Groot nuus vir Ford Ranger-aanhangers

Ford Ranger Raptor (Foto: Ford)

ʼn Veldrenweergawe van die hoogs gewilde Ford Ranger-bakkie sal binnekort bekend gestel word.

Ford Suid-Afrika het dié nuus Donderdag bevestig. Die nuwe weergawe van die bakkie sal bekend staan as die Ford Ranger Raptor.

Die motorvervaardiger het in ʼn verklaring gesê dié bakkie beloof om ʼn leier in sy klas op die pad en in die veld te wees.

Die bakkie spog met ʼn eksterne 4X4-veldryvoorkoms en gaan glo veldryvermoë hê wat nog nooit voorheen in ʼn bakkie in dié middelgrootte-segment beskikbaar was nie.

Die Raptor word op dieselfde raamwerk as die Ranger gebou.

“Die kombinasie van die gevorderde veldryvermoë van die Raptor met die veelsydigheid van die Ranger is ’n groot prestasie vir Ford se wêreldgehalte-ingenieurs- en ontwerpspanne,” het Jamal Hameedi, ʼn hoofingenieur vir die motorvervaardiger, in ʼn verklaring gesê.

Ford se soortgelyke bakkie, die F-150 Raptor, is ʼn groot sukses in die buitelandse motormark.

Ford Ranger Raptor (Foto: Ford)

Ford Ranger Raptor (Foto: Ford)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Burger ·

Blykbaar is die omgwingsimpakstuiudie nog nie voltooi nie . Bekommernis oor olie lekke in die veld .

Zack ·

Burger jy ry seker ‘n ou toyota wat nooit breek nie maar wat altyd weg is op laaaang dienste.
Jy het beslis ook nie geld vir hierdie Ranger nie.

Ekwilibrium ·

Lekka lekka! Nou moet hulle net weer ‘n Cortina XR6 ook vrystel.

Callie ·

Hoekom het Mercedes n Navara onderstel. Niks kom by die Navara nie

Leahim ·

Ford het baie probleme die laaste tyd gehad ek ry self een maar het besluit die volgende een sal Toyota wees.

Morné ·

Nou gaan al die “fong kong” Raptors op die pad sien hoe hulle eintlik moet lyk..

zack ·

Brandblussers is beter as grawe. Ek sien op FB dat die Toyota manne die cruisers wat so brand met grawe vol sand wil blus. Miskien moiet toyota die cruisers ook met brandblussers laat uitkom.

Leon ·

Hy kom blykbaar uit met ‘n V8.
Jy gooi olie bo in , en dit loop onner wee uit :-)

Dankie ·

Dankie vir die inligting MM. Nou weet ons om op die uitkyk te wees vir die Ford Dangers ook in die veld.

Gerhard ·

Ford bou al jare die top verkoper bakkie. Binnekort sal die top verkoper en tweede beste verkoper Fords wees ;-)

Izak ·

Groot vraag is kry jy ook dieselfde engine as die F150. 3.5v6 eco boost?

cor ·

Hoeveel Ford Rangers wil hulle nog uitbring , nou elke jaar n verandering “Face Lift ” niks anders nie , dan is dit nou die!!! bakkie probeer hard om met Toyota mee te ding. Ek sien iemand se n mededinger vir die Amarok V6 , nie maklik nie Amarok is n klas op sy eie en daar is nie n mededinger in sy klas nie. Ford sal maar eers sy ; ratkas, oorverhitting en rattels moet uitsorteer voordat dit in die selfde geselskap as n Amarok kan verkeer.

Ben ·

Cor: Weet nie van watter ford jy nou deurmekaar is nie .Het n Hilux gery vir lank,gaan ry op n grondpap ,die Hilux kom tweede kan nie sinkplaat pad hanteer soos die Ranger nie Toyota het meer rattels gehad,en ek weet nie waar val jy uit die bus uit met olie lekke nie,en oorverhitting nie.

