Groot Marico-plaasmoord: Man gevonnis vir ‘barbaarse daad’

Koos en Martie Erasmus. Foto: Verskaf

Koos en Martie Erasmus. Foto: Verskaf

Gabriel Mothusi Mogale is in die hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes, tot 30 jaar tronkstraf gevonnis in verband met ʼn plaasmoord meer as twee jaar gelede.

Frank Lesenyego, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingesag, het gesê Mogale is skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede, onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, kwaadwillige saakbeskadiging en huisbraak.

Mogale en twee makkers het Koos Erasmus (59) en sy vrou, Martie, op 23 Maart 2014 in hul huis op die Sumsaren-wildreservaat, naby Groot Marico, aangeval. Die aanvallers het pangas en ʼn vuurwapen gehad en deur ʼn badkamervenster toegang tot die huis gekry.

Martie is met ʼn panga aangeval terwyl Koos doodgeskiet is. Die aanvallers het Martie hierna gedwing om die kluis oop te sluit, voordat hulle haar aan ʼn stoel vasgebind het. Die aanvallers het met R200 000, ʼn skootrekenaar, ʼn 9mm-pistool en die egpaar se Mazda Drifter-bakkie gevlug.

Mogale en nog twee verdagtes is op 12 Maart 2015 in hegtenis geneem. Volgens Lesenyego is die ander twee verdagtes egter vrygelaat, aangesien daar nie genoeg bewyse teen hulle was nie. “Mogale is met DNS aan die toneel verbind.”

Die hof het in sy uitspraak gesê plaasaanvalle kom gereeld in die Groot Marico-distrik voor en Martie het weens die “barbaarse misdaad” die plaas, waar die egpaar ʼn gastehuis bedryf het, verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Andre ·

Gabriel het nogal ‘n ligte vonnis gekry in my opinie. Ek sou hom lewenslank gegee het.

Andre ·

Jy is reg Xa, tronkstraf is nie meer ‘n afskrikmiddel nie. Hulle beplan net weer hulle ontsnapping of kry vrylopende misdadigers om namens hulle misdaad te pleeg.

Cherokee ·

Die moordenaar Mogale is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis en miskien is dit langer as lewenslank want misdadigers wat tot lewenslank gevonnis is, word somtyds na ⅓ van die termyn vrygelaat.

Adrie Potgieter ·

Baie dankie Debbie Strydom vir jou deel wat jy gehaad het om die ou vas te trek!
Jammer SAPD moets mense soos jy verloor! Well done!

Pietman ·

Kom ek se julle : die getalle in jare wat in vonnisse uitgedeel word, is net n nommer. GEEN afskrikwaarde, GEEN oplossing vir wetteloosheid. Hoekom beteken ‘lewenslank’ nie ‘vir die res van jou lewe, tot jy sterwe’ nie? Siestog, daai moordenaars / verkragters….. is seker ook maar net ‘slagoffers van hulle omstandighede’. SNERT!

Sarel Strydom ·

Lewenslank is gemiddeld 25 jr. nie langer nie. Maar 30 jaar, dit is wat ‘ n mens se lewe werd is en oor 15 jaar kry hy parool.

Ansie ·

Ek stem saam hierdie moordenaar het te min straf gekry. Hy het n man vermoor wat omgegee het vir minderbevoorregte kinders. Hy het hulle jaarliks op sy plaas n groot kers partytjie gegee met net die beste geskenke. Hy het kinders wat nog nooit die see gesien het nie se drome waar gemaak en hulle see toe gevat, en hierdie moordenaar kom en hy ontneem hierdie kinders van nog n sorgelose kersfees of die see. Minder bevoorregte kinders se menseregte word saam n goeie man begrawe en die man wat verantwoordelik is daarvoor/hy kry 30 jaar!!

Luister ·

Ek wil baie graag weet hoekom S.A. nie die straf het van : Lewenslank, sonder die kans op parool, nie? Soos in Amerika.
Ek dink dit sal erger wees as doodstraf.

