Groot lening vir Eskom van Brics-bank vir Medupi

Kundapur Vaman Kamath, president van die Nuwe Ontwikkelingsbank (Foto verskaf/ANA)

Die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) sal ʼn projeklening van US$480 miljoen (ongeveer R6,8 miljard) aan Eskom verskaf vir ʼn omgewingsbeskermingsprojek vir die Medupi-kragaanleg, het die nasionale tesourie Dinsdag gesê.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het onlangs gesê die Medupi- en Kusile-steenkoolaanlegte is “swak ontwerp en swak gebou”. Albei kragstasies sou ongeveer 9 600 MW tot die kragnetwerk byvoeg en in 2015 ten volle in werking wees. Die geprojekteerde koste het meer as verdubbel tot R292,5 miljard.

Die tesourie het in ʼn verklaring gesê dié lening van die NDB is in lyn met die bank se fokus om skoon energie in Suid-Afrika te ondersteun.

Die besluit is geneem by die vierde jaarlikse vergadering van die NDB wat van Sondag tot Dinsdag in Kaapstad plaasvind. Drie van die vyf nuwe projekte wat vir finansiering goedgekeur is, is Suid-Afrikaanse projekte. Die vyf projekte bring die NDB se projekportefeulje op meer as US$2,9 miljard te staan.

Die Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – het in Julie 2014 ooreengekom om die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB), wat algemeen as die Brics-bank bekendstaan, tot stand te bring.

Die drie nuwe projekte wat deur die raad van die NDB goedgekeur is, is vir Eskom, die staatsbeheerde Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) en die Trans-Caledon-Tonnelowerheid (TCTA). Die drie Suid-Afrikaanse projekte is afsonderlik van die leningsooreenkomste wat die NDB Maandag met Eskom en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) onderteken het.

Die NDB en Eskom het Maandag ʼn leningsooreenkoms van US$180 miljoen onderteken om 670 MW se hernubare energieprojekte by die nasionale kragnetwerk in te skakel.

Onder die ooreenkoms sal die bank ʼn lening met ʼn soewereine waarborg aan Eskom verskaf vir die hernubare energie en -oordragprojek.

Die ooreenkoms van US$300 miljoen wat die NDB en die DBSA onderteken het, het ten doel om kweekhuisgasuitlatings te verminder en ʼn ontwikkelingsprojek vir die energiesektor.

Die NDB sal ook ʼn projeklening van R3,2 miljard (US$224 miljoen) verskaf aan die TCTA vir die implementering van Fase II van die Lesotho Hoogland-waterprojek en om die konstruksie van wateroordraginfrastruktuur te finansier.

Die tesourie het gesê die vergadering het ook ʼn ooreenkoms in beginsel aanvaar om die lidmaatskap van die NDB uit te brei. “Onderhandelings in dié verband duur voort en ʼn aankondiging sal na verwagting teen die einde van die jaar gemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Begriploos ·

Hoe op hierdie aarde is dit MOONTLIK om eenvoudig net links en regs geld te LEEN?? Beteken “lening” dan nou deesdae “skenking”??
Hoe leen jy iets, veral geld, as jy nie weet hoe jy dit gaan terugbetaal nie?
Is Suid-Afrika nou inderdaad besig om sy “siel” te verkoop vir ‘n pot lensie-sop?

Anoeniem ·

Shoe en die bank wil nie eers vir my n karretjie finansier nie ?

B-man ·

En van die lede in die Brics-banke leen al te gretig aan die skuldbelaaide RSA. Rusland en China ding mee om Suid-Afrika uit te “koop”. Hulle gaan Eskom besit en sodoende die ekonomie kan manupileer.

George in Bloem ·

Ons kinders se kinders gaan nog afbetaal aan die spul lenings wat hierdie klomp ANC narre oral aangaan om al die bankrot staatsinstansies aan die gang te hou want hulle het absoluut geen benul van selfs die mees basiese ekonomiese beginsels nie en al sou hulle he,het hulle verseker nie die politieke wil om dit toe te pas of af te dwing nie.

Gert van Wierdapark ·

Eishkom is nie in staat om produktief te funksioneer nie, maar tog het hy die vermoe om as bank-rot kragdwergie sy toevlug tot ‘n “Chinese Take-Away” te neem!

Smokey ·

Manne……. en vroue, of laat ek liewer se kinders………!
Julle gaan nog lank en swaar betaal vir die “geflopte” BEE projek.

willem Botha ·

Goed vir die krag gebruiker groot fout wat die bank gaan kos

James ·

Hoe opgewonde raak die korrupstes nou!! Groot geld oppad na hulle sakke…….

HPV ·

Reuse prestasie bonusse, dan salaris aanpassings en as daar iets oor is huur nog ‘n klomp werkers by wat kan deel in die gelukkie.

Eben ·

Die geld sal gebruik word vir kospakkies om kiesers te lok om vir die ANC te stem.

Nel ·

Dink jy die ANC het nie al klaar stewige ‘lenings’ by Brics gekry om te verseker dat hulle in die saal gaan bly sit met verkiesing nie…?