Hendrik ·

Nee wat manne bring julle bakkies na ons geelpad en kyk of hulle hou. Al wat ek weet dat alle plastiese goeters wat die bakkies so laat rof lyk aan die einde van die pad nie meer daar gaan wees nie. Ai die dorpsbakkies darem…

cor ·

Ou Ben ek weet waarvan ek praat het 3 van hulle gery met elke jaar n “Face lift” verkoops foefie en geen inruil waarde nie. Elkeen ongeveer 65000km gehad en al ry jy teerpad rattle dit .

Dirk ·

Goodness… nou gaan daar 100’de veld brande ontstaan….. dis nou as hierdie Ford dieselfde pad as die Kuga gaan.

buo ·

Ford is n familie kar. Stuurwiel vir die pa, spieeltjies vir die ma, en ratels vir die kinders.

cor ·

Ek stem saam en ek sien eene Ben se ek weet nie waarvan ek praat nie , ek het 3 Rangers gehad en al drie probleem voertuie met lae inruil waarde . So ou Ben ry maar jou Ranger daar kom nog hope van hulle elke keer met n nuwe plastiese guur en nuwe verhoogde prys .

popeye ·

Terwyl die Ford en Toyota manne staan en stry en baklei……stil manne, daar gaan ‘n BAKKIE verby, het julle hom gesien? Onpretensieus, betroubaar, op alle terreine goed, ahhh, Isuzu!

Seeklong ·

Luister manne, hier word van Ford gepraat…..dit is nie ‘n bakkie nie!!, my hond eet uit ‘n bakkie. So, Ford bly Ford, die res is bakkies

Wonder ·

Het onlangs n N vrot gehaat gelukkig het ek van hom ontslae geraak….die volgende persoon is dalk tevrede met die Ford!

Karooboer. ·

Daar loop geruime tyd al ‘n paar Ford Raptors in die land. Dit sal goed wees as hul eienaars vir ons bietjie inlig oor hul ondervinding met hul voertuie.
Nietemin, het ek al die Raptor bekyk en dis ‘n meneer van ‘n bakkie. Baie sterk onderstel en vering en kragbron. Gaan groot kompetisie vir die Land Cruiser wees veral as hy gerieflik in die veld ry. ( En hopelik nie so ‘n kotskoets soos ‘n sekere Japanse produk nie.)

Ret ·

Lees asb die opskrif……. Groot nuus vir Ford aanhangers!!!!!
As jy nie ‘n Ford aanhanger is nie, blaai verby. Niemand dwing jou om te lees en opgewonde te raak nie. Ek ry ‘n 17 jare oue Ford en weet nie wat is ‘n olielek nie. Mal oor my Ford

anton ·

Ja nee……party mense is ook maar met min tevrede in die lewe!!
Dan koop hulle maar n Ford. :-)

Vra net ·

Anton so praat n man met ondervinding.
Laat ek raai ” Jy is getroud”

Eish ·

Wonderlike kommentaar, baie dankie vir alger se bydraes. Dit maak lewe in die helhool bietjie draagliker.

cor ·

As jy n raptor wil he daar is n Agent in JHB wat al die raptor byvoegings verkoop , selfs vir ‘n Hilux en Isuzu so wat is nou so wonderlik aan al die plastiese toe voegings en dit bly niog die selfde onderstel, ratkas en engin net met n nuwe opgeblaaste prys.

Gideon ·

Ek kyk na ‘n nuwe 4×4 dubbelkajuit bakkie om te koop. Nie voorkeure nie. Toyota, Ford, V/W, Nissan & Isuzu almal goed. Toyota moet egter elke 10 000 km gediens word, Isuzu se tegnologie ouer as die ander. Tussen Nissan (ry die lekkerste op grondpad), V/W (beste bougehalte) en Ford (mooiste).

KIEWIET ·

Ek ry eerder met in ou Ford wat olie lek voordat ek met in nuwe Toyota bakkie ry . Toyota staan vir Tonne ou yster op twee aste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.