Groot ongelukkigheid oor PnP se dierekaarte

Pick n Pay se Super Animal Cards (Foto: Pick n Pay)

Talle klante van die kettingwinkelgroep Pick n Pay het hulle tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié groep se sogenaamde Super Animal Cards uit te spreek.

Die groep het in 2016 in samewerking met SANparke met dié inisiatief begin wat klante met die dierekaarte beloon vir elke R150 wat hulle bestee. Die doel van dié kaarte is om veral die jongspan op ʼn speelse manier op te voed en in te lig oor diere.

Talle klante het egter intussen foto’s van dié kaarte, wat talle feitefoute bevat, op Facebook gedeel.

Van die feitefoute is onder meer dat ʼn bok, wat glo nie in Suid-Afrika geteel word nie, verkeerdelik as ʼn steenbok geïdentifiseer word. Dié einste “steenbok” kan volgens die kaarte ook meer as 1 000 km/h hardloop. Verder voer die kaarte aan dat die klein Arktiese sterretjie (’n voëltjie) sowat 125 kg weeg.

“Dit is vernederend,” het Bryan Maritz op die groep se Facebook-blad gekla. “Daar is soveel foute in dié kaarte, dit dra geensins by tot onderrig nie.”

SANparke het egter Donderdag in ʼn verklaring gesê beide organisasies is bewus van die foute wat ingeglip het, en het reeds seker gemaak dat toekomstige kaarte nié met dieselfde foute drukkers toe gaan nie.

“Ons klante is mal oor dié reeks, en daarom is ons jammer oor die foute wat ingeglip het. Ons het op sosiale media met ons klante gekommunikeer en hulle laat weet dat die nuwe kaarte binnekort in al die winkels sal wees. Hulle kan hul foutiewe kaarte gratis kom omruil of vir ons [Pick n Pay of SANparke] via Facebook kontak sodat ons die kaarte by hulle kan kry.”

Die Super Animal Cards-reeks bestaan uit 108 kaarte wat uiteindelik ʼn vol album maak. SANparke ontvang R1 vir elke album wat verkoop word.

Dié veldtog duur steeds voort tot op 4 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Koos1 ·

Om R16200.00 te spandeer vir die kaarte en dan ook nog vol foute. Die internet gee baie beter feite, baie goedkoper!

WL ·

Om nie eens te praat oor die geluide wat van die diere skynbaar maak nie.

MR ·

Liewe Koos, waar kom jy aan jou bedrag van R16200? Hello dit kos nie R150 per kaart nie. Lees weer die post asb. Sanparke kry R1 vir elke ALBUM wat verkoop word, jy kry 4 kaarte vir elke R150 spandeer

Emma ·

MR, daar is seker 108 kaarte in die stel wat dan uitwerk op R16200 om jou stel vol te kry.

Cryosphear ·

Liewe MR. Daar is totaal van 108 kaarte. 108/4=27 x R150 =R4050 minimum wat jy moet spandeer vir al die kaarte MITS jy gelukkig is om nuwe kaarte elke liewe keer te kry wat nie sommer gebeur nie. Koos vat dit seker as hy elke keer shop een nuwe kaart by sy collection kan sit dan dit is hoeveel dit gaan kos op die ou einde. Punt bly internet is BAIE goedkoper en meer volop feite.

Cryosphear ·

Koos meen sekerlik dit is hoeveel dit omtrent gaan kos maksimum as jy net een nuwe kaartjie kry per shopping trip. As jy 4 nuwe kaartjies kry per trip sal dit jou R4050 kos om al 108 te kry. Punt bly internet baie goedkoper met beter feite.

Cryosphear ·

Nuwe kaartjies dan bedoel ek kaartjies wat jy nog nie van het nie

Cherokee ·

Maar julle is mos kansvatters! Julle koop nie kaarte nie maar kos en ander kruideniersware en kry dan die kaarte as bonus. Jul feite is dus net so verkeerd as die van PnP oftewel SANparke.