Johann Marx ·

Dis eenvoudig. Elke prisonier kos die belastingbetaler ongeveer R114 per dag (geskat). In SA het ons 53 moorde per dag. As die SAPD 100% suksesvol was, het ons 19 345 “lewenslange” gevangenis per jaar gehad. Oor die afgelope 20 jaar? 386 900. As elkeen van daardie mense werklik vir die res van hulle lewe in ‘n tronk moes deurbring….en die getalle groei met 19 345 per jaar…kan ons ekonomie dit NIE bekostig nie. In 1994 was daar 700 ter dood veroordeeldes. Nou sit ons met oor die 7 000 “lewenslange” gevangenis…teen die SAPD se 6% suksesverhaal met die oplossing van misdaad. Slegs 7 000 lewenslange gevangenis (wat elkeen gemiddeld 15 jaar sit) kos hierdie land R 4 369 050 000,00.

Cherokee ·

Vergeet jou laaang storie met syfers en syfers. As Suid Afrika ‘n Nkandla kan beksotig en dit opvolg met ‘n R4miljard straler vir dieselfde adres kan daai tronkstrawwe ook bekostig word.

Beulah ·

Ek stem, se ook dat as hulle lewens lank kry, dat hulle die hele vonnis uit dien. Daar moet geen parool wees nie, net soos die vorige koment was hy moet daai hele 30jaar sit.

W ·

Al wat sal afskrik is die doodstraf en op die wyse sal die belastingbetaler se geld ook gespaar word. Sela

Johann Marx ·

Die doodstraf is nêrens ter wêreld ‘n “afskrikmiddel” nie. Selfs in lande met openbare teregstelling is daar nog steeds moorde. Die doodstraf is net ‘n manier om die samelewing te purgeer van individue wie se optrede teenoor die res van die populasie so aanstootlik is dat hulle nie langer in die gemeenskap geduld kan word nie. 15 jaar gevangenisstraf x R114 per dag = R624 150,00. Ons belê tans meer as ‘n half miljoen Rand per persoon oor 15 jaar in daardie individue wie se karakter so swak is dat ons hulle nie tussen ons wil hê nie. Al wat die doodstraf doen is om jou daardie swak belegging te spaar…..

Cobus ·

Kom ons wees polities- en kerklik korrek mense. As hulle die vyande is wat die Skrif bedoel (soos die kerk leer) , wees lief vir hulle en vergewe hulle. Dalk kom hulle tot bekering en word kerklike naastes, en sal hulle nie weer moor of steel nie. Dis nie mooi om te praat van “barbaarse daad” nie. Dit is ‘n sonde van rassisme.

Johann Marx ·

Ek wil bitter graag baie mense wat my te na gekom het vergewe……net so gou as wat ek uitgevind het watter gif werk die beste.

Karma ·

@R114.00 per dag per gevangene in SA, is lewenslange tronkstraf beslis te hard op die belastingbetaler se sak. Doodstraf sal werk, mits dit onmiddellik toegepas word – nie dat hulle jaar in en jaar uit in die tronk sit (weer eens op die belastingbetaler se onkoste) en appèl na appèl aanteken (met regshulp, weer eens op die belastingbetaler se onkoste). As daar dan nie voortgegaan kan word met die herinstelling van ONMIDDELLIKE doodstraf nie, verminder die kostes wat aangegaan word om gevangenes te onderhou. Voer hulle pap en brood en water. Tronke is deesdae soos mini-hotelle (vir die meeste gevangenes in elk geval baie beter as waaraan hulle gewoond is); hulle kry goeie kos, huisvesting, kleding en mediese sorg. Vat dit weg – hulle moet werk vir hulle kos, klere, behuising en mediese sorg. Skep, soos in Amerika, opelug opsluitingskampe en “work-gangs” – hulle moet aan paaie werk, skoonmaak en instandhoudingswerk doen – en word aan mekaar vasgeketting. En die een wat nie sy gewig trek nie, kry nie vanaand kos soos die ander nie (net pap of brood en water) en moet in die opelug-opsluitingskamp slaap. Sodra die lekker-leef omstandighede in die tronke verander, sal tronkstraf ‘n afskrikmiddel begin raak.

hans brits ·

hierdie moordenaars en verkragters mag stem.Die een wat vermoor word se stem tel nie meer nie.Bose wereld hierdie.

Yolandie Erasmus ·

waar is die ou toegesluit wat gevonnis is, weet enige iemand of waar kan mens uitvind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.