Groot ongelukkigheid oor ‘Days of the Dinosaurs’-uitstalling

Foto: Johan Wessels

Foto: Johan Wessels

Besware oor die Days of the Dinosaurs-uitstalling wat die naweek in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg geopen het, versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media.

Die uitstalling bevat meer as 45 brullende, begewende, lewensgroot dinosourusse.

Johan Wessels het Maroela Media laat weet dat hy en sy gesin van die Vaaldriehoek af gery het om die uitstalling by te woon. Wessels sê hy vermoed daar is te veel kaartjies verkoop aangesien daar glo net sowat ‘n 100 mense elke uur in die uitstalling toegelaat is. “Teen 12 uur het daar reeds ‘n tou van drie ure buite die Sandton-konferensiesentrum gewag. Binne die sentrum was daar ‘n verdere wagtyd van vier ure aangesien jy moes wag vir besoekers aan die uitstalling om uit te beweeg voor jy kon ingaan.”

Wessels sê hulle het nagenoeg sewe ure gewag. “Die enigste oplossing was toe om voor in die ry in te druk en die deurwag te oortuig dat ons vlugtig deur die uitstalling sal stap, en hy het ons toegelaat. Die uitstalling was ‘n verdere teleurstelling en ons het slegs vyf minute nodig gehad om deur die uitstalling te stap. Ons tweejarige kleinkind hou baie van dinosourusse en het ‘n paar speelgoed dinosourusse wat selfs geluide maak, maar hy het bang geword vir die brullende dinosourusse in die donker uitstalling en het begin huil, so ek beveel nie die uitstalling aan vir klein kindertjies nie.”

Besware versprei intussen ook soos ‘n veldbrand op Twitter en Facebook.

Die uitstalling word aangebied deur Huisgenoot, You en Drum en in samewerking met Cell C. Huisgenoot het intussen op sy Facebook-blad toegegee dat daar logistieke probleme was. “Daar was talle probleme oor die naweek – veral Saterdag – en dit is glad nie vir ons lekker dat dinge nie altyd seepglad verloop het nie. Ons aanvaar verantwoordelikheid en is hard aan die werk om die probleme uit te sorteer sodat die ervaring beter is vir almal. Ons belowe dat dit uitgesorteer word en dat besoekers ‘n onvergeetlike ervaring gaan hê.”

Huisgenoot het ook ‘n e-posadres op sy Facebook-blad beskikbaar gemaak vir mense om hul klagtes na te stuur.

Die uitstalling is tot 20 Julie by die Sandton-konferensiesentrum voor dit van 31 Julie tot 20 Augustus by die Kaapstad-konferensiesentrum gehou sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

AmY ·

Ek dink die reaksie was maar net oorweldigend. Meer as wat hulle verwag het. Ek glo dit sal volgende keer beter gaan. Hoe klink kaartjies by Computicket? Dan sal daar nie meer mense as verwag opdaag nie.

Maar die is glad nie vir my nie.

Charmaine ·

Amy, ek het my kaartjies deur Computicket gekoop- twee maande terug al. Hulle het geen kaartjies by die deur verkoop nie.

Griet ·

Vir die kaartjie pryse sou mens beter organisering verwag. Die pryse is gek: R140 per persoon (volwassenes) R95 per kind. Dankie, maar nee dankie – daar is nie ‘n manier nie!

lalie ·

Nee kyk ons het van nelspruit gery en ons was ook baie teleurgestel het meer verwag vir die prys. En ons het kaartjies by computicket gekoop

Shannon ·

Brullende paleo puppets hoord in Disney World Florida.
Nou wonder ek – hoeveel godsdienstiges het al die pad klein Israel toe gery om te gaan kyk na likkedisse wat streng gesproke nooit bestaan het nie ?

Jan ·

Baie geraas en opgewonde ophef oor iemand se siening van die verlede. Ek huur liewer weer Jurassic Park, dis darem ‘n bietjie wetenskaplik (dit het Unix en muskiete).

Dellene ·

Oh nee wragies man! Dit was die beste ervaring wat suid afrika nog kon he!! Dit was fantasties gewees en vreeslik intresant! My meisiekind en haar 2 neef het mal gegaan oor dit. Hulle wou nie huis toe kom nie!!!

Die feit dat die wessels 5min deur die plek gestap het betekin inteen deel dat hy net deur gestap het geen stop en kyk fotos of info lees nie!! Ons het die oor fone en remote gekoop van R35 elk wat jou so dan fantasties verduidelik het hoe die spisifieke dino gelewe,eet env het! Daar was ook n 3D cinema om jou meer te vertel oor die lewe van hulle, daar was n sand pit vir die kinders om te grou vir “fosiele”,face paint,foto saam die dino neem,baie goedjies om te koop en dan natuurlik my gunsteling die “fosiele” en hul storie agter dit. Dit is n groot ervaring en gee mens soveel meer inligting oor die lewe van hul.

Ek sal enige tyd weer terug gaan!!

Al wat nie plesierig was is die wag priode gewees wat hul by die deur vir u gese het dat jy die sondag en die res van die week mag terugkom.
Ons het sondag gegan en was 7:45am daar gewees ons was daar tot 4:00pm voor ons gery het terug hartebeespoort toe.

10 uit 10 !!! Puik werk!!

