Groot Marico-plaasmoord: Kleinkind was ook in huis

Koos en Martie Erasmus. Foto: Verskaf

Koos en Martie Erasmus. Foto: Verskaf

Die boer wat Sondagoggend in Groot Marico in Noordwes vermoor is, was saam met sy vrou die eienaars van die Sumsaren-wildreservaat.

Koos Erasmus (59) en sy vrou, Martie (54), is Sondagoggend in hul huis op die reservaat aangeval. Drie verdagtes het die egpaar se huis deur ‘n badkamervenster binnegekom. Die verdagtes is na die egpaar se slaapkamer waar hulle Erasmus doodgeskiet het en Martie met ‘n panga aangeval het. Erasmus is op die toneel dood. Martie is deur ‘n dokter behandel en sterk tans by ‘n familievriend se huis aan.

Maxie Kleynhans, ‘n familievriend, het Sondagmiddag aan Maroela Media gesê die aanval het kort na middernag plaasgevind. Sy sê Erasmus se vierjarige kleinkind het by die egpaar gekuier en was saam met hulle in die kamer ten tyde van die aanval. Kleynhans sê die verdagtes het die seuntjie egter nie leed aangedoen nie. Die seuntjie se ouers, Erasmus se dogter en die se man, het Sondagoggend van Johannesburg af gekom nadat hulle die nuus gekry het. “Die familie is erg getraumatiseerd,” sê Kleynhans.

Die verdagtes het met R260 000, ‘n skootrekenaar, ‘n 9mm-pistool en Erasmus se wit Mazda-dubbelkajuitbakkie gevlug. Die bakkie is later ‘n paar kilometer van die plaas af gevind. Die verdagtes is steeds soek en die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Vir solank daar marionette wat na die pype van die regerende party dans en alles op ‘n politieke korrekte manier wil doen volgens die boek en voorskrifte van politieke korrektheid te doen om nie aanstoot aan die regering te doen nie kan ons dit maar op ons mae skrywe dit sal nie ophou nie want politici is bang om dit te noem wat dit is volksmoord en om in dit in die openbaar aan te spreek en veroordeel.

Suzette ·

Hoe het hulle geweet dat die boer so baie geld in sy huis het? Inside information, ondervra die huishulp/e. Hierdie is EFF verbande moorde jammer maar dis my opinie, waar kry die EFF sy geld vandaan?

Erika Combrink ·

Vergewe hulle Here, want hulle weet nie wat hulle doen nie – nog ‘n familie wie se lewe nooit weer dieselfde sal wees nie.

marlize ·

Hulle weet beslis wat hulle doen. Daars ni so ding dat hulle nie weet wat hulle doen nie.

Grassie ·

Hoe kan hulle nie weet wat hulle doen nie? Dit is dan voorbedagte, koelbloedige moord en poging tot moord wat gepleeg is. Jou versoek aan die Here moet eerder wees “Here, hoe lank nog voor U strafgerig in volle woede losbars op die kinders van Satan wat besig is om ons volk in hierdie land te verwoes”

Cornelia ·

Dit baie hartseer!!! Ons het ook n plaas op Groot Marico! Baie bang om daar te gaan vakansie hou!

Didi Mus ·

Die Woord noem hul nie mense nie, die Woord se hul is ONGEDIERTES, Deut 7:22. Ons mense is ten gronde as gevolg van ‘n gebrek in KENNIS IN DIE WOORD! Hosea 4:6!

Rentia ·

Dis ontstellend. Al is die seuntjie nie fisies leed aangedoen nie, die gebeure het voor hom afgespeel. Mag ons hemelse Vader gee dat die dame ten volle herstel. Mens se hart bloei om daagliks te lees oor ons mense wat so uitgewis word.

Slim Daan ·

Genoeg boereharte het nou fisies gebloei. Om jou oe op te slaan na die berge, is nie meer genoeg nie. Nou meer n kwessie van : – ” omgord jou lendene en trek die volle wapenuitusting aan “. Daardeur verseker jy jou aanwesigheid op aarde vir die dag dag van more.