Stoffel ·

Medupi en Kusile kan eintlik maar gesloop en oorgebou word. Oor die langtermyn sal dit beter wees vir die land.

IK ·

Ons weet wat dit beteken om jou eie galg te bou. Ek wonder wat gebeur as jy dink jy kook ‘n padda stadig maar besef nie watter een tot dit tė laat is . . .

Siener van Melbourne ·

Die probleem is dat die ‘people’ nie hulle krag betaal nie so die lening sal op die ou end uitloop op bate beslaglegging wat die eintlike doel is met die lening. Sodra dit gebeur is Jan-Alleman in die kloue van die samesweerders. Dan volg prys stygings en sosiale destabilisasie. Venezuela hier kom ons!!

Rupert Ashford ·

En wat gebeur as Eishkomm nie kan betaal nie? Word “iets” soos bv ‘n kragstasie, lughawe, hawe, soort industrie, Eishkom self ens dan vir iemand gegee? Hierdie lot gaan nog lang trane huil en terugverlang na die “evil” dae van wit kolonialisme…

Die Braaiman ·

Geagte BRICS-bank.
Sienende dat julle lenings gee aan mense en regerings wat dit nie kan bekostig nie wil ek graag ook aansoek doen vir een.

Ek vra dus met groot oë en bak hande vir $1 miljoen om n’ lugsuiwerings-sisteem op my braai se skoorsteen te sit. Dit sal defenetief help met die besoedelings probleem in SA en ek kan my deel doen vir BBBEE.
Ek belowe dat ek ook die kostes sal oorskat, dan ten minste 90% van die geld sal betaal aan my vriende vir advies en op die ou einde n’ Zimbawieër kry om die Chinese filtertjie insit. En, ons sal, soos ons regering terugsit en mekaar gelukwens met whiskey in die hand en ons aftrede uitgesorteer. Ek sal dan later aansoek doen vir nog n’ leningtjie vir die onderhoud van die sisteem.
Byvoorbaat dank vir julle samewerking.

Die Braaiman.

HPV ·

Braaiman ek hoop jy kry die lening, dan wil ek graag onder jou vriende tel!

BlinkStephaans ·

Dis nou alles goed en wel en oulik… maar mens sou dink as die kragstasie reeds bubbel kos as aanvanklik beplan sou die kweekhuisgasprojek daarby ingesluit wees… nou kos dit nig n kragstasie se geld net vir dit?Die ander ding is hoe weet ons daai geld gaan reg aangewend word en wie gaan dit oppas en boekhou… want hier in ons ou landjie werk die kanale waarlangs sulke tiepe geld loop deur anc amptenare se sakke.

Carl Jordaan ·

Dit herinner sterk aan die skuldlas wat Egipte met die Suez Kanaal gehad het, waarin die bevolking in armoede gedompel is en wat tot n revolusie gelei het toe Nasser dit genasionaliseer het en dit tot die Suez krisis gelei het. Die rente op die bestannde lenings is reeds onhanteerbaar, hulle sal die prys van krag moet verhoog en dit gaan goedkoper word om son en windkrag, privaat te produseer. Soos wat die gebruikers weg beweeg van Eskom, gaan hulle en die stadsrade meer en meer sukkel om kostes te verhaal. Eskom is in n afwaartse spiraal. Hierdie vliegtuig kan nie meer in die lug gehou word nie. Suid Afrika is reeds n land van sonpanele.

Genieve ·

Die geld is nie die oplossing nie is daar bekwaamde mense op sie job te doen…bekwaamde manne dis die oplossing.

John ·

… omgewingsbeskermingsprojek… se voet! Eers kies hulle ‘n gebied te midde van die noordelike landbougrond ver van alles en almal en nou gaan hulle dit gereedmaak vir uitlanders om naby die grens van Zim as toegangsroete: ‘n mega-kragstasie vir die Sjinese stad soos reeds beplan en ditto boere. En Indiers gaan suid instap op onteiende plase met swartes in woongebiede opgekrot wat vir aalmoese werk by die Oosterse base… Hulle weet die geld gaan nooit terugbetaal kan word nie… dit is die catch 99-plan.

Agie ·

Hierdie spul het my by naar verby……nou moet ek die vloer skoonmaak?

Hendrik ·

Die probleem is dat die kiesers gee die regering te reg om die land te bestuur soos hulle goeddunk. Die probleem is as daar swak besluite geneem word almal geraak. Indirekte belastings inkomste, soos belasting op brandstof, gee die regering ‘n konstante stroom van geld om hul programme te hardloop. Informele industrie is alreeds 2 Biljoen Rand sterk en dit is nou die ouens wat van bakkies af werk en nie belasting betaal nie. Al hoe meer mense sal daardie paadjie moet volg om te bly oorleef.

Marinda ·

O wee, wonder hoe diep is die gat wat Eskom besig is om te grawe? Hulle moet oppas dat hulle nie die aarde se “core” raak grawe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.