Shannon ·

Ek’s verbaas Maroela laat gratis reklame toe.
Ek is bly dat iemand die feite egter kon geniet. Baie dankie vir julle uitstalling, dis goed dat mense tasbare fosiele en/of gelyke kopieë voor hulle eie oë kon sien.

Oeps ! Nou sal die kommentaar seker weer verban word. Dis nie in lyn met official Maroela beleid nie.

Jod ·

Soos die advertensies was het ek regtig meer verwag. Saterdag het die 3D Cinema nie gewerk nie. Toe staan ons 2 ure in die ry vir ‘n foto om geneem te word, en moes nog meers as 2 ure wag vir die om te ontwikkel, want toe breek die printer!! Kan jy glo! Dit was vir my “ge-over advertise” ek dink nie dit was die prys werd nie.

Chantal ·

Kan mens kaartjies by die deur koop of moet jy compiticket kaartjies he?

Cindy Gomes ·

Ons het kaartjies by Computicket gekoop. 3 ure gewag om te kon ingaan. Dit was ‘n gestoot en stampery reg deur die uitstalling tot by die einde. Daar was nie eers spasie om ‘n vol foto van ‘n dinosaur te neem nie.

Die donker gange het die kinders behoorlik op hol gehad. Aan die einde van die deurstap uitstalling was daar nog ‘n 3 ure ry om ‘n foto, eetding of speelding te kon koop. Swakste uitleg en koordinasie wat ek al by enige vertoning beleef het.

Karin ·

Ek moet saamstem oor SAterdag ons het ook twee baie opgewonde klein mensies gehad wat nie kon wag on die dinos te sien en moes omdraai en huistoe gaan. Maar het baie vroeg Sondag opgestaaan en was voor agt daar en het op ons gemak deur die uitstalling geloop. Dit was wonderlik en die kinders het dit baie geniet om die beweginde brullende diere te sien. My kleindogter is ses en my kleinseun is twee en hy was verstom en glad nie bang of histeries nie. Ek het geen kind gesien wat bang was of gehuil het nie en glo my daar was horde kinders almal het dit geniet. Baie dankie aan Huisgenoot en Cell C vir die fantastiese uitstalling.

Limki ·

Ek sou my doodskaam! Om te erken dat jy voor ander mense ingedruk het. JY is waarom ons probleme in ons land het.

Limki ·

Mens wag meeste van die tyd by expos, hetsy om in te gaan of te betaal. ‘n Bietjie wag kan net goed wees vir vandag se ‘NOU’ kinders!

Marna ·

Ons het dit baie geniet, maar sal erken ons het meer verwag. Ons het ook van die Vaaldriehoek af gery….dit is 100 of wat km weg….nie so ver nie. Dit was besig ja, ons was 9:00 daar en toe ons teen 11:00 daar weg is….ja 2 URE later was dit vertrappend besig. Ons het R35 spandeer vir die oorfone en dit was dit….ons het niks gekoop nie. Ek het ook geen bang kindertjies gesien nie, inteendeel hulle was uit hulle vel uit. Maar elkeen ervaar dinge anders.

Charmaine Grobler ·

Dis vir my snaaks dat Mnr Wessels so lank gestaan het. Ons is ook van die Vaal Driehoek af. Ons het so tienuur daar uitgekom en het so om en by twaalfuur by die uitstalling ingeloop, SONDER om in te druk in die rye in. Toe ons so twee uur uitloop, was daar geen ry in sig nie. Werk dit uit: vanaf 9 uur toe die uitstalling se deure oopgemaak het, tot 14h00 in die middag is 5 ure. Hoe laat het Mnr Wessels al daar aangekom?
Ja, ek stem saam: ek was bietjie ongelukig oor die lang ry want ek het maande terug al my kaartjies betaal. Ons kon nie weer terugkom want van ons gaste is van Aliwal Noord en Bothaville af. So staan het ons maar gestaan. Die Hotel langsaan se personeel was vriendelik en behulpsaam met toilet geriewe en water en plek om kleintjies se doeke om te ruil.
Sal ek dit weer doen: Ja beslis! Die kinders was in vervoering. Ek persoonlik dink die uitstalling was nie so wonderlik soos adverteer nie, maar ek was daar vir die kinders en hulle het hulle vreeslik geniet.

Jolande ·

Nadat ons computicket kaartjies gekoop het en van Klerksdorp af gery het om my 3jarige seuntjie vir sy verjaarsdag Dinosaur expo toe te vat het die deure om 11 gesluit saterdag. Ons kon nie ingaan, moes maar huis toe kom !!

Charmaine ·

Jolande, ons was elfuur Saterdag in daardie ry en daar het nog mense ingegaan toe on twee uur uitloop uit die expo. Iewers het iemand jou gruwelik mislei. Daar was twee dames wat deur die rye beweeg het en alle navrae beatwoord het. Ek het vyf of ses verskillende stories gehoor in die begin en het by hulle gaan uitvind wat die waarheid is. Hulle het ons gese ons gaan lank staan en kan ons kaartjies op ander dae gebruik, of ons geld terugkry. Maar die deure was heeldag oop.

Jolande ·

Nadat ons computicket kaartjies gekoop het en van Klerksdorp af gery het om my 3jarige seuntjie vir sy verjaarsdag Dinosaur expo toe te vat het die deure om 11 gesluit saterdag. Ons kon nie ingaan, moes maar huis toe kom !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.