Amanda Breedt ·

Vra myself al lankal wanneer gaan ons mense begin besef dis oorlog teen ons en dis tyd dat ons gereed maak om onsself te verdedig. Hoe min vrouens ken enige basiese selfverdediging. Vuurwapens is nie die enigste items wat mens kan gebruik om jouself te verdedig nie.

cais smit ·

Dit is baie hartseer,ek sal net graag wil weet hoekom praat ons mense hulle besigheid voor die werkers,dit gebeur met my eie familie dat die huis hulp daar staan en werk en hul praat hul besigheid voor hom en werk met geld voor hom.Om soveel geld in jou huis te sit is n raaisel,hoekom is dit nie in n tjek nie,as dit n tjek was dan sal niemand dit eers gesien het nie.

Linda Rademeyer ·

Ek stem saam rte veel word voor die werkers gepraat hulle ore staan reg vir als. ……….Ek dink die plaasmoorde het iets te doen met grondhervorming.

AmY ·

Dis baie erg. ‘n Onskuldige lewe is geneem. Daai man kon homself nie eens verdedig nie. Hy is doodgeskiet terwyl hy geslaap het!!! Dis is uiters laag en uiters uiters gemeen en uiters uiters uiters geweldadig. Wanneer gaan dit eendag ophou? :-(

Amanda Terblanche ·

Dit is waar dat ‘n familie se lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Dis my dogter en seun se pa wat hulle geskiet het en my kleinseun (4 jaar oud) was in die kamer en het alles gehoor! Hy het by sy oupa (waat sy hero was gekuier) Ons moes vanoggend 2 uur die nuus kry in JHB en deur ry Marico toe…. weet julle wat gaan alles deur ‘n mens se gedagtes? Kleinseun bly se sy hartjie is seer want die skelms het sy oupa dood geskiet en nou het hy nie meer ‘n oupa nie. Dankie Here hulle het niks aan die klein man gedoen nie. Sal hom moet vat vir trauma berading!
Sy vrou is geslaan en vas gebind, wat ‘n traumatiese ondervinding vir haar! Nou moet ons se dankie vader sy is nie nog verkrag ook nie…… waarom moet ‘n mens altyd dankbaar wees vir wat NIE gebeur het nie as die slegste in elk geval gebeur het!!!!

Elmien ·

Dit is so waar! Hoekom moet mens sê gelukkig dit en gelukkig dat…dit moet net eenvoudig NIE gebeur nie! My innige simpatie met julle verlies,en mag die Tannie volkome genees,en ook sterk genoeg wees om die hele trauma te verwerk. En die ou seuntjie,sO jammer hy moes dit alles sien…my hart ween vir hom. My Ouers is verlede jaar op hul Plaas op Ventersdorp aangeval,en my Pa is wreed vermoor,en my Moeder aangerand en verkrag. Die gemors goed is gearresteer,en die Hofsaak gaan volgende week voort. Hulle het nog onskuldig ook gepleit. Maar al kon hulle die doodstraf kry,sal dit nie genoeg wees nie… Mag God julle dra deur hierdie hartseer tyd,en vorentoe…

yolandie erasmus ·

Dis nie net R260 000 nie. Dis baie baie jare se bloed, sweet en trane om Sumsaren van die grond af te bou, om ‘n “legacy” te probreer agterlaat ‘eendag’ (eendag het te vroeg gekom). Dis ‘n gebroke vrou, dogters en seun. My geskente 4 jarige seun wat alles moes beleef. My verskeurde 11 jarige “oupa-lose” seun. ‘n Familie gebroke. Alles in 1 uur, 1 panga, 1 geweerskoot. Genadeloos, maar so sorg SATAN mos vir sy kinders…brand in ewige vure van hel. Dis wat julle sal toekom. Liewe Pa, ons mis jou al klaar. Hoe bly ek sterk genoeg vir pa se kleinkinders en vrou……

Rosan ·

My hart breek vir julle en julle familie. Mag God alleen julle dra deur hierdie tyd… Geen straf wat deur my brein gaan vir die misdadigers,sal ooit geregverdig wees nie… Mens se lewe is nooit weer dieselfde daarna nie. Mag die Vader se genade met julle hele familie wees.

