Groot kommer oor derde van munisipaliteite

Kimi Makwetu (links). Foto: ANA

ʼn Derde van Suid-Afrika se 263 munisipaliteite kan moontlik in die toekoms nie meer finansieel lewensvatbaar wees nie, volgens die jongste ouditresultate wat Woensdag bekendgemaak is.

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), het Woensdag gesê ʼn derde van die munisipaliteite se besteding “is besig om groter te word as hul inkomste, hetsy van bewilliging of die verkoop van dienste”. “Dit mag moontlik nie meer volhoubaar wees in die toekoms nie,” het Makwetu aan verslaggewers gesê.

Hy het gesê die probleem kan aan verskeie faktore toegeskryf word, insluitend munisipale leierskap wat nie ʼn kultuur van eerlikheid of etiese sakepraktyke skep nie, en nie toesien dat transaksies volgens finansiële wette en regulasies geskied nie. ʼn Tekort aan interne kontrole om behoorlike finansiële bestuur te verseker bly steeds ʼn bron van kommer.

Maroela Media het vroeër berig ouditresultate het getoon onreëlmatige uitgawes het met net meer as 50% toegeneem tot R16,81 miljard. Vrugtelose en verkwistende besteding het wel met 21% tot R901 miljoen gedaal en ongemagtigde uitgawes het amper op dieselfde vlak as in die vorige jaar op R12,77 miljard gebly.

“Sonder dat daar gevolge is, sal hierdie dinge voortduur. Ons skets hierdie prentjie van ʼn tekort aan gevolge elke jaar oor en oor,” het Makwetu gesê.

Makwetu se opsomming van die resultate dui ook daarop dat munisipaliteite se rekord om onreëlmatige besteding aan te spreek baie swak is. Die grootste gedeelte van vrugtelose en verkwistende besteding spruit uit boetes wat op agterstallige rekeninge betaal moet word, laat betalings en regstappe en eise teen munisipaliteite.

Ongematigde uitgawes is grootliks weens munisipaliteite wat oorbestee op hul begrotings, ʼn aanduiding dat begrotingsbeplanning swak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

De Villiers ·

Nog ‘n rede is die kultuur van wanbetaling wat die munisipaliteite self geskep het deur jaarliks groot bedrae af te skryf van agterstallige rekeninge. Baie (ons weet wie) betaal nooit nie, maar hulle het krag en water. Hul krag-en water toevoer word ook nie afgesny na hul eerste wanbetaling nie. Om daarvoor te kompenseer moet ons as getroue belastingbetalers net meer betaal. En niemand gee ons erkenning daarvoor nie. Maar laat ons net een maand agter wees, en hierdie dienste word sonder skroom afgesny. Dubbele standaarde.

Johann ·

ANC LEGACY! Maar dis seker weer Jan v Riebeeck en Wolraad Woltemade en die SPUR en Hansie en Grietjie en die 17 Dwergies en KOLON iaisme se skuld! Skokkende magsvergrype saam met onbekwame sotlikheid…en n eens fenominale land siennsy g.a.t!

Scalla ·

Kom hulle dit nou eers agter, dit het lank gevat voor dit besef is, hul is nie bevoeg om die werk te doen nie, buitensporige salarisse, geen verantwoordelikheid, kleur , kultuur en korrupte comrade aanstellings is die oorsaak. het mos altyd alles gratis gekry.

Hasie ·

De Villiers, ek stem heeltemal saam met wat jy sê. Jammer maar deur die waarheid uit te lig, sal ek dalk ‘n hoĕ boete op gelê word of dalk tronkstraf. Die ANC bly maar ‘n gemors.

Henriette ·

Voorheen was daar n Besoldigingsraadwat salarisse van Stadsklerke beheer het. Die liggaam is in 1996 afgeskaf. Nou betaal die Hoof Uitvoerede Beamptes hulself astronomiese salarisse en ry luukse motors en ek wonder wat Salga daaraan doen. Baie rade het ook te veel werknemers wat onproduktief is.

Jos ·

Nog ‘n faktor om in ag te neem is die dorpies wat deur 100 wittes bewoon word wat betaal vir water en elektrisiteit en langsaan is ‘n nedersetting met 10,000 inwoners wat groei teen rasse skrede waarvan meeste werkloos is en alles afbrand en nie betaal vir water en elektrisiteit nie. Jy kan nie 10,100 mense se kragverbruik betaal met net 100 wat opdok nie. So boer die land agteruit.

Hanna ·

Ongematigde uitgawes? Kom ons noem n ding by die naam: STEEL! En as steel n olympiese sport was, sou die ANC al die goue medaljes vat. Dis vir seker!

Artikel oor partye in bestuur ·

Maroela sal julle asseblief n artikel skryf oor watter partye aan stuur was oor hierdie oudit periode, of as julle nie wil nie, die idee gee aan ander joernaliste?

Marianne ·

Maak alle munisipaliteite toe en privatiseer alle dienste.

marous ·

Wie gaan dit herstel ? Die geld is nie begrawe nie , dis gesteel. Die infra struktuur val inmekaar. Cholera is op ons voorstoepe en steeds word die skouers opgetrek. Al reen dit geld en mielies is die land totaal in sy glorie in , en dit sal nooit herstel kan word nie. Sirie sal soos ‘n kinderpartytjie lyk teenoor wat hier gaan volg…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.