Groot kommer oor veiligheid by OR Tambo-lughawe

Argieffoto

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê veiligheid by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng is die afgelope paar weke ernstig in gedrang gebring met berigte oor kriminele aktiwiteit wat toeneem.

Reisigers wat laat by die lughawe opdaag, het by die DA gekla dat hulle onveilig voel terwyl hulle na die parkeerterrein stap of om ʼn metertaxi te haal, het Michele Clarke, DA-LP, gesê.

“As ʼn nasionale sleutelpunt is ek baie besorg oor die sigbaarheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en metropolisie by die lughawe, ondanks die feit dat die Ekurhuleni-metropolisie ʼn satellietstasie by die lughawe het,” het Clarke gesê. “Ek is al drie keer in my motor agtervolg en ek is een keer deur ʼn groep jong mans oorval wat geld gevra het.”

Clarke het gesê reisigers word gereeld van die lughawe agtervolg en dan gekaap en aangeval wanneer hulle by hul bestemming opdaag. ʼn Uber-bestuurder is verlede Saterdag gekaap en by die lughawe doodgeskiet.

“Die veiligheid van reisigers by die lughawe moet 24/7 ʼn prioriteit wees. Ek het die saak met Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, bespreek en sal nou ʼn dringende skriftelike ingryping versoek. Gauteng is die nommer een sakebestemming in die land en met hierdie reputasie moet veiligheid by die lughawe geprioritiseer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lance

Hulle weet van die probleem maar doen soos met alles NIKS ….net nog n gemors !

Jo-anli

net soos by munisipsliteit in West Rand Locsl District pendioen is R7300 n maand waarvan R5500 aan water en ligte gegee moet word. wat van medies kos . doen self somme as jy viet dae laas geeët het. ja kan nie antwoord nir.

Hannes

Sal nie gebeur as wit bevoegde leiers aangestel word nie !!!

zoom zoom

Hulle vat wat hulle toekom
Want zuma en guptas vat dan ons belasting geld en die gereg doen niks omtrent dit nie

Alida

Onthou dit is crime season nie xmas season nie!