Mariette ·

Wil net saam met julle treur en net bid vir julle. Om ‘n ouer onder normale omstandighede te verloor is reeds enorm om te verwerk. Des te meer om die hele aaklige gebeure te MOET aanskou en te verwerk. Watter ongevoelige wesens is geskep in Suid-Afrika. Het nie woorde nie!

Peter Says ·

Yolandie, ons ween saam met julle vandag. Sterkte word julle toegebid.

Johan du Toit ·

Yolandie… Enige iets wat ek gaan sê gaan in haat woorde gespreek word teenoor die gemors wat ons mense so uitmoor. Ek is woedend vir die onreg wat julle gesin aangedoen is. Oor ek self ‘n oupa is en die held van my kleinseuns sit ek met trane in my oë hier en tik. Ek het nie woorde vir jou nie mens. My hart is stukkend vir julle al ken ek julle nie. Ek bid vir julle vir sterkte en dat daai 4 jarige seun van jou volkome genesing sal ontvang.

Arno ·

My vraag is net waar gaan die land heen. Pleks die doodstraf terug gebring word maar nee die ……. sit in die tronk en eet hulle self dik en kom dan weer uit en gaan net aan. Gee hulle vir die famielie lede wat agter bly . Dis tyd dat ons begin saamstaan en as n volk weer begin baklei vir ons land. As een van hulle sin vermoor word dan is daar groot opslae.

yolandie erasmus ·

Ek wil net aan die tannie wat my ma Martie se hulpkreed óór die radio aangemeld het by polisie vanoggend sê baie baie dankie. Aan adj Strydom en u span van Marico polisie ‘n groot dank vir jul flukse vinnige “response” om my ma en kind by te staan en te help en vir al jul harde werk deur die donker ure vanoggend om my familie te help. Dis goed om te weet daar is nog polisie wat omgee óór gereg en nie net geld nie. Aan al die vriende van my pa hul, dankie vir julle liefde en bystand. My ma het jul nodig terwyl haar twee dogters en seun so ver van haar is. Aan die res van die gemeenskap, hul moor al van November 2013 af vanaf Zeerust tot Marico. Wees versigtig en mag die Liewe Vader nog families spaar van die pyn.

Caroline ·

hi Yolandi. die 2 tannies wat at met Tannie Martie gepraat het was anne-marie Visser en Annetjie. Hulle het die hulp kreet gehoor en was heeltyd met haar op die marionette. anne-marie is my skoonma en ons was daar toe dit gebeur het. Ons almal dink aan julle en bid vir julle.

Nico Strydom ·

Haai Yolandie
Ek het vir jou ‘n e-pos gestuur.
Vriendelike groete
Nico

Elizabeth ·

Ons bid vir die Erasmus familie…Mag die Here met julle wees in die moeilike tyd van hartseer en verdriet…!

Elizabeth nee Erasmus
Kanada

Lydia ·

Hoop net met ons moorde kry ons ook soveel publisiteit soos met hul ritueel moorde. Vir hulle is dit natuurlik glo aan sulke dinge. Maar ons moorde word onder die mat gevee en die moordenaars bly op vrye voet al word hulle gevang word niks drasties aan hulle gedoen nie

karlien ·

Dis hoekom mens hul haat! Dis Satanskinders! Die barbare moet stop gesit word! Hulle word opdragte gegee om mense te vermoor. Daar is beslis werkers of ou werkers hier betrokke. Waarvoor Oom Koos doodskiet, ons gemeenskap word nou kort-kort stil geskok en geruk met hierdie moorde en aanvalle. Nee, hulle weet wat hulle doen, hulle weet presies wat hulle doen! Hulle vernietig families. Hoeveel blanke mense moet ons nog deur moorde afstaan deur swart mense? Nee, dis genoeg!

Peet ·

Hulle is almal satans kinders! ALMAL vanaf die predident en werk almal voorafbepland onderlangs saam!
Ek is gaaivol om te hoor hoe ons net praat en allerhande verskonings soek om nie teen die gemors op te staan nie!! Dis grotendeels ook die satanskinders se regerings besluite hoekom ons as Afrikanervolk so agteruitgaan!! Dis tyd dat ons leiers kry wat ons kan lei teen die satans kinders!!
God gee ons n gesonde verstand! WANNEER gaan ons dit gebruik?
Dalk eers wanneer die laaste witkind voor n swartmag staan om gemoor te word?!!
DAN IS DIT TE LAAT!!!

