plunderaars sou ʼn omvattende steunnetwerk moes gehad het om dit uit te voer.”

Whitfield het Vrydag tydens ʼn parlementêre portefeuljekomiteevergadering oor die polisie verskeie vrae oor die voorval gehad. Dit sluit in of die polisie kan bevestig dat die voorval plaasgevind en of enige van sy lede vermoedelik betrokke was.

Die DA wou ook weet watter stappe gedoen word om die ammunisie terug te kry, asook hoe dit die polisie se reaksie op die geweld in KwaZulu-Natal raak omdat dit die vlak van bedreiging weens die heersende onrus selfs verder verhoog.

“Kan dit wees dat die beweerde plundering van 1,5 miljoen patrone moontlik nie net toeval was nie, maar eerder ʼn georkestreerde poging om toegang te verkry tot ammunisie om verdere aanvalle te steun?”

Whitfield sê die polisie het die voorval bevestig en sê inhegtenisnemings wat daarmee verband hou, is reeds gedoen. Die ondersoek daarna duur intussen voort.

“Die polisie het egter die geleentheid laat verbygaan om te verduidelik of enige polisiebeamptes betrokke was, as in ag geneem word dat die ammunisie glo onder die polisie se bewaking was.”

Whitfield sê hy het die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, nou direk in ʼn brief oor die voorval gevra en wag op sy terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Nóg 1 en ‘n half miljoen patrone “verloor” gggmmmfff eerder verkoop sou ek reken en hoekom vermy die polisie die vraag? Ek ruik ‘n rot mmmmmmm

Chef ·

Luister gerus na Big Daddy Liberty (BDL) se analise oor die 5 fases van die hierdie onrus. Hy is in die kol. Die gepeupel en die plundery is slegs die dekking en afleiding vir die werklike rede hieragter.

Pieter ·

Dit kan nie “blote toeval” wees nie. Wie het geweet van die bestelling, die aflewering, die vrag houer, en waarom is die vrag houer “verkeerdelik” by die “verkeerde hawe” afgelewer, of om die bestemming van die vrag te wysig????? DIT IS ‘N “INSIDE JOB”!!!!

Janine ·

Dis so gaaf van die polisie om die kriminele van ammunisie en wapens te verskaf. Ons almal weet hoe frustrerend dit is om lisensies te verkry en/of te hernu… Uhg.

Martie Smartie ·

Ons kan seker verwag om in ons huise en woonbuurte aangeval te word. Want na so 100 of 200 dood is, sal ramapara weer met sy jammerkry gesiggie sy fellow south africans toespreek en jammer se hulle was onvoorbereid.

Martie Smartie ·

Hierdie ammunisie gaan gebruik word in n staatsgreep maar tamaposa is te tam om te dink daaroor

Johan ·

Denel, Somchem, PMP, almal staatstrukture wat voorheen in staat was om die magte van verskillende aspekte van ammunisie en wapentuig te voorsien, en nou lees mens dat ammunisie vir die magte van Brasilië af ingevoer is.

JohnnyS ·

Dit was privaat ammunisie bestem vir vuurwapen handelaars. Daar is groot tekorte van ammunsie vir privaat gebruik.

Pietertjie ·

Ek wonder hoeveel TON weeg daai ammunisie, hoe het hulle dit vervoer, en hoe het hulle geweet watter vraghouer om oop te breek?

Jack ·

Ons moet nie opgee soos die regering reeds gedoen het nie. Hulle beheermaatreels tov strategiese dienste en middele is soos altyd pateties en deurspek met korrupsie. Die terroriste is aangestel in senior posisies en om n land soos die te kelder en gereed te maak vir n militere bewindsoorname is beslis op die tafel. Ramaphosa se vervolgings strategie van eens kaders gaan nog baie bloed in die strate sien. Die doelbewuste poging van cele om bewapening van die landsburgers te verhoed is maar een van die boustene wat deel is van die tragedie wat vir ons wag. Hou egter moed want daar is meer goeie mense in die land oor as die slegtes. Beveg hulle op alle gebiede.

Cobus ·

Soos altyd was die polisie eerste op die toneel.
Saam met die misdadigers, om toe te sien dat hulle wegkom en te deel in die buit.

Stefanus ·

Hoe Lees die gesegde….”one bullet…one settler”? Dit laat mens wonder. Wees op Jul HOEDE….

annie ·

Not to worry, die ouens is net agter die koper vir uitvoere. ‘n Lekker groot hamer en ☆… en een is ____° reg vir inpak in die sesvoetdiephouers. Nou’s dit jou kans. Haaai kom terug! —->—-^—-×

Kokerboom ·

Roekelose onverantwoordelike omgang met wapens en ammunisie!!! Dan wil regering ons ontwapen?!!! Daar is GEEN kans!!!Ek hoop die onverantwoordelike bestuurders sit BAIE lank!!

Persheks Adri ·

Stem Kokerboom! Hulle gaan nie vir ‘n hel ons wapens kry nie oor my dooie liggaam!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.