Groot meevaller vir dierewelsynsprojek

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Wetnose-dierewelsynsprojek het vandeesweek drie ton kos ryker geraak te danke aan ʼn enkele skenking.

Francois Steenkamp, uitvoerende bestuurder van Mechanical Rotating Solutions, het drie ton kos deur sy welwillendheidsorganisasie, Charity Define, wat in 2016 op die been gebring is aan Wetnose geskenk.

Volgens Steenkamp was hulle diep besorg toe hulle op sosiale media lees hoe desperaat die organisasie op soek is na kosskenkings.

“Ons het dadelik besluit om die 450 honde en katte waarna Wetnose tans omsien te help deur R50 000 se kos te skenk,” het Steenkamp laat hoor.

Volgens Steenkamp het hulle toe kontak gemaak met  Bhenyati Promotions wat die kos teen ʼn afslag aan hulle verskaf het asook ingestem het om dit op hulle onkoste by Wetnose af te lewer.

Hoewel Charity Define hoofsaaklik van sy eie netwerk van kliënte en bedryfsvennote gebruik maak om welwillendheidsprojekte in die gemeenskap aan te pak, oorweeg die organisasie dit soms ook om individuele projekte te ondersteun.

“Dieresorg is iets wat my baie na aan die hart lê. Ons ondersteun Wetnose se “reg op lewe”-beleid. Nadat ons Wetnose besoek het, was dit baie duidelik dat die skenking van kos maar ʼn korttermyn-oplossing is,” verduidelik Steenkamp.

Wetnose is in 1999 gestig en spits hom toe op die rehabilitasie van mishandelde, verwaarloosde en vermiste diere. Debbie Herselman, bestuurder van Wetnose, het gesê die hooffokus van Wetnose is om ʼn liefdevolle huis vir die diere te vind en hulle ʼn tweede kans op geluk te gee.

Wetnose het al nuwe huise vir 20 500 honde en 1 700 katte gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Jack Russels het die verbeelding van mense aangegryp en talle advertensies het die gesiggies van hierdie intelligente en liefdevolle daarop.

Sanet ·

Dank Vader vir mense soos Francois Steenkamp!! Daar is so baie diertjies wat hulp nodig het en so min mense wat omgee, stories soos hierdie gee my hoop. Elkeen KAN ‘n verskil maak

M'Lady ·

n Miljoen dankies Francois. Wens net meer maatskappye wil betrokke raak. Daar is soveel diere mishandeling in Suid-Afrika en meeste van hierdie organisasies oorleef op aalmoese.

Christelle ·

Ai hy is ‘n held ek wens hulle kan Brakpan DBV ook help, het gelees hulle gaan deure toe maak.

Christa ·

Dalk kan ‘n ander sakeman Francois se welwillendheidsdaad navolg en ‘n skenking maak aan Brakpan DBV!!!

ken van benoni ·

‘n Duisend hoera’s vir hom en ek hoop daar kom hulp vir die DBV van Brakpan!

Elaine ·

Daar smelt my hart. Dankie vir jou liefde vir diere goeie mens.

w ·

Verskoon my mense maar ek gee ni vi mense kos nie. Maar oe vir diere gee ek baie meer om. Hul kani na hulself omsien ni nog minder die sleg mense wie ni na hul kan of wil omsien nie. God Seen Francois

Mellie ·

UITENDELIK IEMAND MET N HART VIR DIERE!! Ek kan iets oorkom as ek sien hoe weldoeners nie 2 keer sal dink om groot bedrae aan kinderwelsyn te skenk nie, maar hulpelose diere trek nog swaarder. Mag jy n voorbeeld stel vir baie, Francois!!

Helene ·

Dankie Francois Steenkamp. Ek gee eerder donasies aan dierewelsyns. Goeie nuus!! Nou moet ander sterk besighede mnr Steenkamp se goeie daad volg!!

Celia ·

Dankie dankie dankie! Mag die Here jou seen, Francois! Mag daar uitkoms kom vir DBV Brakpan.

Alida ·

Wonderlike nuus. Baie dankie. Mense kan werk vir kos en kry dan nog grants ook diere nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Stem saam Alida behalwe dat daar mense is wat NIE wil werk nie. Sommige mense hou ook soveel diere aan dat hulle nie daarvoor kan sorg nie. Veeartskoste is hemels hoog en ek kan werklik net bekostig om een hondjie en een kat aan te hou as ek nou kyk na my inentingsrekening wat ek vandag moes betaal. Ek onderhou egter niks anders nie want my diere is gekastreer en kan dus nie aanteel nie.

Linda ·

Fantasties Francois Steenkamp. Jy het n Goeie hart. Help die wat nie vir hulself kan omsien nie

kallie ·

Baie dankie Francois, die wat nie kan praat nie is baie dankbaar glo ek. Ek behoort aan die plaaslike DBV hier in VDBP en wil graag ‘n aksie loods by skole waar hulle mekaar uitdaag om te kyk wie kan die meeste hondekos insamel om aan DBV te skenk, ek hoop dit kan realiseer.

Dankie ·

Wow, wat ‘n goeie voorbeeld!! Ek weet vir ‘n feit dat Wollies ook staat maak op kos wat mense skenk, skenkings van kos, kombers vir die diere kinders (veral nou so voor die winter). Ek sal veel eerder kos of geld of komberse skenk vir diere in nood (soos byvoorveeld – Wollies in die Noord) voor ek kos, geld, komberse vir mense op straat skenk! Baie mooi gebaar meneer Steenkamp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.