Peet ·

Ek luister of kyk nie eers meer nuus nie want my bloed KOOK vir die satanskinders!!

Ek voel soos BAIE ander en ek is nie eers n boer nie!!!

Christine ·

Ons is ook aangeval op Groot Marico, 29 November 2013, op bykans presies dieselfde manier! En raai wat? Die satankinders is NOG nie gevang nie!!!

Martie Kotzé ·

Ai Martie, ons weet God sal julle bystaan en versterk in hierdie tyd van hartseer. Ons dink aan julle. Almal war Koos geken het sal hom baie mis. Mag hulle baie gou aangekeer word en die nodige straf kry wat hulle verdien. Lief julle.

Terrence ·

Dit is baie hartseer om te sien hoe ons boere vermoor word en die swak opgevoede ongeleerde skepsels wat hul self die demokatiese land en vrede wil noem so swak aan gaan!Ek se bring die doodstraf terug en hang die goed in die openbaar sodat hul kan sien ons doen dit nie in donkerte nie maar doen dit openlik en voor die wat wil reg lewe!Hulle is gemors en verdien nie om te lewe nie

Jossie ·

Dis so tragies! Ons mooi land het in n bloedbad verander! Hoeveel moet nog sterf voor iets gedoen gaan word!?? My innige simpatie met die familie. Ek het self n byna 4 jarige kleinseun wat erg is oor sy Oupa! Mag God met ons wees in hierdie bitter moeilike tye.

maggie schneider ·

Dit sal nie end kry nie want die regering sit self agter die moorde. Die president sing dan self hulle moet ons dood maak. Ek wonder net wanneer die blankes hulle gaan begin glo as hulle se hulle gaan ons almal uitmoor. Sterkte aan nog n verskeurde familie

Jakes Coetzee ·

Ons bly se dit moet stop, maar met regering en lafaards wat ou mense en kinders in die nag bekruip doodmaak en polisie wat duidelik daaragter sit waar gaan ons begin, Ek se net die lafaards duiwels kinders en kriminele se dag raak baie kort, onthou hulle moet nie die dag as dit hulle en hulle vrouens en kinders se beurt gaan wees om dood te gaan van honger en siektes want anergie GAAN kom in die land en bloed gaan vloei wit en swart mense se bloed. Hospitale, winkels, vervoer en algehele wanorde in die land gaan kom, kyk bo in Afrika!

HENK THERON ·

Ek hou nie daarvan om mense met diere te vergelyk nie maar dit lyk aso diere meer emosie by mense aanwakker as mense. Daar is tans ‘n reuse polimiek aan die gang oor die aantal renosters wat jaarliks gestroop word vir hulle horings. Statistieke word op byna daaglikse gegee van die aantal renosters wat sover hierdie jaar gestroop is. Hoekom kan Maroela nie dieselfde vir vermoorde plaasboere en hulle gesinne en werkers doen nie? Al wat nodig is is twee statistieke langs mekaar met aantal Boere vermoor tot op datum in die een blok en aantal Renosters gestroop tot op datum in die ander blok. Miskien sal dit dan ook die nodige aandag trek van die publiek en soortgelyke beskermingsaksies van stapel gestuur word vir die boere. Dit verstom my dat die gewone publiek daarbuite alles doen om die renoster te beskerm maar absoluut NIKS doen om boere en hulle gesinne te beskerm teen hierdie subtiele volksmoord nie.

Natasha Swart ·

My hart gaan uit na julle.En die klein seun wat dit moes aanskou?Ek bid vir julle en al ons mense wat daagliks hiermee leef.Ek bid dat gereg sal geskied in enige vorm.Ja dis wat hulle is kinders van satan!Ek stem saam dat dit “mense” is wat self daar werk wat inligting kan gee aan die boosdoeners en ek self werk en maak my eie huis en tuin skoon hul is nie welkom in my huis en het nog nooit inbrake gehad nie!.Dankie Afrforum julle het my ondersteuning

Ansonette ·

! Hoeveel renosters die jaar verloor en hoeveel boere die jaar vermoor? Altwee se voortbestaan word bedreig. Hulle dood maak nie eers meer die hoof nuus nie!!