Suzelle ·

Dit is so tipies . in die nuwe Suid Afrika is spelfoute en tikfoute en feite-foute niks nie .. Wat maak dit nou saak? Dit is tog ‘n bok ? Ten hundred and seventy four nine hundred and eighty nine, hundred and twelve …… Dit is so tipies kenmerkend van ‘n land wat in sy maai in is .. met alles .. vrot kos in winkels .dit is net ‘n foutjie . gaan ruil dit om .. swak sanitasie .. ons werk nog daaraan … elektrisiteit is op .. gebruik minder … water is op .. gebruik minder .. Hoe weet mens nou of enige van daardie kaartjies regtig die waarheid bevat .nou gaan jy alles bevraagteken tensy jy ieder en elkeen gaan google … TIPIES SUID AFRIKA .. as ek vandag kon WAAI sal ek . enige sponsors?

Katryn ·

Ag Here vergewe my asb, maar kan ek nie asb ‘n groóót lotto wen sodat ek almal kan borg wat Kammaland toe wil waai nie?

Gjrogi ·

Ag dan waai dan maar net gou asb. Ons kort nie mense met wanhoop in hulle harte hier nie. Jy ook Tess

Jaco ·

Weet jul, ek is ook nou al n bietjie dik vir almal wat so negatief is en net wil landuit, ek gaan nou n klip in die bos gooi….Ons land is grootliks in n gemors agv die regering MAAR as sakeman en uit persoonlike ervaring is ons landsburgers net so skuldig daaraan wit en swart! Baie mense is eerlikwaar te lui om te werk, so onproduktief!!!…ek het al hoeveelkeer ervaar met besighede dat hul jou nie eintlik wil help nie, vrae kwotasies aan en kom hul nooit terug na jou toe nie, bel n nutsman vir reperasies aan my huis en klink ook nie eintlik lus om n ou te help nie, al staan jy met hande vol geld voor hul, dan stap jy by hul kantore in en sit hul op facebook en so het ek nog baie stories vertel….dis dan mos maklik om agteroor te le en te wil klae en te wil padgee!

Marlo ·

En n meerkat van 9.75 kg….. sjo ne… groter as n rooikat wat 9kg weeg

He he ·

Soos ek nou tik, sit ek steeds en giggel vir daai pofadder! Dankie, jy het my dag gemaak!

TM ·

Ai ek het nou hardop gelag vir al daardie foute. 1000km/h is nogal ‘n spoed hoor. Twyfel of ‘n cheetah al kon uitvind hoe daardie bokvleis proe. Hulle moet dalk een van daardie 125kg voëltjies in die bul-skrum gebruik.

Blits ·

Klink of zuma gehelp het met die navorsing en die inligting op die kaart

Pap gelag ·

ek lag kliphard oor julle kommentaar oor die diere die arme kinders is seker nou so deurmekaar van die verkeerde geluide ek meen maar my kinders kyk 50/50 so hulle ken meeste diere se kenmerke en geluide en om nie eens te praat van die cartoons wat se dieregeluide meer op standaard is as die kaarte nie

Speedguard ·

My Broer ly aan downs en selfs hy se die gediertes maak darem baie snaakse geluide, hy se die voeljie is nou ‘n leeu !! Hy geniet dit egter vreeslik!

Veritas ·

Maak nie saak hoeveel foute daar op die kaarte is nie. Dit gaan nie vir die kinders oor die feite op die kaarte nie. Dit gaan daaroor om die albums vol te kry. Wees positief. Dink hoeveel so’n volledige album oor twee geslagte werd sal wees. Meer nog met die foutiewe kaarte.

Kollie ·

Ek het eerder ‘n probleem met die smartshopper. Ons kry mos nou elke week afslag op sekere items. Die vangplek is egter dat jy ‘n applikasie moet aflaai op jou smartphone om dit so te eis of in die winkel die kiosk gebruik om dit te eis. Ek het vir hulle ge-epos en se dat ek nie ‘n smartfoon het nie. Hoekom koppel hulle nie hierdie “persoonlike afslag” items automaties aan jou smartshopperrekening nie, hulle stuur dan eposse om jou te laat weet waarvoor jy kwalifiseer? Wag nou nog vir ‘n antwoord.

