Groot kommer ná Pta-man soos speld verdwyn

Louis de Villiers word sedert Woensdag vermis. (Foto: Verskaf)

Die familie van ʼn Pretoriase man wat reeds ʼn dag lank vermis word, is rasend van bekommernis en vermoed hy is dalk gekaap en iewers langs ʼn pad gelaat.

Louis de Villiers (35) het Woensdag omstreeks 11:00 by sy huis in Monumentpark in Pretoria vertrek.  Dit was die laaste keer wat sy familie hom gesien het.

Sy ma, Nicolene de Villiers, sê Louis se bakkie, ʼn blou enkelkajuit Isuzu, is sowat ʼn uur nadat hy by die huis weg is, by die Letlabeli-winkelsentrum in Brits gevind. Daar was egter geen teken van Louis nie.

Louis bedryf sy eie instandhoudingsonderneming en was op pad na die Johannesburg-omgewing toe hy by die huis weg is. Hy het ʼn wit T-hemp en ʼn denimbroek aangehad.

“Ek het niks geslaap nie. My kind kan dalk iewers in ʼn gat lê. Hulle moet hom net vir my terugbring,” het Nicolene Donderdag gepleit.

Sy sê die vermoede bestaan dat Louis moontlik al in Monumentpark gekaap is.

“Ek wil net my kind terughê.”

Maroela Media het ʼn navraag oor die soektog na De Villiers aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Hoop hulle kyk na sy Bank rekening, indien iemand hom na n ATM gevat het om geld te trek.
Daar behoort CCTV Kameras te wees. En ook e told hekke sou ook sy kar geregistreer het.

Di ·

Sterkte aan die familie, hoop hy word vinnig opgespoor en dat hy veilig is. Dis so skrikwekkend dat mens nie eers meer veilig is om erens heen te ry nie – kriminele beheer mos die land. Als te danke aan ons Regering, en veral ou Cele wat geen benul het hoe om misdaad hok te slaan nie. Glo dinge gaan nog VEEL erger raak in hierdie pragtige land van ons.

Swerwer ·

Dit is verskriklik Mevrou, mag Jesus hom styf in Sy hand hou. Sterkte Mevrou en u bly in my gebede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.