
Chloe Collins word sedert Mei in ‘n tronk in Oman aangehou.
ʼn Woordvoerder van die familie van ʼn 23-jarige Suid-Afrikaner wat in Oman aangehou word, sê hulle kommer neem toe omdat dit nou reeds drie maande is sedert sy in hegtenis geneem is en hulle steeds geen duidelikheid het oor die aanklagte teen haar nie.
Chloe Collins word sedert 9 Mei in dié land aangehou.
Woordvoerder Simone Carolissen het gesê die familie, wat nie die peperduur regskoste kan bekostig sodat iemand vir Collins kan verteenwoordig nie, weet ook steeds nie hoekom sy in hegtenis geneem is en of hulle haar weer gaan sien nie.
“Hulle doen wat hulle kan onder die omstandighede. Hulle is magteloos en het nie die geld om regsdienste te bekom nie. Dit is ʼn marteling vir die familie. Hulle is siek van bekommernis,” het Carolissen gesê.
Carolissen het gesê die familie het die ambassade gekontak, maar so ver hulle weet is geen konsulêre dienste nog aan Collins verskaf nie.
Die familie glo Collins se inhegtenisneming hou moontlik verband met haar broer wat deur die Omaanse owerhede gesoek word. Hy is terug in Suid-Afrika en ontvang tans behandeling vir skisofrenie. Dit is onduidelik hoekom die owerhede na hom soek.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
35 Kommentare
Daardie lande sien my NIE.
Gooi mense un tronke vir niks.
Ander nuusbronne beweer daar word vermoed haar broer het ‘n misdaad gepleeg en toe vlug hy land uit en dat hulle haar inhegtenis geneem het in ‘n poging om hom terug te bring Oman toe. ‘n Tipe ruil transaksie.
Die hele storie is maar effe onduidelik.
Seker maar dwelms…
Wat het sy daar gaan soek???