Pop ·

Elke dag lees ek van die goed en elke dag lees ek dieselfde comments oor en oor. En dan…. dan niks.

Almal se dis nou genoeg, dit moet nou stop. Almal vra wanneer gaan dit stop. En die vraag wat ek vra, is wie gaan dit stop? Wanneer gaan ONS volk bymekaar kom en saam besluit dit is nou genoeg. Daar is mense wat reeds sulke groepe gestig het en wat ten minste probeer. Maar wat gebeur met hulle? Hulle word deur hul EIE mense sleg gese en gese hulle oordryf. En en en….

Wanneer gaan die volk weer saamstaan? Daar is nie verniet ‘n BELOFTE gemaak die 16de Des met die slag van bloed rivier nie. Wie kom nog daardie belofte na? en dan word daar gevra waarom??? ons volk is so verdeel en so in stryery met mekaar. Waarom kon 20 boere teen 200 mans staan en wen en vandag nie? want waar is ons God. Ons bid vir ons land, maar bid ons vir onsself? God se, soek eers die koningkryk en die res sal vir jou bygevoeg word.

Ons, ons mense se oe moet oopgaan. Ons is die wat lafaards is en wil kwaad word oor die goed wat met ons gebeur. Maar ons sit en vra hoekom, in plaas van om saam te staan as EEN volk met EEN GOD. soos dit hoort

Marie ·

Ek wil net een ding vra, en dit is dat die polisiespreker miskien weer nadink voordat hy bedrae geld in die media noem. Dit het niks met die ondersoek te doen nie en nou dink almal al die boere hou sulke bedrae geld by die huis aan, wat glad nie waar is nie. Ek vind dit uiters onprofessioneel van Thulani Ngubane en vind hy moet sy pos verlaat vir iemand wat meer opgeleid is.

Sterkte aan die familie, ons as gemeenskap staan agter julle en sal hierdie vuilgoed nog uitroei. Dit is die hoeveelste aanval in die Vaalkop gebied tussen Marico en Zeerust. Die polisie sleep voete, dit is tyd dat ons informante begin betaal en die gemors opklaar.

Matthys Taljaard ·

Is daar dan geen manier op hierdie aarde wat mens hierdie brutale aanvalle hok kan slaan nie? Sal graag wil sien dat hierdie misdadigers aan die pen sal ry en met hul lewens boet vis n onskuldige lewe wat hul geneem het en ook vir n jong lewe wat hul probeer verwoes het, maar onsuksesvol was. Op die ou end sal ons saam met ons boere gemeenskappe moet staan en hierdie euwil op n manier uitroei deur dieselfde aan die misdaadiger doen wat hul aan te doen. Ek se bring die doodstraf terug en hierdie niks werd barbare sal n skrik vang want op hierdie stadium is hulle bedreigde wild wat nie aan geraak mag word nie en het ook n royl tyd agter tralies

adele ·

Bring GROOT asb die hang metode terug of laat ons boere hulle self verdedig deur om n inbreker te skiet want wat maak hy in jou huis. Jy ht hom nie ingenooi nie. Ek nie rasistoes nie maar dink dt is wreed om n persoon dood te maak. Dankie

Manie ·

Is dit nie duidelik dat die wit nasie een vir een uit gemoor word nie,as of jy jou beurt moet af wag om ñ martel moord of skiet dood moet deur te gaan,wat gaan van ons wit mense word?Die bietjie grond en Geliefdes en besittings wat jy het word van jou af weg geskeur deur babare wat tien teen een opdrag kry om dit te doen.Wat gaan die wit nasie doen waar gaan ons heen,of gaan ons net wag vir ñ beurt om vermoor of vermink te word?

Magda Pistorius ·

Dit gaan nie oor die geld nie By ons net Cell foon en flits gevat. My juwele kassie met het oopgestaan. Hulle het nie eers daarna gekyk nie. Hulle was minderjarig. Ons geskiet omgedraai en uitgestap asof hulle jare se tyd het. HULLE MOOR NET WANT HULLE WEET HULLE KAN.
My hart gaan uit na die familie want dit is bitter seer wat hulle oorgekom het. En ons weet nooit hoekom hulle doen nie.