Chanell Crous ·

Kollie, jy moet na die masjiene gaan en jou kaart swipe en dan kies jy die afslag vouchers wat jy wil gebruik en dan word sit op jou smartshopper kaart gesit. So as jy by die betaalpunt kom en hulle scan jou kaart word die afslag outomaties afgetrek. Vra een om jou te help as jy weer gaan inkopies doen.

Kiewiet ·

En laas toe ek daar was (22 April) was smartshopper offline, en dit vind ek toe eers uit NADAT ek die goed gekoop het. So, die vouchers wys nog, maar ek het goed teen die normale prys moes koop….

Wikus ·

Jy spandeer anyways die geld… die kaarte is net ‘n value added service. Vir jou R150 wat jy spandeer kry jy darem ‘n blik koffie en twee pakke suiker ook saam.

Dan ook pnp forseer jou nie om die kaarte te koop…..

Lou ·

My kleinkinders is mal daaroor. Ek maak vir hulle kaarte bymekaar en hulle ruil die dubbels uit by vriende.

Cherokee ·

Ek wou dit nie glo nie maar julle het my oortuig. Ons woon in ‘n bosveldstad langs die see en paar dae gelede het ‘n steenbok by my kar verby geflits en sekondes daarna ‘n slag soos die van breek deur die klankgrens. Nou weet ek wat dit veroorsaak het.

G ·

Mens kry bonus pakke kaarte vir sekere produkte, so mens hoef nie duisende rande te spandeer nie. Hopelik maak hul nie weer soos laas waar min van ‘n sekere groep kaarte gedruk was (groot 5), en mens toe nooit die versameling kon voltooi nie.

Jaco Grobler ·

Gaan jou kind se kurrikulum bedag deur, julle sal agterkom die kaarte is maar net ‘n byvoeging van die ontstellende praktyk in ons samelewing om ons kinders verkeerd te leer.

NCO ·

En al die pad kry Sanparke net R1 per album …. klink maar na ‘n swak ooreenkoms. G’n wonder die leeus het al ‘n probeer ontsnap nie…

RITA ·

Ja NCO en die boekie kos R20 en Sanpark kry maar net R1……..hartseer storie:(

Estie ·

Pick a pay gee baie kaarte ekstra weg as jy sekere items koop bv. Melk of seep dan kry jy ekstra kaarte. Hulle maak dit baie maklik en jy ruil jou kaarte uit om vinnig jou album vol te kry. Dit is snaaks hoeveel mense wat lyk my nie eens by mekaar maak nie sleg kan praat oor iets… Dankie Pick a Pay dat julle die foute herstel en ons die regte kaarte kan kry.

SARIE VAN HEERDEN ·

Alle winkels neem deesdae deel aan aansporingsbonusse om meer en meer van en by hulle te koop. Dis ‘n euwel want dit plaas kinderdruk op ouers om meer te spandeer vir bv die kaarte wat hul kry. En as die gier oor is sit jy net met ‘n spul twak in ‘n laai en goed wat gekoop is om die “pryse” te kan kry.

alet ·

ai nee mense dis net kaarte,niemand dwing jou om dit te vat na jou aankope nie,dis jou eie besluit om dit te vat of nie,niemand gaan so tekere oor ons duur kos op die rakke,maar ai oneetbare goed soos kaarte!!!!

Essie ·

My probleem is dat mens weer die nuwe kaartlesers moet koop ook. Hoekom kon doe kaartjies nie op die ou kaartlesers werk nie? Het getoets, die oues maak almal ander geluidjies met die nuwe kaarte. Lol

Ann ·

WERKLIK? Niemand dwing julle om die kaarte te koop nie!!! Hou op kla, asseblief?

Sannie sallie kla nie ·

Die vreugde wat die kaarte my kinders verskaf maak dubbel en dwars op vir die paar foutjies! Ek en my kinders het heerlik gelag vir die foute en het toe ‘n lekker speletjie daarvan gemaak om die regte antwoorde op die internet op te spoor. Tien uit tien vir Pick a Pay en Sanparke vir die inisiatief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.