Groot ongelukkigheid oor PnP se dierekaarte

Pick n Pay se Super Animal Cards (Foto: Pick n Pay)

Talle klante van die kettingwinkelgroep Pick n Pay het hulle tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié groep se sogenaamde Super Animal Cards uit te spreek.

Die groep het in 2016 in samewerking met SANparke met dié inisiatief begin wat klante met die dierekaarte beloon vir elke R150 wat hulle bestee. Die doel van dié kaarte is om veral die jongspan op ʼn speelse manier op te voed en in te lig oor diere.

Talle klante het egter intussen foto’s van dié kaarte, wat talle feitefoute bevat, op Facebook gedeel.

Van die feitefoute is onder meer dat ʼn bok, wat glo nie in Suid-Afrika geteel word nie, verkeerdelik as ʼn steenbok geïdentifiseer word. Dié einste “steenbok” kan volgens die kaarte ook meer as 1 000 km/h hardloop. Verder voer die kaarte aan dat die klein Arktiese sterretjie (’n voëltjie) sowat 125 kg weeg.

“Dit is vernederend,” het Bryan Maritz op die groep se Facebook-blad gekla. “Daar is soveel foute in dié kaarte, dit dra geensins by tot onderrig nie.”

SANparke het egter Donderdag in ʼn verklaring gesê beide organisasies is bewus van die foute wat ingeglip het, en het reeds seker gemaak dat toekomstige kaarte nié met dieselfde foute drukkers toe gaan nie.

“Ons klante is mal oor dié reeks, en daarom is ons jammer oor die foute wat ingeglip het. Ons het op sosiale media met ons klante gekommunikeer en hulle laat weet dat die nuwe kaarte binnekort in al die winkels sal wees. Hulle kan hul foutiewe kaarte gratis kom omruil of vir ons [Pick n Pay of SANparke] via Facebook kontak sodat ons die kaarte by hulle kan kry.”

Die Super Animal Cards-reeks bestaan uit 108 kaarte wat uiteindelik ʼn vol album maak. SANparke ontvang R1 vir elke album wat verkoop word.

Dié veldtog duur steeds voort tot op 4 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
Koos1

Om R16200.00 te spandeer vir die kaarte en dan ook nog vol foute. Die internet gee baie beter feite, baie goedkoper!

WL

Om nie eens te praat oor die geluide wat van die diere skynbaar maak nie.

MR

Liewe Koos, waar kom jy aan jou bedrag van R16200? Hello dit kos nie R150 per kaart nie. Lees weer die post asb. Sanparke kry R1 vir elke ALBUM wat verkoop word, jy kry 4 kaarte vir elke R150 spandeer

Suzelle

Dit is so tipies . in die nuwe Suid Afrika is spelfoute en tikfoute en feite-foute niks nie .. Wat maak dit nou saak? Dit is tog ‘n bok ? Ten hundred and seventy four nine hundred and eighty nine, hundred and twelve …… Dit is so tipies kenmerkend van ‘n land wat in sy maai in is .. met alles .. vrot kos in winkels .dit is net ‘n foutjie . gaan ruil dit om .. swak sanitasie .. ons werk nog daaraan … elektrisiteit is op .. gebruik minder … water is op .. gebruik minder .. Hoe… Lees meer »

Marlo

En n meerkat van 9.75 kg….. sjo ne… groter as n rooikat wat 9kg weeg