Johan ·

Ons was ook aangeval buite Swartruggens in Jan. Die duiwels het in die nag in gekom en gewag tot ons die oggend uit kom. Dank die Varder die wapen het gestoor. Die polisie het die vingerafdrukke gekry, het naam en adres maar steeds is geen arestasie gemaak. Die saak is poging tot gewapende roof wonder hoekom??

Marius ·

Ons het n regering wat eensydig staan en toekyk hoe ons mense vermoor word. Die tyd het aangebreek waar ons die gespuis moet uitstem.

Christine Engelbrecht ·

Ek het vanmiddag Zeerust polisie gebel. Die swart polisie dame wat die foon geantwoord het, het nadat ek vir haar gese het wie ek is en hoekom ek bel, skielik oor heeltemal iets anders begin praat. Toe ek haar vra met wie sy praat, antwoord sy my “Oh, to the lady next to me” Wat gaan aan? Hoekom word daar nie opgetree teen die uiters swak , ongeskikte manier waarop ons behandel word nie? Want ons het “niemand” wat na ons gaan luister as ons kla nie!!!!

Marius ·

Ons het n regering wat eensydig staan en toekyk hoe ons mense vermoor word. Die tyd het aangebreek waar ons die gespuis moet uitstem. Net vir die rekord: as ek een in my huis kry, skiet ek!

Ina ·

Wat de hel kan mens NOG sê wat nie alreeds gesê is nie??? Sterkte aan julle almal, ons dink aan julle en hou julle in ons gebede. Flippen DIERE… maar wag, EENDAG is EENDAG dan gaan hulle net die verkeerde familie aanval en dan gaan daar n groot tregedie wees, MERK MY WOORDE!!!!!!! Iemand het gesê “hulle weet nie wat hulle doen”… ha-ha VET GRAP!!!!

Eileen Vorster ·

Dis regtig tragies van die egpaar in Marico. My suster en haar man is deur n soortgelyke aanval op n plaas net buite Middelburg Mpumalanga in November, 4 gewande rowers het deur n venster die huis binne gedring my sus se man oor die kop geslaan met die geweerkolf en hom aan die bed vasgebind en my sus net met haar hande agter haar rug vasgebind. Hul 5 jarige dogtertjie slaap op haar eie bedjie in hul kamer en het van die lawaai wakker geword en begin skree. My sus het haar met haar voete op hul bed gelig en half oor haar gaan lê. Haar 2 seuns 11 en 9 het in die kamer deur alles geslaap. my sus moes hulle sê waar die juwele geld vuurwapens ens was of hul sal haar kinders skiet… Hulle is daar weg met al hul elektroniese toerusting geld en juwele in my suster se motor. God dank hulle was ongedeerd behalwe vir skok maar moes ook trauma berading kry en ek sê julle dis nog steed vir hul moeilik. As die skelms die kamer uitgaan vra Danellie haar ma mamma gaan hulle ons nou kom skiet? Jy is magteloos tee hulle.. Maar ons God slaap nie en ons bly hoop en bid vir n beter toekoms vir ons land en ons nasie!

Gerhard ·

My innige simpatie met almal wat geliefdes verloor het of deur sulke trouma gegaan het.

Erika Combrink is reg. Heling kom met vergifnis! … en tog is julle almal in reg wat haar met kwaad antwoord dat die duiwel homself in hierdie mense vergestalt.

Ek het nie verskoning vir my eie swak optrede ten opsigte van my eie veiligheid nie. Ek prioritiseer dit nie. Ek is ook ‘n naweek boer/ boer. My veiligheid stelsel is nie op datum nie.

Ek verwag nie van die regering om my op die afgelee plaas te beskerm nie, dit kan nie eers in die stad gedoen word nie. EK MOET DIT SELF DOEN! hoe gouer ek daarvoor verantwoordelikheid aanvaar hoe beter vir myself.
Lank voordat mense in my huis kom moet ek weet hulle is daar. Ek moet nie slaap as hulle in my huis is nie. Ek moet voorbery wees om tenminste sewe kwaaddoeners te kan hanteer op een slag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.